VF Plus kap ANC oor Gupta-familie

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne

Die Vryheidsfront Plus het gesê die ANC plunder land se minerale rykdom onder die dekmantel van transformasie.

“Tydens een van die wêreld se groot kommoditeitsiklusse het Suid-Afrika se mynbedryf gestagneer en het mynwerkers en die land ʼn duur prys betaal vir die verryking van ʼn paar mynmagnate en hul SEB-kamerade,” het Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, gesê.

Alberts het Dinsdag met die begrotingstem vir die departement van minerale hulpbronne gesê die ANC het die land se minerale bronne geplunder onder die dekmantel van transformasie en produktiwiteit het bysaak geword.

“Die politiek in Suid-Afrika het ʼn manier om ʼn mens nooit teleur te stel nie,” het hy gesê. “Net wanneer jy dink dit kan nie erger gaan nie, dan kom daar uit die bloute nog ʼn skok waarby ʼn minister of senior ANC-lid of een of ander ANC-familiekonneksie betrokke is. Dit is natuurlik die aard van die verhaal in die mynwese in ons land. Die rykes word ryker sonder dat hulle waarde toevoeg, behalwe dat hulle nuwe vriende bygekry het wat deure kan oopmaak. Die armes word armer.”

Hy het verduidelik die departement word geteister deur skandale en die grootste daarvan is die geheimsinnige wyse waarop die Gupta-familie se ICT-maatskappy ʼn aandeelhouding gekry het in die mynregte van Kumba se Sishen-myn. “Gelukkig het die grondwetlike hof in dié geval teen die Guptas beslis. Net wanneer jy gedink het alles oor die Guptas is gesê, dan stap die minister van minerale bronne, Mosebenzi Zwane, heel voor uit om vir die Guptas te kolf. Hierdie keer nie met ʼn raaiselagtige uitreiking van een of twee mynlisensies nie, maar sommer om die Gupta-familie na Switserland te vergesel om ʼn maatskappy daar te gaan oorreed om ʼn myn aan die familie te verkoop.

“Ek moet erken dit is uitstekende diens van die ANC. Die opposisie kan sekerlik nooit weer kla die regering is nie ernstig oor sake nie. Ongelukkig is dit die soort sake wat ʼn mens gereeld net suid van die Switserse grens in Italië sal aantref. Tipies vanwaar die Guptas graag opereer.”

Alberts het gesê die Guptas kom as buitelanders nie in aanmerking vir SEB-status nie. “Die staat se besigheidstelsel funksioneer só goed dat jy sonder meer ʼn bemagtigingsvennoot gegee sal word. Nie enige hierjy nie, maar ʼn persoon met ware invloed; sommer, die president se seun! En siedaar, jy is skielik bemagtig,” het hy gesê.

“Boonop word die beleggingspakket net beter. Volgens die minister se bemagtigingsvoorstelle sal jy in staat wees om al jou aandele te verkoop teen ʼn heerlike wins en dan kan jy weer aansoek doen om bemagtig te word en sodoende weer aandele en regte teen ʼn appel en ʼn ei bekom bloot omdat jy ʼn Gupta is en jou vennote hoë-vlak ANC-gekonnekteerdes is.

“Ek wil die minister graag ʼn enkele vraag vra: Ek wil ʼn myn in Suid-Afrika koop maar die verkoper moet nog oorreed word. Wil die minister my asseblief vergesel na Liechtenstein om die eienaar se arm ʼn bietjie te gaan draai? Dit is vir ʼn goeie saak, aangesien dit werk sal skep. Of is ek nie Gupta genoeg nie?” wou hy weet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Maria van Dieweeck ·

Goed gestel! Wat kan ons doen-en waneer? As daar niks meer oor is?

tamboti ·

Maria ek sou graag self die goeie kommentaar wou lees, Maar MM het dit reeds gesensor, oorsensitief, oorbehep met politieke, mensregtelike en pretensieele korrektheid. Stop dit en laat goeie kommentaar toe asb. !!!!!!!

Landi Slatter ·

Dagsê Tamboti

Maria het verwys na die artikel, sy het dit nie geskryf in reaksie op ‘n vorige leser se kommentaar nie. Let asseblief daarop dat Maroela se bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname opgestel is in oorleg met regskenners om seker te maak dat ons en ons lesers beskerm word.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

neelsie ·

Die keuses van ministers is reeds lankal verdag.
Behalwe een of miskien twee is al die ander nie werd om daar te wees nie.
Geplant tot voordeel van Zuma en die Guptas.
Die staat is lankal gekaap deur die Guptas.

My bydrae ·

Uitstekend gestel, maar die anc plunderaars het krokkodil-dik velle. Dit is heelwaarskynlik vir hulle ‘n kompliment. Hulle doen als onder ‘n duistere dekmantel sodat daar nie vooraf pogings kan wees om hul planne te fnuik nie. Daar moet ‘n wet wees wat álle bevoorregting v tenders summier stop en outomaties ongeldig laat verklaar. Iemand eerbaar soos ‘n adv Madonsela of mnr Nene Nhanla moet aan die hoof van ‘n onafhanklike organisasie staan deur wie se kantoor álle tenders hanteer moet word…..maar terwyl zupta en sy maatjies plekmaats in die parlement is sal dit seker nie gebeur nie. Dis jammer die konstitusionele hof is nie by magte om so ‘n wetgewing af te dwing nie (mét tronkstraf sonder appél vir oortreders)

Theuns ·

Anton ek hoop kiesers stem “en mass” vir die VF+. Die VF+ moet aseblief net ‘n bietjie meer agressief raak binne en buite die Parlement. Julle kan ook dalk julle naam voluit skryf in die Media “VRYHEIDS FRONT PLUS”. VF+ lyk ‘n bietjie na Algebra. Hou op om te- ordentlik te wees! Praat Afrikaans by elke moontlike geleentheid. Ondersteun Afrikaners en selfs afrikaanses openlik in hulle stryd by Universiteite en skole. Maak dit baie duidelik waarvoor die Witmense gestem het in 1994. Wat die wigte en teenwigte was. Defineer Vryheid van Spraak vs Rassisme! Hou die ANC fyn dop en “loop hulle” vir elke moontlike ras gedrewe uitspraak. Hoe kom Zuma weg met ” Die Witmense het die grond gesteel?” Plaas aanvalle is nie gewone misdaad nie!!Hou maar ook julle oe oop vir n “Beplande Diktatorskap” Voorspoed.

Loeis ·

Vryheidsfront Plus sal meer vermag as mense vir hulle stem.

Ek het al so baie gehoor dat mense nie vir kleiner partye stem nie, want hulle invloed is beperk. Maar hulle invloed is beperk omdat mense nie vir hulle stem nie…

Mense stem dan eerder vir ‘n sekere grootter party wat nie vir die mense se belange staan nie, maar, tong in die kies, nes die ANC swart bevoordeling ondersteun.

VF+ het die mense se mandaat later vandaar by die stembus nodig. Dis eenvoudig, trek jou kruisie agter die party wat vir jou belange staan. VF+ doen reeds baie, die media swyg dit net dood, maar met meer verteenwoordiging kan meer vermag word.

Cherokee ·

Theuns, terwyl jy nou aan die VF+ ‘n versoek rig dat hulle Afrikaans moet praat by elke geleentheid, behoort jy dit te doen met meer respek vir Afrikaans, beter sinsbou en minder spelfoute.

Piet Piper ·

Wonder opf hierdie minister Zwane weet wat is minerale, of net waarvoor staan H 2 O…..beslis nie vir Helse 2 Ore.

Kp ·

Goed gestel Mnr Alberts. Nou wat gaan ons nou daaromtrent doen. Beslis is die regdenkendes te min om hoegenaamd n verskil by die stembus te maak. Ek stel voor kry Thuli Madonsela om hierdie bewerings te ondersoek en kla die beskuldigdes aan.

Theuns ·

Gepraat van bewerings. Die Vryheids Front Plus moet ‘n “Waarheid Propaganda Veltog ” loods om al die die bewerings te ondersoek en aan die “Groot Klok” te hang en om die onderduimsheid van die kaders te ontbloot. Ondersoek selfs die gebeure voor 1994 in Angola waar Zuma en Hani, praat nie eers van Modise nie!, betrek word. Die bewerings behels moord, marteling, korupsie en self veryking. Wat van die ANC se halsnoer moorde. Hierdie bewerings is goed gedokumenteer. Elke tender wat die afgelope 21 jaar uitgegee is moet ondersoek word. Ek dink dit sal ook nog ‘n hele paar ander streke van Zuma, sy kaders en Staatsinstellings bloot le!Doen aseblief iets voor ons soos skape ( soos die Jode!) na die slagpale toe gelei word. As ons nie die woorde oorlog wen nie gaan ons in n Burgeroorlog ingesuig word.
Boere Groete

Loeis ·

Jy maak goeie punte, maar dit sal ‘n toegewyde (en eerlike) span waarskynlik ‘n dekade neem om al die korrupsie te ondersoek!

Wat die halssnoermoorde aanbetref, was ek in verskeie gesprekke op internasionale blogs, Faceboek groeppe ens toe Mandel dood is, betrokke. Mense wou die STUIPE kry wanneer ek gese het dat halssnoermoorde tydens Mandela se leierskap in die ANC gebeur het (en dat sy vrou blykbaar trots was daaroor), en ek is dikwels gevra hoe durf ek sulke vreeslike goed van so ‘n ‘edele’ man soos Mandela enigsins oorweeg. My antwoord is eenvoudig: “Want dit is die waarheid”. Dit het die meeste mense nog meer ontstel, jy se eenvoudig nie sulke goed nie, veral nie as dit die waarheid is nie…

Daar is ‘n baie groot probleem in mense se denkwyse. Dit word breinspoeling genoem. Deur die linkse media.

tamboti ·

Landi, dan vra ek nederig om verskoning.
DE is seker net so sensitief soos julle, maar oor al my en ander kommentaar wat wegval.

Theuns ·

Loeis ek het dieselfde ondervindings.Onthou jy die JHB Stasie bom? EK WAS DAAR. Harris het die bom geplant in opdrag van Mandela wat toe omtrent n week in die Tronk was om sy vonnis uit te dien!mev. Reiys is dood en haar klein dogter is afskuwelik vermink.Sy woon tans in Engeland. Lees die boek Revonia Masker Af dan sal jy sien hoe die ANC beplan het om terroristiese dade teen gewone mense te pleeg!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.