VF Plus kap na LUR se ‘rassisme-polisie’ by skole

(Foto: pixabay)

Die VF Plus het kapsie gemaak teen ʼn voorstel van die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, dat hy ʼn komitee op die been wil bring wat alle skole, onderwysers en leerders sal monitor vir enige beweerde rassisme.

Anton Alberts, ʼn VF Plus-lid van die Gautengse provinsiale wetgewer, het gesê die aankondiging was onbeplan en het op terloopse wyse plaasgevind in ʼn woordewisseling tussen Lesufi, homself en Amanda de Lange, ʼn VF Plus-LPW, tydens die begrotingsdebat van die onderwysdepartement.

“Die VF Plus spreek hom sterk uit teen enige sodanige polisiëringsliggaam wat op skole, onderwysers en leerders gaan spioeneer. Dit herinner aan die Stasi-spioenasiediens in Oos-Duitsland en het geen plek in ʼn vrye demokrasie nie.

“Dis natuurlik tekenend van die ANC se Marxistiese DNS waar alle aspekte van die samelewing tot in die fynste besonderhede gereguleer moet word en waar diegene wat nie daarby inval nie, vervolg en vernietig moet word,” het Alberts gesê.

Hy sê die skep van só ʼn komitee is ook buite die mandaat van die departement en as enige gevalle van rassisme sou plaasvind, is dit normale protokol dat die departement dit ondersoek nadat klagte ingedien is. Indien nodig, word die nodige stappe dan gedoen.

“Daar is geen regverdiging vir die skep van ʼn polisiegroep wat gedurig op die hele skolegemeenskap spioeneer om iemand uit te vang oor rassisme nie.”

Alberts het ook gesê gegewe die ANC en Lesufi se posisie oor ras, sal die liggaam misbruik kan word om wit op swart rassisme uit te snuffel terwyl teenoorgestelde rassisme eenvoudig nie aandag sal geniet nie.

“Dit bevestig opnuut die rasse-obsessie wat Lesufi as persoon het sonder om werklik die wit en veral veelrassige Afrikaanse skoolgemeenskap te probeer verstaan. Die ironie is dat so ʼn liggaam, sou dit ewewigtig optree, baie gou vir Lesufi self sou aankla gegewe sy rassistiese siening oor die Afrikaanse gemeenskap.”

Alberts het gesê Lesufi het nie uitgebrei oor die inwerkingstelling van enige sodanige komitee nie.

Die VF Plus gaan nou geskrewe vrae hieroor by die wetgewer indien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Jurie ·

Die vraag moet wees”wat is Lesufi buiten ‘n rassis ” en daar is legio antwoorde !!

Gemaskerde Sopbeen ·

Is Lesufi ‘n rassis?
Is Lesufi paranoies?
Probeer Lesufi Big Brother speel?

Porseleintjie ·

Dalk moet alle blankes maar eerder tuisonderrig oorweeg. Daar sal altyd n heksejag op blankes wees en rassisme sal aan ons afgesmeer word juis omdat die skoen aan die regering se voet is. Hierdie regering sal nie rus voordat alle blankes orals uitgewerk is nie.

Willem ·

Hierdie jeug wat nou aangestel is vir Covid gaan dit sommer vir hom doen Sy brigade

Snowball ·

Kinders en onderwysers moet gepolisieer word vir rassisme? Net nog ‘n sotlikheid om enige skermutseling tussen kinders (wat normaal is) in ‘n rassiste oorlog te ontketen.
Wil die skepsel nie eerder tyd, geld en mense afstaan om te kyk hoe hulle die 30 persenters se Fisika en Wiskunde punte kan verbeter nie? Hierdie mens moenie betrokke wees by opvoeding of onderwys nie.

Objektief ·

Die 30 persenters se punte is klaar verbeter; dit was 15%

Michael 1 ·

Die regering is die grootste toepassers van rassisme met hulle diskriminerende wette ,die VF+ moet begin met onderhandelinge vir n onafhanklike tuisland.

gatgogga ·

Daar kan geen twyfe lmeer wees nie ; ‘n politieke oplossing vir ons is daar nie.
Ons moet met alle argumente onsself beywer vir ‘n onafhanklike tuisland.

Hannes ·

Dit is maar net ‘n slenter van Panyaza Lesufi sodat hy die aandag kan aflei van sy onvermoë aan bestuur en om ‘n basiese behoefte soos water aan alle skole te verskaf. “I’m sorry but your race card has been declined… Do you have another form of argument?”

Objektief ·

Baie mooi geleer by hulle leermeesters in Rusland en China

-Geen probleem
-Skep n probleem
-Kry voetsoolvlak om geweldadig te raak
Hoer kaders implementeer die wet wat hulle lankal wou gehad het
Probleem opgelos want ander sdenkendes kry n skop

Presies wt by PGH gebeur het

Nie Verbaas ·

Shame, wonder wanneer ANC die minderwaardigheidskompleks gaan ontgroei. Dit raak regtig nou pateties en ek twyfel of daar ooit regverdige uitsprake sal wees

JohanR ·

Wag maar dit kom! In ou Cyril se nuwe Kabinet skommeling is Angie Motshekga uit en Lefusi is in. En dan gaan die poppe dans. Dink maar as die rassis in bevel van SA se hele skole struktuur is!

Ferryman ·

Wat van eerder ‘n kommittee aanstel om boelie geweld te ondersoek. Boelies is ‘n groter probleem as rassisme in skole.

Pieter ·

Patetiese gedrag soos gewoonlik; nie dat ek ooit enigiets beters van hulle verwag nie.

Peet ·

Die mees kranksinnigste denkrigting ooit. Dit wys net waartoe hulle in staat is.

Dirk Mostert ·

Hierdie heksejag is anti-wit rassisme! Ditto die optogte “teen rassisme”.

Willem ·

Miskien moet Lesufi eerder ‘n komitee aanstel om vas te stel wie die skole so plunder!?

Mariana ·

Wat ‘n aanmatigende en arrogante een is hy. Heeltemal te veel mag, hy hou hom aanstellerig. Grootste rassis van almal. Daar moet slag ondersoek na sy doen en late wees.

Frederik C ·

Siener v Rensburg se destydse voorspelling is in die laaste tyd besig om daagliks te realiseer. Een van die dae gaan die “people” mekaar pak !!!

Sarel ·

Wat het van sy ” Brigades” geword.? Hy is een van die ANC se uitverkore seuns en is op pad na Premierskap vir Gauteng of Parlement.

Jacobus ·

Mnr P Lesufie Esq. Gaan bemoei jou met met belangrike dinge soos onvoldoende skole en put toilette.

Nick ·

Blah blah blah VF !!!1 Klink al net soos die (DA) anc -lite.

Carel Johannes ·

Kommunisme op sy heel beste, die bose kringloop van kommunisme om selfs jou broer valslik te gaan verraai vir geld is nou besig om sy kop in die persoon van ‘n rassisties paranoïese, vervolgings waansin Lesufi te manifesteer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.