VF Plus kies nuwe Wes-Kaapse mede-onderleier

Johannes Hartnick

Die VF Plus in die Wes-Kaap het ʼn nuwe mede-onderleier vir dié provinsie aangewys.

Die nuwe onderleier is die 61-jarige Johannes Hartnick van Riversdal.

Harttnick is ʼn afgetrede vlootoffisier wat in verskeie skoolrade en kerkrade gedien het en ook as sportafrigter bekend is.

Hy is tans die onderburgemeester van die Hessequa-munisipaliteit, wat setel in Riversdal en ook gebiede soos Heidelberg en Stilbaai bedien. Die VF Plus en die DA regeer die munisipaliteit sedert 2016 in ʼn koalisie.

Hartnick sal nou mede-onderleier van die Wes-Kaapse VF Plus wees saam met Erika Botha-Rossouw, wat as raadslid in die metroraad van Kaapstad dien.

Dr. Corné Mulder bly die provinsiale leier van die Wes-Kaapse Vryheidsfront Plus. Mulder het gesê Hartnick was ʼn gewilde keuse as onderleier en hy sien uit daarna om met hom saam te werk om die VF Plus in die Suid-Kaap uit te bou met die aanloop tot aanstaande jaar se algemene verkiesing.

“Hartnick dien die gemeenskap van Hessequa tans met onderskeiding as onderburgemeester, en hy is ʼn uitstaande bewys van hoe ʼn politieke party sy kiesers se belange maksimaal in ʼn koalisie kan indra en hulle dien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Adriaan ·

Baie geluk aan Johannes. Ook aan die VF+, wat dit regkry om hulle sake te bestuur sonder die gevegte en skandale wat die DA kenmerk.

Nou ja Toe. ·

Nou ja.
Dan’s ek maar die oom in die familie van wie niemand hou nie.
WAT N BLÊRRIE KLUG.

Nienaber ·

Wat is ‘n klug?

Baie geluk aan rdl Hartnick. Hy doen goed in Hessequa. Ons waardeer hom

Hannes ·

Engie iets om daai stemme te werf nou dat die verkiesing om die draai is…

ZAR ·

Ek is trots op VF+. Hierdie man wat hulle gekies het is sy sout werd, dit kan julle verseker weet. Geluk mnr Hartnick. Ons gaan nog ‘n lang pad saam stap, en die DA gaan alles probeer om jou op te raap…tevergeefs.

Julia Hattingh ·

Ag dis wonderlik!!! Bly saam met julle dat die stigma gebreek word. Julle gaan verseker nog meer groei. Julle het my stem!!

Deliladelange ·

Die VF+ groei ten spyte van die feit dat hul nie hul beleid verander nie. Ander partye verander hul beleide om meer stemme en lede te kry. Dit is prysenswaardig. Die VF+ het hierdie keer my stem!

Dries du Toit ·

n Lekker middelvinger vir die ANC,EFF en dai ander klomp krappe BFLF. Wys net. Waar die sisteem werk,tel kleur net mooi ZILTZ

Jerry ·

Versoening is n gegewe. Ek hou so baie hiervan ek stem sommer vir die VF! Wys jou nou net, alles is moontlik met versoening! Marais was reg toe hy gese het dat hy nie na die Afrikaner toe hoef te gaan nie, die Afrikaner gaan na hom toe kom, daar in die kaap waar hy geduldig sit en wag!

Josef du Toit ·

Ongetwyfeld ‘n knap man. Miskien kan daar uitgewy word daaroor of mnr Hartnick homself met die Afrikaner kulturele identiteit vereenselwig of nie? In die afwesigheid van inligting wat die teendeel aandui, blyk dit dat die oorgang van bemoeienis met Afrikanerbelange na ‘n bree”r fokus op Afrikaanstaliges se belange blykbaar nou by die VF+ gemaak is. So ‘n benadering wat onophoudelik aangepor op Maroela Media, op grond van getalle-politiek. Dit ten spyte daarvan dat ook Afrikaanstaliges nasionaal ‘n klein minderheid is, ongeag enige drome van meer noemenswaardige provinsiale selfbestuur of selfs onafhanklikheid – iets wat na’ die oorgawe van die 1992-referendum steeds as ‘n onmoontlikheid bewys word in die lig bv van die Katalaanse fiasko. In teendeel, bly emigrasie na Namibie”, waar Boere-Afrikaners oor tyd nasionaal ’n absolute meerderheid kan vorm, en waar ons wel soos in Suid-Afrika ’n geskiedkundig verdedigbare erfenis het, ’n veel meer werkbare oplossing.

Mrs H ·

Respek! Fantasties…VF+ beslis vir my die keer. Baie geluk meneer, maak ons trots, jy kan.

Bou manne bou ·

Dan is ek UITEINDELIK bly dat die VF nou bruinmense ook naderhark .. ek weet hulle het ook gevoelens oor apartheid, maar het aanvanklik stemreg gehad saam met blankes voordat dit weggeneem is .. soos my oom altyd se . dit was altyd nog ONSE MENSE alhoewel hulle ook deur apartheid geraak is .. maar kom ons kom nou daaroor en BOU ..!

JN ·

LOL “mede-onderleier”, 2 mense wat 1 persoon se werk doen, GREAT!

MTSteyn ·

Maar die vf verander wel sy beleid, en sal enigiets, ja enigiets, doen om meer stemme te werf! Ek dog dis algemene kennis?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.