VF Plus ‘koningmaker’ in talle munisipaliteite

pieter mulder

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus

Die VF Plus meen hy het landwyd stewig gegroei in 2016 se munisipale verkiesing en het veral beïndruk deur groot deurbrake te maak in provinsies waar daar histories feitlik geen VF Plus-voetspoor was nie.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, het gesê waar verskeie kleiner partye in die pas afgelope verkiesing amper uitgewis is, is die VF Plus tans die vyfde sterkste uit die meer as 200 partye wat aan die plaaslike verkiesing deelgeneem het. Die party het ook meer gegroei as met die onlangse verkiesing in 2014.

“In al nege provinsies het die VF Plus se stemtotaal vermeerder. In sommige provinsies het dit verdubbel, in die Wes-Kaap vervierdubbel en in die Noord-Kaap selfs vyfvuldig gegroei. Die gevolg daarvan is dat die VF Plus vir die eerste keer raadslede verkies gekry het op plekke waar die party in die vorige termyn geen teenwoordigheid gehad het nie. Die VF Plus het nou byvoorbeeld vir die eerste keer raadslede in Kimberley, Upington, Koster, Ottosdal, Wolmaransstad, Schweizer-Reneke, Zeerust, Nelspruit, Worcester, Paarl, Mosselbaai en Hessequa.”

Volgens Mulder het die VF Plus in talle ander munisipaliteite soos Krugersdorp, Middelburg en Kroonstad sy aantal raadslede verdubbel. “Verskeie van die nuwe VF Plus raadslede is oud DA-raadslede wat nou by die VF Plus aangesluit het of oud-DA-parlementslede, soos Lourie Bosman, wat in Newcastle in KwaZulu-Natal verkies is.”

Mulder het gesê die VF Plus het sy verkiesingsveldtog grootliks rondom koalisies en regstellende aksie geloods en die party is reg bewys deurdat talle koalisies na die verkiesing gevorm sal moet word waar geen party meer as 51% steun gekry het nie. “In verskeie van hierdie rade sal die VF Plus die koningmaker wees omdat die party se keuse sal bepaal watter koalisie die munisipaliteit regeer.”

Die VF Plus het in die 2011-munisipale verkiesing meer as 120 000 (0,45%) van die stemme op hom verenig. In Woensdag se verkiesing het die VF Plus 229 281 (0,77%) van die stemme getrek.

Dr. Mulder sê die groei is ʼn sterk aanduiding dat die party enersyds in tradisionele sterkpunte steun van ander partye weggerokkel het en andersyds ander minderheidsgroepe hulle vir die eerste keer agter die VF Plus geskaar het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

46 Kommentare

jongste oudste gewildste
tamboti

Baie geluk VF+, meer en meer Afrikaners word wakker en is bereid om op te staan vir Afrikaans en voorbestaan van minderhede. Moenie jou stem mors op die meerderheid joiners nie.
Maak ‘n verskil, op die regte manier.

JC

MOOI SO VF+. Ek het vir julle gestem!!

Sakkie du Plooy

Die Vf+ is tereg trots op ‘n toename in Raadslede van 85% landwyd.90 Menige kiesers wat die DA ondersteun het kyk nou met groot ontsteltenis hoedat hulle DA in stede soos Johannesburg en Pretoria nou met die EFF moet saamwerk om te kan regeer. Om Pretoria te wen met 43.11% is een ding maar om Pretoria te regeer, desnoods met die EFF en sy anti Afrikaner (en Blank) sentiment en destruktiewe optrede oraloor is ‘n ander storie. Die Vf+ het in sy veldtog ernstig hierteen gewaarsku. Dit sou vir die DA makliker en vir Pretoria veel meer voordelig gewees om… Lees meer »

jaco

229281 stemme is min as in ag geneem word dat die VF meer as dubbel daardie hoeveelheid stemme in 1994 gekry het. Die getal mense wat nee gestem het in 1992 was digby 900 000. Waar is al daardie mense heen? Almal dood? Almal in Kanada en Australie? Almal DA ondersteuners?

Frik Lotz

Baie dankie aan almal wat VF Plus gestem het. Enigste party wat veg vir minderheidsregte en ons belange op die hart dra. VF Plus groei en word met elke verkiesing sterker en dis goeie nuus. VF Plus is hier om te bly en gaan nie verdwyn nie!