VF Plus: Minister ‘vaag’ oor seksonderrig

Angie Motshekga. Foto: Jacques Naude/ANA

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, se parlementêre antwoorde oor omvattende seksualiteitsonderrig (algemeen bekend as CSE) is óf berekend vaag, óf sy is nie presies op hoogte van wat haar departement doen nie.

Sy het Dinsdag onder meer verklaar daar is nie sprake van ’n nuwe kurrikulum nie en dat seksualiteitsonderrig reeds sedert 2001 aan Suid-Afrikaanse skole aangebied word. Die departement is die afgelope maand wyd gekritiseer oor beplande wysigings aan die kurrikulum vir lewensoriëntering, wat glo behels dat leerders mekaar se geslagsdele identifiseer en leer van orale seks. Die departement het klagtes oor die kurrikulum egter as onakkuraat en “vals nuus” bestempel.

“Om lesplanne voor te skryf is inderdaad om ’n nuwe kurrikulum in te stel, hoewel die CAPS onveranderd bly,” sê dr. Wynand Boshoff, VF Plus se woordvoerder oor basiese onderwys. “Boonop is CSE ’n benadering tot seksualiteitsonderrig wat eers teen 2013 algemeen in onderwyskringe (veral onder leiding van UNESCO) ter sprake gekom het.”

Die minister het verklaar dat die voorgeskrewe lesplanne vanjaar as loodsprogram aan 1 500 skole getoets is. Sy stel dan in vooruitsig dat dit in 2021 volledig geïmplementeer sal word.

In haar geskrewe antwoord het minister Motshekga gereageer op die vraag wanneer die departement met ouers en onderwysers gaan konsulteer. Haar antwoord was dat ouers, deur skoolbeheerliggame “gesensiteer” is en dat onderwysers opgelei word.

Volgens die VF Plus is dié stappe nie dieselfde as om met ouers te beraadslaag nie. Motshekga het wel in die geskrewe antwoord gesê daar sal gedurende 2020 geleentheid wees vir betrokkenes om terugvoer te gee.

Die VF Plus is ook ontsteld dat die minister minagtend van haar kritici gepraat het deur te sê daar is mense wat liewer van “sitgoed” as van “boude” wil praat. “Daarmee impliseer sy dat haar kritici glad nie met kinders oor seks wil praat nie en ’n ‘hoor niks, sien niks, sê niks’- benadering wil volg,” sê Boshoff..

“Wat ons dink ouers en ander belanghebbendes moet doen, is om die voorgeskrewe lesplanne van die internet af te laai en self te besluit of CSE, soos die departement dit wil implementeer, hul goedkeuring wegdra.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris

Seks is die een ding wat jy kan regkry sonder enige onderrig!!!
Hoe meer onderrig, hoe hoër is tiener swangerskappe op skool.
Klink nie of meer onderrig losbandigheid oplos nie.
Dis maklik verkreigbare statistiek dat sedert daar meet seks onderrig die afgelope 30 jaar in die skole plaas vind, hoe meer moet kondome by skole uitgedeel word, en steeds neem swangeskappe en aborsie toe.
Seks onderrig het bymotiewe, want dit skep probleme, nie oplossings nie en dis so ooglopend selfs blindes kan dit sien.

André-Chris

Tipies net soos haar president, sê een ding as weerligafleier in ontkenning van dit waaroor hulle massiewe teenstand ondervind en dan gaan hulle in alle geval agteraf voort.

Paul

“Sy sè dit sal in 2021 volledig geimplimenteer word” —- Sy is akkuraat – dit val inlyn met Agenda21 en 30 – Dit word geteken op 14 Mei 2020 te Rome – en wat ek sè is nie ‘n ‘conspiracy’ nie – dit is feite –

skurweberg

Ons moet net onthou dat die minister ‘n spreekbuis is van haar party. Dis haar brood en botter. Die vaagheid skryf ek toe aan haar eie bekommernis en onsekerheid oor die wenslikheid van die implimentering van hierdie CSE. As ‘n mens na haar luister kom sy as ma en moontlik ook toekomstige ouma, voor as iemand met integriteit en ‘n vaste waardesisteem wat nie onder verdenking is nie. “Dis maar net ‘n sigwaarde opinie”

Gaitsigubib

Die beerliggame het niemand gesensiteer nie. Ons het in die media hiervan gelees. Sy lieg mos nou soos pro.