Die VF Plus het Maandag ’n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) ingedien teen ’n Twitter-gebruiker wat ʼn opmerking op dié sosialemediaplatform gemaak het wat glo geweld teen wit mense sou kon aanhits.
Dié persoon het onlangs op sy Twitter-profiel, genaamd @BLudidi, in reaksie op ’n vorige twiet gevra of wit mense nie maar regtig doodgemaak kan word nie (“Can’t we kill them for real”).
Die VF Plus het die profiel by Twitter gerapporteer en het versoek dat ander gebruikers dit ook doen.
Volgens Heloïse Denner, VF Plus-parlementslid, is aanhitsing tot geweld van hierdie aard teenoor ʼn persoon van enige ras, klas, geslag of seksuele oriëntasie, totaal onaanvaarbaar.
“Plasings wat spesifiek daarop gerig is om rassegeweld aan te hits, moet skerp gepolisieer en selfs met ʼn boete of tronkstraf gestraf word,” sê Denner.
Denner meen vryheid van spraak moet met verantwoordelikheid gepaard gaan.
“Ons leef in ’n tyd van geweldige onsekerheid wat die Covid-19-pandemie, die verswakte ekonomie, werkloosheid, swak politieke leierskap aan regeringskant, rassisme en groeiende spanning in gemeenskappe regoor die wêreld meebring. Openlike woorde van haat en aanhitsing tot geweld kan daarom nie geduld word nie,” sê Denner.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Julle is die verkeerde kleur die mrk gooi sulke sake uit behalwe as jou van Etsebeth is dan gaan hul uit hul pad
Foeitog
Maar ons moet nie iets se nie, dan is dit iets uit die bose en holrug rassisme. Soos Sakkie se, foeitog.
Hulle moet op hou dreig hulle gaan n groot verrassing kry.
Ek kan nie help om ook kwaad te word vir die eerste plasing nie. Hoeveel boere en ander wit mense is nie al vermoor nie. Die wit kruisies dien as bewyse…