VF Plus: ‘Nalatigheid lei tot Driehoek-tragedie’

Die loopbrug by die Hoërskool Driehoek. Foto: Marius Vermaak/Maroela Media.

Die VF Plus het Woensdag Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, en sy departement van nalatigheid beskuldig in verband met die tragedie wat vroeër vanjaar by Hoërskool Driehoek afgespeel het en gesê die party ondersoek die moontlikheid om strafregtelike klagte in dié verband in te stel.

Dit kom nadat Angie Motshekga, minister van onderwys, in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus se adv. Anton Alberts gesê het inspeksies van die loopbrug het op 8 April 2006, 20 September 2006, 8 April 2014 en in Julie verlede jaar plaasgevind.

ʼn Betonblok van dié loopbrug by Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark het op 1 Februarie vanjaar ineengestort en die lewe van vier leerders geëis, terwyl 29 ander beseer is.

Alberts het in ʼn verklaring gesê Motshekga se parlementêre antwoord toon duidelik dat die inspeksies van die brug sporadies gedoen is en nie volgens sinvolle intervalle nie. Hy beweer ook die laaste ondersoek wat in Julie verlede jaar gedoen is, was nie deel van ʼn infrastruktuur-inspeksie nie, maar ʼn ondersoek om die skoolgrootte-kapasiteit te bepaal.

Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark (1 Februarie 2019) (Foto: Nhlanhla Phillips/African News Agency/ANA)

“Die laaste infrastruktuur-inspeksie was bloot deel van [Lesufi] se polities gemotiveerde inisiatiewe om Afrikaanse skole te vernietig deur skole wat nie vol is nie te dwing om nie-Afrikaanssprekende leerders in te neem,” het hy gesê. “Dit is duidelik dat die sogenaamde infrastruktuur-inspeksie wat moes saamval met die skoolgrootte-inspeksie net daarop gerig was om klaskamergroottes te peil en nie die strukturele integriteit van die skool nie.”

Hy het aangevoer die “politiekery” van Lesufi en sy departement het gelei tot die gebrekkige onderhoud van Hoërskool Driehoek. “Die eerste groep inspeksies was lank terug en sporadies gedoen en die fokus van die laaste inspeksie is bloot gedryf deur politieke oogmerke en nie om die veiligheid van die skool-infrastruktuur te verseker nie,” sê hy.

Volgens Alberts ondersoek die party tans die moontlikheid om kriminele klagte teen Lesufi en sy departement aanhangig te maak.

“Dit is bejammerenswaardig dat gewone mense en leerders moes ly weens die ANC wat nie vir almal regeer nie en minderhede teiken vir hulle eie gebreke.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Wat nou? ·

Dit is ‘n tragdie en moes nooit gebeur het nie. Toe dit gebeur het ek gese iemand is verantwoordelik en nalatig, Onderwys Departement en/of die bouers. Toe moes ek hoor moenie beskuldigings maak want kinders is beseer en gedood, geen gevoel nie, vergewe. Die brug is jare gelede gebou toe sommiges daar skool gegaan het en daar was niks verkeerd met die brug nie en dit staan al jare ens ens ……. Nou vra ek wat nou?

nico loots ·

Kom ek gooi n stywer in die beers eerstens ja stem saam daar moet gereeld inspeksie gedoen word wat seker nie in roeteering gedoen is nie maar die groot vraag is die ontwerp van daai loop brug gaan kyk of die ingeneer op standaard beplan het is die materiaal voldoende om aan die standaarde te voldoen wa voor die brug ontwerp is onthou ook dat teen die tyd van die skool gebou is tot nou is daai staal nie veronderstel om so te verot nie, ek sien min struktuur staal op die fotos so wie is nou die skuldige die mense wat inspeksie doen wat onkundig is of dalk die ingeneer en by gese die VF wat altyd se moet nie voorbeoordeeling gebreik of rasistiese opmerking maak nie het sopas hulle hand verkeerd gebreik

Andreas ·

Ek kon die inspeksie gratis vir julle van die foto af gedoen het. Of dit geGoogle het. Ek is nou baie lelik, sinies en dis ongevraag, my hart is stukkend vir die gemeenskap, maar hoe sterk moet ek dan my renons uitdruk in die bevoegdheid wat ontbreek en waarvoor verantwoordelikheid verplaas word. Watter ooglopende katestrofe moet nog plaasvind voor julle tot die besef kom?

Pat ·

Die howe is no good waar dit by blankes kom hulle is swart bewus en dit sal niks help nie goeie geld wat gemors word. Die Lesufi is hoog in anc geledere.

marous ·

Dagvaar die ontwerpers klere van hul af … in persoonlike hoedanigheid.

? leser ·

vf+, roer die departement, le-soontoe homself
ek ondersteun julle (vf+) met alles wat ek het

? leser ·

alle strukture, en veral gewone sement, wil nie graag aan die natuur elemente bloot gestel word nie, selfs die staal wat die betonblok aan die kante heg kan ook roes en meegee, verwys na die 2de foto aan linkerhand bo waar die hegting was en selfs foto 1 kan daar geen staal tussen blok 1 en 2 gesien word nie, maar dis reg vf+, roer die departement vir hul nalatigheid

Alida ·

Die instandhoudings werk moes deur ingeneurs gedoen gewees het deur die Dept en nie n pen pusher wat niks weet nie.

Alida ·

Die instandhoudings werk moes deur ingeneurs gedoen gewees het deur die Dept en nie n pen pusher wat niks weet nie.

IK ·

‘n Bouersvriend het, na hy gehoor het vd tragedie, aan my gesê: ‘Daar is nie ‘n manier om dit eers te oorweeg om ‘n betonkonstruksie te ondersteun deur staalwerk, dan ook nog buite’. Roes is die grootste vyand van staal en gewoonlik verborge soos wat ook hier gebeur het. Lesufi & kie, maak julle gereed vir GROOT moeilikheid.

IK ·

‘n Bouersvriend het, na hy gehoor het vd tragedie, aan my gesê: ‘Daar is nie ‘n manier om dit eers te oorweeg om ‘n betonkonstruksie te ondersteun deur staalwerk, dan ook nog buite’. Roes is die grootste vyand van staal en gewoonlik verborge soos wat ook hier gebeur het. Lesufi & kie, maak julle gereed vir GROOT moeilikheid.

Nugter ·

Net soos in die onderwys, 10% van die onderwysers is elke dag afwesig. Mr. Lesufi dink sy kaders gaan inspekteer die skole, maar intussen gaan besoek hulle hul shabeens wat hulle op die kantlyn bedryf.

Jan Botha ·

Skuus, ek kon nou nie anders nie, “Ek was nalatig en toe moes ek trou”.

fred ·

wys die Certifikaat van Inspeksie afgeteken deur n professional structural engineer……so maklik as dit….en check die egheid van sy kwalifikasies….

Riaan ·

Weereens lieg die minister en haar sidekick lesufi deur hulle nekke.

Riaan ·

Die regering sal in die eerste plek nie enige blanke ingineur betaal on sulke inspeksies te doen nie,want hy of sy is blank. As,en dis n groot As,hulle wel sulke inspeksies laat doen sal dit deur n b.e.e Voorheen benadeelde maatskappy gedoen word,en ons almal weet wat die kwaliteit van die inspeksie dan sal wees.
Hulle Sal nie sulke geld betaal nie,veral omdat dit n Afrikaanse skool is.
Amper vergeet ek. Daar is nie geld nie. Gaan eerder om tablets te koop vir kinders wat nie eers krag by die huis het om die battery te herlaai nie. Baie slim lesufi

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Wat is n politikus se doel?
Wat is n politikus se minimum kwalifikasies?
Wat se arbeid doen n politikus van 8:00-17:00 Ma.-Vr. om by te dra tot die ekonomie van n land ?
Wat is die gemiddelde I.K. van n politikus in die .R.S.A ?

..ek weet reeds die antwoorde…solank jy net slimmer is as jou ondersteuners.
.
.

George in Bloem ·

Kerrie,jy bedoel seker “solank jy net minder onnosel is as jou ondersteuners? Of hoe? ;-)

Heksie ·

Dr. Alberts is doodreg!

VF+ kry definitief van nou af my kruisie by verkiesings!

Manie van Worcester ·

Dis reg, kla hulle aan, niks gaan gebeur nie maar mens weet nooit, wonderwerke gebeur tog soms

Disselboom ·

Die tragedie van jong mense wat gesterf het en die ernstige beserings sê daar moet versigtig in hierdie saak gepraat word. Dit kan egter nie verbygaan nie dat daar nou politieke geskreeu op die regering is om die blaam vir onderhoud van die skool se strukture te plaas, maar wanneer ons die skool se toelatingsbeleid wil bepaal en die skool Afrikaans hou, wil ons self die seggenskap hê? Ons sal moet besluit of ons self verantwoordelikheid neem vir die skool met sê in sake of nie.

Wat eintlik hier gedemonstreer word, is die gevare vir die kinders in die toutrekkery oor die besit en beheer van die staatskole wat daartoe lei dat praktiese sake soos instandhouding van die fasiliteite onder die politieke lawaai nie gebeur het nie. Daar is meer as een kant skuldig aan versuim deur van onderwys en skole politieke speelballe te maak. Daar moet duidelikheid kom oor wie die skool besit en beheer en dit moet aanvaar word.

My Opinie ·

Kon die skoolhoof en/of die onderwysers nie opmerk oor die kondisie van daardie loopbrug nie. Skoolhoof en onderwysers is elke dag by die skool en loop oor of onder die loopbrug. Hkm nie dit met “safety tape” toemaak en waarskuwingstekens opgerig vir kinders en personeel om dit nie te gebruik nie totdat die Departement (sic) dit kon of sou regmaak nie. Fotos kon duidelik wys in watter kondissie die loopbrug was.

Peon Pit ·

Die ANC is aangeplak van LIEG en Verneukery. Dis nou al langer as 25 jr wat hul die land in die grond in ploeg.
Leiers sal hul nooit wees nie, net volgelinge en dis al te veel gevra.

bosluis ·

Dit gaan nou klink of ek teen die VF+ se beslissing gaan ( wat ek nie doen nie, enige iemand verdien n Bells wat teen die ANC opstaan) – maar het die skool self en die beheerliggaam nie OOK n verantwoordelikheid om te verseker dat hulle strukture ‘gesond’ is en of om aan te dring op gereelde inspeksies nie? Al is dit op eie kostes?

Cheers ·

50miljoen teen 5miljoen…
Ek los my kruisie nerens.
Ek vat my vrou en kinders en ons waai.
Fighting a losing battle…
Cheers RSA…

Werner ·

Baie Afrikaners voel so. En het ook destyds so gevoel, bv met die Groot Trek en die ABO. En dis oukei. Ons wat agterbly sal doen wat ons kan, nes destyds.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.