VF Plus neem DA-wyk af in Schweizer

Schweizer-Reneke. Foto: Skermskoot/Google Maps

Die VF Plus het vir die derde keer in ses maande ʼn DA-wyk in Noordwes afgeneem.

Nico Killian (VF Plus) het 793 stemme getrek in die Mamusa-munisipaliteit se wyk 9 (die dorp Schweizer-Reneke). Die ANC was tweede met 407 stemme, gevolg deur die DA op 222 en die EFF met 111.

Dit beteken die VF Plus het tien stemme bygekry vergeleke met verlede jaar, die DA het met 34 stemme agteruit geboer, 131 minder ANC-kiesers het opgedaag en die EFF se steun het met nege stemme gedaal.

In vergelyking met 2016 het die VF Plus 368 stemme bygekry, die DA het 420 verloor, die ANC het 69 bygekry en die EFF het met 67 gegroei.

Dit is uiters belangrik om te onthou dat hierdie uitslag slegs vir een van nege wyke in die munisipaliteit geld, en die enigste een waar wit kiesers in die meerderheid is. Tellery van stemme het vanoggend voortgeduur met alle aanduidings dat die ANC gemaklik gaan wen terwyl die groeiende EFF tweede sal eindig.

Die vroeë aanduidings is dat die VF Plus en die DA nogmaals elk een raadslid op die stadsraad van 18 lede sal hê, met die moontlikheid van twee vir die VF Plus as die stempersentasie in die township Ipelegeng en onder plaaswerkers laag is, en nul vir die DA as die stempersentasie in Ipelegeng en onder plaaswerkers hoog is.

Die tussenverkiesings het plaasgevind nadat die hele stadsraad weens swak dienslewering ontbind is.

Die volledige uitslae word later vandag verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

johan ·

Die VF+ groei elke dag en ek hoop al wat afrikaans en engels sprekende burgers stem vir hulle in die volgende munisipale verkiesing sodat onderhandeling vir n onafhanklike vrye staat kan begin anders gaan ons ingesluk word in korrupsie en agteruit gaan agv onbevoegde anc leiers met ondeurdagte besluite.

Jj ·

Stem saam jou. Ek stem nog altyd vir hulle! Maar nou moet ons volgende stap vat die afrikaaners gaan moet begin konsentreer en begin ons eie onafhaklike ekenomie stig soos orania maar op baie grooter skaal en eie arbeid gaan kern van dit wees, help nie ons begin besigheid en dan gee ons werk an volkvreemdes wat gaan anc stem nie.

Karie ·

Mmusi het sy werk mooi gedoen om die DA van binne af te vergiftig en aftebreuk sodat sy party die ANC nie werklike oposisie het met Nationale verkiesings nie.

jaco ·

Die hele ANC-beheerde stadsraad bedank weens swak dienslewering deur die ANC en dan wen dieselfde ANC weer ‘n verkiesing en beheer weer dieselfde raad en lewer seker weer geen dienste nie.
Iets maak nie sin nie.

Johan Venter ·

Mooiman! Hierdie moet die FV Plus gebruik om landswyd sommer groot, sommer baie groot momentum op te tel. Ondersteun die party waarmee jy jou kan vereenselwig, jou taal, jou waardes, jou werk, jou eiendom. Waarom vir ‘n party stem wat teen jou grein is en nie jou belange op die hart dra nie? Sal ek nou bv vir ‘n party stem wat BEE voorstaan en my met hul beleid deelname aan die ekonomie ontsê?

De Villiers ·

Uitstekend, VF+. Dis nou die 3de wyk wat die VF+ die afgelope tyd in Noordwes by die DA afneem. Dit spreek boekdele. Dankie vir die mense wat hul vertroue begin stel in ń party wat regtig die belange van sy kiesers op die hart dra, by sy woord bly en rasioneel kan dink.

Rita Parys ·

Nardus en kie, julle het duidelik die klok hoor lui maar weet nie waar die bel hang nie. None so blind as those who will not see. Over geset synde: Horende doof en sienende blind.

Melanie ·

Beste nuus wat ons kan hoor. Ek hoop Juffrou Barkhuizen het sommer ‘n groot glimlag op daardie mooi gesig vandag.

JohanR ·

Soos gese word in Engels “that DA youth leader has a lot to answer for”! Geluk VF Plus. Weet darem daar sal “good governance” in die area wees, anders as die ANC of EFF gewen het.

Johan Venter ·

“That DA youth leader has a lot we can thank for.”

Giepa ·

Lol, die tussenverkiesing vind plaas want die hele stadsraad is ontbind as gevolg van swak dienslewering. En wie stem hulle weer terug, “… alle aanduidings dat die ANC maklik gaan wen…”.
So wat is die doel van die tussenverkiesing as dieselfde klomp wat so sleg was net weer gaan oorneem? Hierdie sou meer beteken het as die ANC gediskwalifiseer was om deel te neem siende dat hulle raad verwyder moes word oor hul onbekwaamheid, so red jy darem die arme inwoners van hulself.

My opinie ·

Daar is nie ‘n geneesmiddel vir onnoselheid nie. Goed so vir FF Plus. Schwiezer gaan nie die DA se jeugleier se onregverdige uitlatings laas jaar gou vergeet nie.

Feite ·

Baie geluk VF. Ons moet egter besef dat dit eerder die DA is wat die wyk verloor het, as wat dit die VF is wat die wyk gewen het.Kom ons gee die eer aan wie dit toekom, byname Mej. Barkhuizen. Hierdie is net n druppel in die emmer en mense moet nie nou gaan staan en valse verwagtinge skep asof hierdie emosionele tendens landwyd gaan voorkom nie. Die VF kan nie in die SA politieke arena die buffer verskaf wat nodig is vir vrede tussen links en regs nie, al wil hulle hoe graag. Dit is ideologies doodeenvoudig net nie moontlik nie!

Anoniem ·

Ek stem nie saam, sien post onderaan. VF het wyk gewen deur harde werk en bystand aan n gemeenskap wat gebuk gaan onder swak dienslewering!

GP ·

Nou tyd vir DA om pad te gee uit Gauteng. Plek lyk soos n ashoop en absoluut geen pad reels vandat hulle oorgevat het. ANC het beter gedoen hier as DA.

James ·

Goed gedoen!!!! Knap gedaan!!!!!!
Die da is in elk geval onder dieselfde sambreel as die anc.
Die da het lekker drooggemaak en wat jy saai sal jy maai!
Kry vir julle!!!

Roger ·

Hoeveel van die 222 dwase is blank wat op die DA besluit het? Gou om die vraag te vra waarom mense steeds volstaan by ANC by die stembus, maar mens verwag dat ‘n DA-gesinde hopelik ‘n bietjie meer verstand het en sou aanbeweeg het. Duidelik is dit nie die geval nie! Welgedaan aan VF+

Bottelbek ·

Dink nie n party wat onder 10 % steun het , kan homself relevant ag nie . Om moet fraksies te klim oor n lang tyd vanaf n uiters lae basis , wel laat my dink aan Garies se derde span wat n plan het om die world cup te wen.

Johan Venter ·

Trek weg uit Garies na Schweizer toe en sien die lig.

Vince ·

Garies se 3de-span het al lankal aanbeweeg. Hul speel nou vir die buurdorp, Springbok. Hulle is dus nou almal Springbokke. DA beweeg agteruit en sal gou irrelevant wees. Hul speel verkleurmannetjie om almal se maat te probeer wees. Dit is wensdenkery. Die kloof is te groot in SA. Jy kan nie van appels, pere maak nie en vice versa.

Anoniem ·

Dit gaan wraggies nie net oor hoe die DA Elana Barkhuizen se saak hanteer het nie, maar meer oor watter partyleiers opgestaan het en betrokke was wanneer munisipale probleme en Eskom krisisse opgeduik het, wie die gemeenskap van hele Schweizer en groter Mamusa bygestaan het en wie soos n speld in die hooimied verdwyn het. Moenie insinueer dat VF slegs gewen het oor niemand DA wou stem nie, hul het elke stem hardwerkend verdien.

Ongelukkig gaan dieselfde ANC wat ons nekdiepte in die gemors by Eskom het, en ons dienslewering fondse opgevreet het, weer aan die stuur van sake wees. Ek sien oor n jaar WEER n ontbinde raad en n kraglose, waterlose, rioolbesmette state dorp aan die kom.

Thinus Erasmus ·

Bottelnek, vertel jy nou vir ons hoe relavant is ‘n 80 – 90 % party wat roem dat demokrasie seëvier as hulle kiesers net more weer die strate invaar en betoog teen dit wat hul doen/nie doen nie.
Moenie enige notisie neem van sulke swapery nie. Al is net 1% nog by hul redelike positiewe is 99% nie reg in hul waansin nie.

JohanR ·

My gooiste Pretoria het groot redding nodig. Dat arme Oom Paul nou moet aanskou wat hy moet aanskou! Ek is seker hy is al heeltemaal blind!

Selfbestuur ·

Die enige structurele, langetermyn oplossing is ‘n stuk volkseie aarde. Dan is ons permanent verlos van ANC, rassisme ens. Vraag is: waar en hoe?
Goed gedaan VF+ :)))

Nugter ·

Komaan mense dis nét 1 wyk uit 9 uit!!! wat basies niks beteken… VF+ sal vinnig, met hul eie interne faksiegevegte moet deel… daai “mulder-clan” wat vir Adv Anton Alberts bly pootjie…

Charles ·

Jipee!!!

Dit het begin …

Baie geluk Schweizer-Reneke!!!

Afrikaans is groot!

Doris ·

Mooi so VF. julle gaan nog baie wyke af vat, ek dink die mense begin nou sien wat aangaan. Hou aan julle kan.

Nardus Redelinghuys ·

Die uitslag in Schweizer, wat ookal die redes daarvoor ,dui op ń voorsetting van die tendens van polarisasie.
Uit die 18 setels behou die VF+ en DA elk hul setel terwyl die F4SD 3 setels en ANC 1 setel verloor.
Die EFF wen 3 setels by en die AIC 1:

Die Mamusa Raad lyk nou so:
ANC 10;
EFF 5;
AIC 1;
DA 1;
VF+ 1.

Die verwagtinge wat kommentators hierbo vir die VF+ koester bly ongelukkig net dagdrome – die VF+ is en bly ń marginale party met beperkte verteenwoordiging. Die VF+ is afwesig in meer as 90% van munisipaliteite , in 5 van die Provinsiale Wetgewers en in die grootste aantal Parlementêre Portefeulje Komitees.
En weens lae potensiële VF+ ondersteuningsplafon kan dit nooit beduidend verander nie.
Die huidige SA situasie bly onveranderd: wat sleg is vir die DA is sleg vir SA. En net so is wat goed is vir die ANC en die EFF ook sleg vir SA.

Nardus

Miggie ·

Nardus, dit wil voorkom of die DA en die VF Plus se rolle in Sweizer dus verander het en is die DA die klein party, dit sleg wanneer die DA se eie propoganda terugkom en hul in die gat byt

Griet ·

GELUK NARDUS… jý verstaan İETS wat meeste VF+ ondersteuners, ongelukkig, nou totaal mis!!

Johan Venter ·

Dankie Nardus vir die perspektief, dis wonderlik, ek stem dan volgende keer vir die EFF, dan is ek ook ‘n slag aan die wenkant! Dis dan beter om my beginsels in die see te gooi, dit was dan mos nou in die verlede ‘n mors van almal se tyd.

aj ·

‘Swart bevoorregting is wanneer kiesers die korrupte en onbevoegde ANC wéér instem!’

Nêrens anders op die planeet sal kiesers dít dien nie.

Net Mzansi!

Of is die verkiesing gekook deur die OVK?

aj ·

Hoeveel van die miljoen “spook kiesers”, wat (sonder adresse) op die kiesersrol bly vasklou het, het in Schweizer Renecke gaan stem?

Soos in Potch?

Thinus Erasmus ·

Vír al die “slim” en verligte mense: Nie die DA of VF+ sal en kan ooit die regering van die land word nie. Ek stem egter nie vir die party wat gaan wen nie, ek stem vir die party wat my belange en visie verteenwoordig – dit is ware demokrasie! En ek plaas’n premie op op die bevordering van Afrikaner belange.

Jannie van Niekerk ·

Of mens dit nou wil weet of nie, Die DA is die ANC se tweede span en die EFF is die ANC se babaspan. Enige een van hierdie drie Partye is opregte demokrasie glad nie goedgesind nie, ongeag die DA se naam. Daar is net drie partye in hierdie land wat regtig die kiesers se belange op die hart dra en dit is die ACDP, COPE en die VF+. Ongelukkig het al drie maar min ondesteuning wat net weereens bewys dat Afrika se kiesers eerder misdaad en eie belang voorop stel en nie die kiesers se balange nie. Jammer Nardus en Griet, ek moet met julle verskil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.