VF Plus neem DA-wyk af in Stilfontein

Die VF Plus het vir die eerste keer in agt jaar ’n wyksraadslid tot ’n stadsraad verkies gekry toe die party wyk 30 in die Matlosana-munisipaliteit in Noordwes by die DA afgeneem het.

Wyk 30 omvat die dorp Stilfontein en is Woensdag in ’n tussenverkiesing gewen deur Fanie Kloppers (VF Plus) wat 946 stemme gekry het teenoor 487 vir die DA, 135 vir die ANC en 93 vir die Onafhanklike Belastingbetalersvereniging van Suid-Afrika.

Die uitslag verteenwoordig ’n swaai van 35 persentasiepunte teen die DA sedert die munisipale verkiesing van 2016.

In twee tussenverkiesings in Mpumalanga het die ANC een naelskraapse en een gemaklike oorwinning behaal.

Die naelskraapse oorwinning was in wyk 31 van die Govan Mbeki-munisipaliteit, wat ’n deel van die township Embalenhle buite Secunda insluit.

Mahlaswani Masinga (ANC) het 611 stemme gekry, met 529 stemme vir die EFF en 12 stemme vir ’n plaaslike party genaamd die SKCP. Dit verteenwoordig ’n swaai van 14 persentasiepunte teen die ANC sedert 2016.

Die groot ANC-oorwinning was in wyk 32 van die Nkomazi-munisipaliteit. Dit is ’n landelike gebied aangrensend aan Schoemansdal.

Sifiso Ngomane (ANC) het die EFF se kandidaat met 1 442 stemme teen 159 verslaan. Dit verteenwoordig ’n swaai van 4 persentasiepunte na die ANC vergeleke met 2016.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Sarel ·

DA sal moet wakker skrik
Hulle gaan bloedneus kry met volgende verkiesing

Jacques ·

Nie nodig vir die DA om wakker te skrik nie, hulle voel niks vir die Afrikaner nie. Hulle kan maar bloedneus kry. Ons het hulle nie nodig nie. Baie geluk VF+.

D Meyer ·

Wat sien jy in n party wat niks vir jou beteken nie? Gaan my verstand te bowe dat n mens sulke onkundigheid nog kry…..

Magda ·

Mooi man – VF dit is nou julle kans om GOED te doen – Wys die ander Partye hoe gemeenskapdiens gedoen KAN en met wilskrag gedoen word, met mense wat die werk kan doen Sterkte

Stebastiaan ·

Geluk VF+ bou so voort op eerlikheid en integriteit en wys waartoe jul in staat is.

In Hoc Signo Vinces ·

Bietjie laat vir ons om wakker te skrik, maar ja, ons moet seker erens begin om te aanvaar dat daar net een party is wat regtig vir ons en ons volk, kinders omgee. Ons verloor so baie goed opgeleide mense wat oorsee gaan, wat geen ander keuse het as om oorsee te gaan nie. Dit sal moet stop omdat daar besinning in die staat moet kom. Wie die staat ook al mag wees, blyk niemand weet eintlik wie dit is nie.

Klipindiebos ·

“The sky is the limit” Tree as ‘n rolmodel op. Ons Provinsie het dit nodig.

ZAR ·

Fantastiese nuus. Ek trek sommer dadelik soontoe. Mens moet maar nou ‘n huis koop daar, dit gaan vinnig een van die gesogste areas word.

Petrus ·

Vergeet dit. Stilfontein is nie ‘n ankerdorp nie. Dit bly ‘n ANC vesting.

Ponti ·

Pragtig. Ek hoop die mense se oë sal begin oop gaan.
Sterkte.

Johanna Botha ·

Hier is nou n ongekende momentum agter die VF kom ek agter en dit lyk my die DA se wiele raak PAP

D Meyer ·

Die DA se wiele val sommer geheel en al af….in elkgeval n nuttelose klomp lummels.

Kallie ·

Ja, die VF+ se 400 000 kiesers gaan die ANC se 11 miljoen sommer baie gas gee, of hoe praat ek nou.

Kobus ·

Ja Kallie, as ons so baklei word die ANC net sterker. Dan kla ons net meer.

Cherokee ·

Dit is GROOT nuus.. YSLIKE nuus! Dit moet weer en weer herhaal word. Intussen Fanie Kloppers, die DA gaan jou met kritiese en jaloerse oë dophou. Maak naam vir die VF.

In Hoc Signo Vinces ·

Trek eerder Orania toe. Dis n goeie opsie, of ondesteun hulle met mag en krag.

Nico ·

Lekker man, lekker. DA gaan sy gąt sien in volgende algehele munisipale verkiesing. Orals verryk hulle nou waar hulle aan bewind is met belaglike munisipale diens tariewe. Kom VF+ stel julle kaders orals op en dat hulle nou al daaraan kan begin werk.

Jimmy ·

Met die DA uit die pad is die ANC weer in beheer. Maar dit is mos wat ons wil hê.

Johan ·

Puik! Stadig maar seker is die DA besig om te sink. Karma werk stadig, tog doelgerig.

Johan Smith ·

Al die konserwetiwes het mos DA gestem met oorname van die regering in 1995. Het gedink dit is beter as ANC. NEE!! Dit is net nog ‘n party wat swart bemagtiging op agterbakse mamier voorstaan. Het ons boere net gebruik om ‘n goeie basis te hê. Die oorwinming van die VF+ is net die begin . Die konserwitiewis sal nou oral begin wakker skrik want dit begin nou kwessie van lewe en dood word. Geluk VF+. PRYS DIE HERE.

Petrus ·

Die DA in die Wes-Kaap moet die provinsie uitbou op alle vlakke en ‘n republiek uitroep. Die binneland is in ‘n afwaartse spiraal. Niemand kan die binneland meer red nie.

Anita ·

Veels geluk…1000 gelukwensings, ek bid dat die VF wonders kan laat geskied dat Gordonsbaai, Strand VF word en die DA verslaan want ons klagtes word hier
geignoreer……..asseblief VF bevry ons van die DA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.