VF Plus: Nuwe straatnaam ‘sal Jode aanstoot gee’

Leila Khaled word deur sommige as ’n terroris en deur ander as ’n vryheidsvegter beskou. Foto: Wikipedia

Sommige partye in Johannesburg se stadsraad is boos oor ʼn mosie deur ʼn Moslemparty om ʼn belangrike straat in Sandton te hernoem na ʼn Palestynse vryheidsvegter wat op haar dag twee vliegtuie gekaap het.

Die Al Jama-ah-party se aanvanklike voorstel was om Sandton-rylaan se naam na die Ramallah Palestine-rylaan te verander. Ramallah is ʼn stad aan die Wesoewer van Palestina, 10 km noord van Jerusalem, verduidelik Franco de Lange, VF Plus-stadsraadslid.

Die EFF het op ʼn raadsvergadering die afgelope week ʼn wysiging aan die mosie voorgestel om hulde te bring aan Leila Khaled, lid van die Populêre Front vir die Bevryding van Palestina (PFBP).

Khaled het gehelp om vlug TWA 840 in 1969 te kaap. “Sy en haar spanlede van die PFBP was onder die indruk dat die Israelse ambassadeur in Amerika ʼn passasier op die vliegtuig was,” sê De Lange. “Sy en haar makkers het ná die landing ontsnap en sy het begin om haar voorkoms deur plastiese chirurgie te verander.

“In 1970 het sy weer toegeslaan en vlug El Al 219 gekaap terwyl sy twee handgranate aan haar gedra het. Sy is gedurende die kaping op die Heathrow-lughawe in hegtenis geneem en is in Oktober 1970 na haar geboorteland teruggestuur in ʼn gyselaar-uitruilooreenkoms.”

Net ʼn straatnaam wat aanstoot gee, mag verander word.

Die ANC, EFF en Al Jama-ah het die naamsverandering gesteun.

“Die VF Plus en ander partye het met sterk teenkanting debat in die raadsaal gevoer,” sê De Lange. “Regulasies deur die Johannesburgse metro is voorgehou dat net ʼn straatnaam wat aanstoot gee, verander mag word. Die vraag is: ‘Hoe gee Sandton aanstoot?’”

De Lange meen Leila Khaled-rylaan “sal aanstootlik wees vir die Joodse gemeenskap van Suid-Afrika” en die naamsverandering “sal neerkom op ʼn vrugtelose uitgawe”.

Hy sê geld kan liewer aangewend word vir die opgradering van infrastruktuur of die uitwis van die agterstand van die R167 miljard waarmee die ANC-regering die veelparty-koalisie gelaat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Lientjie ·

Wat is fout daarmee die ANC het vir die al die bomplanters straat name gegee. Hulle het ook mense doodgemaak. Ek het 2 vriendinne gehad wat ernistig beseer was in die Kerkstraat bomaanval!

ZAR ·

Presies. Soos in Amanzimtoti, daai bomplanter het 2 kinders en 2 vrouens vermoor en talle mense blind of vermink gelaat. ‘n Groot hoofstraat is nou na die bomplanter vernoem. Sal ons ook gaan kyk na wie dit goedgekeur het om met die bomplantery te begin? Hy word reg oor die wêreld opgehemel.

Johan H. ·

Lientjie ek stem saam. Daaie vriendin is seker Paula! Ken haar!

Cherokee ·

ZAR, …Kingsway in Amanzimtoti is vernoem na Andrew Zondo Road en die vorige munisipale bestuurder van Durban is die enigste mens wat ek ken, maar weier om te groet selfs wanneer hy my groet. ‘n Witman wat ANC-gesind is en goedkeuring geheg het aan die naamsverandering. Die straat is vernoem na ‘n moordenaar en die moordenaar se pa het kapsie gemaak daarteen. Lees meer hier:
https://www.iol.co.za/news/politics/zondos-father-pleads-for-rethink-351662

ZAR ·

Ek kan dit nie glo nie, die ophemeling van terroriste.
Ek sal net wil weet hoekom die meeste dorpe se Kerk straat verander is. Vir wie het dit aanstoot gegee?

Skroef ·

Ek ia seker in die moslemlande sal geen straat naam hulle aanstoot gee nie.

Anoniem ·

Natuurlik sal di verdompde Anz di naam steun. Hier in Amanzimtoti is Kingway verander na Andrew Zondo di een wat diSanlam centre daai tyd opgeblaas het en mense dood is. By monde het sy Pa al gese hy steun dit glad ni en is glo n pastoor. Hoe waar sal ek nou ni weet. Dis wat di mense in di omgewing praat. Nou jadaar gelaat

Cherokee ·

Anoniem, vind iemand om die ‘e’ sleutel op jou sleutelbord te herstel. Dit is moeg..poegaai.

leser ·

kerkstraat = church street, die anc, eff, blfl, ens., en al hul trawante haat kerke

Koos de Meyer. ·

Terroriste weet nie wat beteken kerk nie. Dis hoekom hulle kerkstraat se naam verander. Ongeskoold en ongeletterd. Mors net geld en ons moet net betaal.

Peet Schabort ·

So ook op Trichardt verander Kerkstraat na Ruth Firststr. Wat ‘n verleentheid om aan dieselfde paal daardie naam te sien met ook Schabortstr. Dit is definitief nie meer die dorp waarvoor die destydse J.C.Schabort as voorsitter vd gesondheidskomitee en burgemeester vir 22 jaar diens gelewer het aan die gemeenskap. Sy laaste toelae (daar was nie salarisse) was R50. Om hierdie naam verander te kry skyn ‘n probleem te wees want dit is nie een van Trichardt se hoofstrate want dit is waarvoor gemik word. Die hoofstraat is ook verander na die een wat ‘n aanval geloots het op SASOL en sy onskuldige werkers. http://www.dmv.gov.za/wp/index.php/honouring-richard-barney-molokoane/ Ek en my vrou kon op Evander daardie nag in 1985 die ontploffings hoor. Die aanval was onsuksesvol. Soos gewoonlik ook met die Kerkstraatbom en Magoo’s Bar ens. was onskuldiges geteiken in lyn om leed aan te doen.

Cherokee ·

Peet, die inloop na die N4 vanaf Stangerstr in Durban heet nou ook na daardie Missis van Joe Slove, by name Ruth First.

JPV ·

Die land word deur terroriste regeer. Wat verwag julle. Om te dink ons betaal belasting vir terroriste……

Jannie ·

Ag siestog…gee enige ander groepering aanstoot…tog net nue die Jode nie!!! Voel maar altyd net jammer vir hulle!!!

Piet Piet ·

Ai Jannie, ek weet nie of jy Christen is nie. Indien wel, as dit nie vir die Jode was nie, sou jy nooit n Christen gewees het nie. Go figure

bollie ·

Piet Piet – Is jy bewus daarvan dat slegs ‘n bitter klein persentasie van Jode Christene is? Slegs 2% van Israel se bevolking is byvoorbeeld Christene. Ek vind dit interessant dat God se sogenoemde uitverkore volk nie eintlik Christene is nie. Laat mens dink né.

Jannie ·

Jy’s saam met die “kerke” verdwaal met die leuen daf die Jode “God se uitvetkore volk” is!!! Liewer die sinagoge van satan!!@

Katvis ·

Wat van Bonny & Clyde rylaan, Billy the Kid rylaan, Witwolf rylaan, Bin Laden rylaan, Daisy de melcke rylaan, Witchdoctor rylaan, OJ simpson rylaan ens. ens

jaco ·

die vreemdste naamsverandering vir my was Modderdamweg wat verander is na Robert Sobukwe. ek het niks teen die verering van Sobukwe nie, maar watse aanstoot was daar nou in die naam Modderdamweg?
en dan ook: die naam is verander terwyl Helen Zille burgemeester van Kaapstad was. sy is wit en ‘n sogenaamde “settler”, terwyl Sobukwe begin het met die slagspreuk van “one settler one bullet”.

klomp goed maak nie meer vir my sin nie.

Manie ·

Húlle het nie n behoorlike verlede en voel so agterlik dat húlle n straat na enige onheilige sal vernoem net om te dink húlle het darem ook n verlede gehad

John ·

Wat het die Palestyne met SA uit te waai? Hierdie aksie laat mens sien wat in die koppe van sekere mense aangaan. Maar dan wil die ANC geld he van maatskappye wat deur Jode bestuur word. Hoekom is die ANC so opgesit met die Palestyne? Dis uiters vreemd om terroriste te bewonder… gevaarlik. Aan wie behoort die land nou eintlik? En daar word van eenheid en handevat gepraat en verbeterde etiese standaarde. ‘n Swartkomedie ten beste.

Elsa ·

Totaal en al ‘n minderwaardigheidskompleks. Met naamsverandering probeer hulle hul self ophef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.