VF Plus ook boos oor Ekurhuleni-besluit

Jennifer Rautenbach, VF Plus-raadslid in Ekurhuleni. Foto: Facebook

Die VF Plus het sy stem gevoeg by partye en organisasies wat ontstoke is oor die Ekurhuleni-metroraad se besluit om vier eiendomme aan die Oos-Rand te probeer onteien sonder vergoeding.

Jennifer Rautenbach, VF Plus-raadslid van Ekurhuleni, het Vrydagmiddag gesê haar party sal ondersoek instel na die aangeleentheid. “Ons sal vrae vra om vas te stel presies wat die situasie is, en of die eienaars wel vrywillig afstand gedoen het van hul grond en of hulle gedwing gaan word om dit af te staan.”

Die metroraad het Donderdag met 109 teen 77 stemme besluit om vier eiendomme sonder vergoeding te onteien, waarvan drie aan privaat eienaars behoort en een aan die staat.

Mzwandile Masina, Ekurhuleni se burgemeester, het op die raadsvergadering beweer die drie private grondeienaars het ingestem om vrywillig afstand te doen van hul grond. Phillip de Lange, DA-leier in Ekurhuleni, het vroeër aan Maroela Media gesê van die grond word reeds deur plakkers beset.

“Die VF Plus is gekant teen onteiening sonder vergoeding” sê Rautenbach, “en het sy teenkanting duidelik teen die besluit uitgespreek. Die party sal toesien dat Artikel 25 van die Suid-Afrikaanse Grondwet korrek toegepas word in dié verband.

“Burgemeester Masina is duidelik besig met niks anders nie as politieke propaganda [in die aanloop tot die nasionale verkiesing].”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Domkop ·

Hoe onteien mens staatseiendom? Seker net soos jy konfyt in ‘n toe blik sit.

Cherokee ·

Domkop, terwyl ek jou vraag lees, verskyn die besef in hierdie slimkop se gedagtes, dat jy en ook eienaars is van daardie staatsgrond. Ons moet dit nie toelaat nie.

Hans ·

Jy gee staatsgrond máhála vir ‘n ‘tsjhô-mie’ van jou!

Blommie ·

Hoe werk “sonder vergoeding” as ek gelees het dat die staat n plaas (boerdery) van n X bedrag werd n baie kleiner X bedrag wou gee om te gebruik vir n steenkool aanleg. Beteken dit dat as mens nie die belaglike X bedra aanvaar nie dan vat hulle hom net?

Ek vra net n blote vraag want ek verstaan nie mooi nie. Anders kan ek nie verstaan hoekom mense soos in hierdie berig, hul eiendom “vrywillig” sal opgee nie.

RM ·

Al vat jy minder beteken dit nie daar is geld in jou sal nie. Die geld kom net nooit deur nie.

Ben ·

Sonder vergoeding….. mmmm,,,, Die grondwet is nog nie gewysig nie – dus onwettig. Of beteken dit nou ons hoef nie meer te betaal nie – Salarisse ook nie. Pasop wat julle saai gaan julle maai.

Lerato ·

In Hillbrow beoog Herman om eiendom sonder vergoeding te neem. Hierdie eiendom is lank terug reeds gekaap en beteken vir die eienaar niks. Tewens die uitstaande belasting is ‘n groot kopseer vir die eienaars

Herman beoog om hierdie geboue om te skep in higiëniese leefbare ruimtes tot voordeel van die hele stad.

Sarel ·

Onteining het nooit die stig van plakkerskampe in gedagte nie. Wys maar net sommige se kortsigtigheid.
Die probleem in SA sal altyd voortduur, die kultuurverskil is net te groot. Die een kant bou op en gaan vorentoe, die ander vernietig tot daar niks is nie en beweeg dan na die volgende waar daar nog iets is om te vernietig.

Danny de kock ·

Duideliker as dit kan ‘n mens dit nie beskryf nie

Swartwolf ·

@lerato: Herman se plan en realiteit is ver verwyder van mekaar. JHB se middestad is selfde as meeste ander groot Afika stede – dwelm; geweld en prostituut hool. .Dalk moet hy eers die “illegal visitors” wat die misdaad bedryf eerste deporteer voor hy hoop om “higieniese” middestad te skep. Die konsep en Afrika is in konflik.

RM ·

Die siekte van “jy het so baie, gee my alles”. Vergeet van ‘n leeftyd se werk en stadig af betaal. Nou ja, as jy nie luister nie dan moet jy voel. Die lewe leer ons almal. Mnangagwa het vir Trump die Victoria valle aangbebied vir ontwikkeling. Die land daar is baar gestroop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.