VF Plus sal volhou met stryd teen E-Tolwet

Argieffoto

Argieffoto

Die VF Plus het Maandag in ʼn verklaring gesê hy stem saam met die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) dat die ondernemings van adjunkpres. Cyril Ramaphosa nie strook met die regulasies oor nuwe e-tol-tariewe wat verlede week in die Staatskoerant gepubliseer is nie.

Volgens Anton Alberts, woordvoerder van die party, moet die regulasies eers deur ʼn openbare konsultasieproses gaan alvorens die gewysigde Sanralwet na die parlement verwys word vir insae.

Hy het gesê die VF Plus sal dan sy parlementêre rol speel deur die verskille tussen die adjunkpresident se voorgestelde tariewe en die regulasies uit te lig en die ANC daarmee te konfronteer.

“Die gewysigde Sanralwet wat hierdie regulasies moontlik maak, was tydens sy opstelstadium in die parlement juis gewysig danksy voorleggings deur die VF Plus om seker te maak dat voorsiening gemaak word vir verpligte openbare deelname en voorleggings voor die parlement,” het Alberts bygevoeg. “Die VF Plus sal dan in die parlement gebruik maak van hierdie geleentheid wat hyself geskep het om die regulasies te behandel om seker te maak dit reflekteer wat adjunkpresident Ramaphosa gesê het.”

Ander aspekte wat ook bespreek gaan word, is die feit dat korting van 60% gegee gaan word aan mense wat uitstaande rekeninge het, maar dat dit nie geld vir mense wat reeds betaal het nie. “Dit is ʼn duidelike vorm van arbitrêre diskriminasie wat aangespreek moet word,” het Alberts verduidelik. “Uiteindelik glo die VF Plus steeds dat die hele e-tol-stelsel ten spyte van die toegewings nie enige bestaansreg het nie, aangesien dit enersyds nie legitiem is in die oë van Gautengers nie, en omdat dit ongrondwetlik is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ig ·

Ek hou van die E tol se koeverte want onoopgemaak steek dit n braaivleisvuur lekker aan die brand.

Piet Pompies ·

Ons woon in die Laeveld en het gister ‘n e-tol rekening deur die pos gekry met ‘n total van R645. Die rekening bestaan uit ‘n klomp nonsens, dit lyk of iemand honde mis opgetel het en nou dink hy hy gaan goud kry daarvoor. Ek wonder hoeveel mense kry sulke klomp snert van e-tol af. Asblik toe met jou!

Frik Lotz ·

Die VF Plus doen uitstekende werk. Hou vol daarmee en hou aan om te veg vir ons regte.

neelsie ·

Dankie VF Plus.
Laat ons saam die rowery beveg….Moenie betaal nie!

neelsie ·

Dankie VF Plus.
Saam beveg ons die rowery..moenie betaal nie!

Tommie ·

Die ANC regering kan nie vetrou word nie-
Waardes:
1. Leuens
2. Geen intergiteit
3. Korrup
4. Rassistiese ideologie
5. Bevorder rasse divisie
6. Onderdruk minderheids groepe
7. Lui – onvermoe om basiese dienste te lewer
8. Ondermyn die regstelsel

Se Maar Net ·

Tommie, dit is vir jou nou eenvoudig uitstekend gestel.
Ek wil lag, maar dit is nie ‘n grap nie, maar hel dit is die waarheid, en ons leef, en beleef dit daagliks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.