VF Plus se Gauteng-leier tree uit

Jaco Mulder

Jaco Mulder

Jaco Mulder, die Vryheidsfront Plus se leier in Gauteng, het sy uittrede uit die politiek aangekondig.

Mulder sê in ‘n verklaring dat hy reeds ‘n geruime tyd oorweeg het om na die verkiesing uit die politieke te tree. “Na ’n hele aantal gesprekke met my gesin, familie, vriende en rolspelers oor ’n tyd het ek besluit dat dit nou na die verkiesing en voor die aanvang van die nuwe termyn die gepaste tyd sal wees.”

Mulder sê hy gaan intussen voortgaan met die uitbreiding van sy sakebelange. “Ek het die afgelope 20 jaar die party en die saak waarvoor die VF Plus staan met ywer gedien, sedert Februarie 2003 as leier van die party in Gauteng en later as lid van die Gautengse Wetgewer. Ek neem dus nie die parlementêre setel vanuit Gauteng op nie.”

Mulder sê hy bly ’n trotse lid van die VF Plus. “Ek sal my bly beywer vir die regte van ons mense en veral voortaan fokus op die behaling van selfstandigheid in die Noordwes-Kaap. Dankie aan almal met wie ek die afgelope 20 jaar kon saamwerk. Ek bid die leierskap en elkeen in die VF Plus krag, wysheid en genade toe met die taak wat wag.”

Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, het in sy reaksie sy dank en waardering teen Mulder uitgespreek. “Jaco Mulder het sedert hy leier van Gauteng geword het, die VF Plus in die provinsie baie suksesvol uitgebou tot die vierde grootste party in Gauteng bokant die ACDP, IVP en talle ander partye. Hy het as voorsitter van die VF Plus se strategiekomitee ’n groot rol gespeel in die herloodsing van die party voor die 2014-verkiesing. Hiervoor is ons hom baie dank verskuldig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Erich Goosen ·

Mulder se optrede is verstaanbaar. Hoekom energie en tyd mors met ‘n party wat net 1% van die kiesers trek.

Rudi Jansen ·

Dis jammer dat die harde werk wat die VF+ vir die boere en blanke minderhede gedoen het nie beloon was in die vekiesing nie. Hul het met hul 1% steun in 2009 verkiesing meer gedoen as enige ander party. Dankie Jaco Mulder

catryn ·

Sterkte Jaco wat jy ookal wil uitbrei.

Persone wat dink die VF+ doen niks vir hul mense nie, kyk na die resultate, en dit met so min geld tot hul beskikking, terwyl die regerings betaal word, maar vir niks, of altans, die X en sosiale toelaes.

Die VF+ gebruik nie ‘n fontein van immigrante om hulle te ondersteun nie, dis hoekom die ander 3 groot partye daar is. Afrika is mos in Suid-Afrika en binnekort is dit China in SA. Sterkte aan daardie partye wat so loshande die immigrante in SA probeer bedien. Julle ry op die rug van apartheid, maar bly in jul eie gemaakte rasgebaseerde apartheidswette, selfs die Trustwette wat julle saam die a n c ingebring het, is APARTHEID. Belowe swart kleingelowiges grond, maar hou die trustgronde onder “communal rights”. Gerieflik.

Die VF+ is nie ‘n party wat rassistiese wette aanhang en nog minder slawe van die a n c se koninkrykie en korrupte netwerke nie. DA en ander ry op die a n c se rassistiese wette. Die SEB, RA en al die ander wette is ingestel deur meerderhede van SA, in samewerking met al die immigrante, om hulle teen minderhede in SA te beskerm.

Die VF+ staan op vir minderhede se menseregte, wat nie een van die ander doen nie.

DA is slawe van die a n c, nes die ander wat rasgebaseerde wette ondersteun, hulle se spring: julle vra hoe hoog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.