Die Gautengse provinsiale regering se tweejaarplan om die gehalte van dienslewering by 40 polisiestasies in die provinsie te verbeter, is grootliks onsuksesvol.
Dít volgens VF Plus-lid van die Gautengse wetgewer Kobus Hoffman, wat Dinsdag gesê het die plan behels onder meer dat sekere polisiestasies hul misdaadsyfers met 50% moet verminder. Hy het gesê syfers wat onlangs bekend gemaak is, wys slegs ʼn geringe afname by sekere polisiestasies.
“Luidens ʼn verslag van die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid wat aan die betrokke portefeuljekomitee voorgelê is, is daar personeeltekorte by polisiestasies omdat 1 122 lede gedurende die 2018-’19-boekjaar die diens om verskeie redes verlaat het,” het Hoffman gesê.
“Slegs 588 studentekonstabels is intussen aangestel wat duidelik lei tot ʼn groot personeeltekort en ʼn leemte in kundigheid en ervaring.”
Die komitee het ʼn oorsigbesoek aan polisiestasies in Akasia, Atteridgeville, Etwatwa en Boksburg gebring, waar daar met stasiebevelvoerders vergader is.
“Die beskikbaarheid van voertuie is ʼn groot uitdaging weens beperkte begrotings en onderdeleverskaffers wie se kontrakte verval het. Baie polisiestasies het nie geskikte voertuie om klagtes te ondersoek of patrolliewerk te doen nie. Die tekort aan ammunisie en evaluering het tot gevolg dat beamptes nie genoeg vuurwapen-opleiding ontvang nie, wat daartoe lei dat 50% van die polisiebeamptes onbevoeg is om vuurwapens te hanteer,” het Hoffman gesê.
Volgens hom veroorsaak dit dat speurders in die provinsie dikwels meer as 100 dossiere op ʼn slag hanteer. In sommige gevalle is dié getal so hoog soos 300 dossiere vir ʼn enkele speurder. Die VF Plus sê dit is ʼn onbegonne taak.
“Nie alle polisiestasies het aanhoudingselle nie of selle is ongeskik en verhoorafwagtendes moet na naburige dorpe geneem word.”
Hoffman sê die party sal voortgaan om druk te plaas op die Gautengse kommissaris van polisie, lt.genl. Elias Mawela, asook die LUR vir gemeenskapsveiligheid om planne in werking te stel sodat elke polisiebeampte in Gauteng sy werk na behore kan doen.
Die hele ANC is n mislukking
Amen. Kort en bondig.
Bheki Cele het nie ‘n benul wat om hom aangaan nie en kan nie die SAP regruk nie. Bla-bla-bla en niks gebeur nie.
Ja want hulle gebruik S. A. P voertuie vir privaat gebruik en om vullis mee weg te ry en ons betaal vir die brandstof
Ja, daar is n terminale tekort aan polisiemanne as n kolonel die werk van n sersant in die aanklagte kantoor moet doen, ????????????
Ek was 11 jaar in die “diens” as GO en Moord speurder, nooit bevorder en toegegooi onder die werk oor ek my werk kon en wou doen… Ek het ook geloop om beter vir my gesin te kan sorg. Dit was al 5 jaar terug, en daar was amper niks oor van die Polisie nie… dink hoe gaan dit nou
Dassie, ek is baie bly dat jy beter werk kon kry. Die gewillige hande en die een met die ervaring, word min waardeer en bevorderings is slegs vir die uitgesoektes. Sterkte vorentoe !!!
Stel beamptes uit die plaaslikke gemeenskap (naby aan die polistasies) aan. Kan dit werk? Dan ken hul tenminste die mense se kultuur en kan moontlik die plaaslikke taal praat. Ek pes dit om met ons plaaslikke polisie te werk want hul voel vere vir ons.
Uit vrees vir weerwraak op hulle en hul gesinne indien hulle hul pligte “te goed uitvoer” en nie eerder anderpad kyk nie,dink ek nie dit sal werk nie.
Al wat deesdae verbeter het, is polisie sigbaarheid. Kyk maar op Vrydae hoe wemel die supermarkte van polisiebeamptes wat inkopies doen.( Met amptelike voertuie natuurlik)
Die hele land is ‘n mislukking.
Ja nê, ek wonder hoeveel sulke “planne” daar was om die ou SA se Polisie “reg te ruk”. Wat ‘n flippin grap! Maar ons wou mos ‘n “demokrasie” gehad het….
Enige iemand kon dit vir julle gesê het! Enige iemand wat nog dink dat enige provinsiale of die nasionale regering se planne op sukses sal uitloop, het verseker ‘n vakuum tussen hulle ore!
Anc = baie praat en beloftes maak …maar die teenoorgestelde gebeur …kyk ma na die werk wat belowe was oor al die jare ….werkloosheid op en op en op …jaarna jaar …..die anc is n totale mislukking !
Ek bly reg oorkant ‘n polisiestasie en voel onveilig. Ek betaal steeds privaat sekuriteit om ons en ons plek op te pas en hier te patrolleer. Dit se nogal heelwat rondom vertroue in die SAP…….
Die SAPD is n groot grap. Afgesien van die tekort aan amunisie en personeel is meeste lede oorgewig en te vriendelik met misdadigers. Dan het meeste lede ook kriminele rekords. Vrot van bo na onder.
Die buurman oorkant die straat word elke vrydag met ‘n splinternuwe Polisie bussie afgelaai . Dan haal hy twee lewendige hoenders aan hul pote uit en slag hulle net daar . Neem ‘n video , dan word jy geteiken . Ashoop land !
Ek is nie verbaas dat alles wat die ANC regering bestuur ‘n gemors is nie. Kom jy by polisiestasies soos Sundra in Mpumalanga wag jy tot ‘n uur net om ‘n klag te lè. Jy kan nie ‘n noodgeval he nie want dan kom die polisie as jy gelukkig is 2ure of as hul wel opdaag. Die polisie voertuie word of as taxis gebruik of vir persoonlike doeleindes. Die polisie werknemers het nie meer trots in wat hul doen nie. Indien jy in die polisie diens is omdat jy ‘n verskil wil maak aan die misdaad good for you indien nie soek ander beroep.
In Japan werk alles maar in SA werk niks nie. In die ou SA het alles ook gewerk.
Skiet nou net ‘n inbreker dan kyk jy hoe vining kry hulle ‘n voertuig om jou te kom arresteer
Ek wag al langer as twee maande vir ‘n vuurwapenlisensie. Hoe groot werk kan dit wees om ‘n wapenlisensie uit te reik. Dalk is hul plastiekkaarte op. Ek was baie jare gelede in die polisie maar vandag sal ek net ‘n huisbraak rapporteer indien die assuransie dit vereis.
Dit is nie die kwantiteit nie maar die kwaliteit ,werf nuwe rekrute uit die polisie area soos die sherrif departemente in die VSA en skrap die diskriminasie van kwota aanstellings gebaseer op velkleur.