VF Plus se steun neem toe

Dr. Pieter Groenewald. Foto: VF Plus

Die VF Plus het teen Donderdagoggend al byna soveel stemme gehad as in die vorige verkiesing, met net meer as 33% van stemdistrikte wat se stemme reeds getel is.

Die VF Plus het Donderdagoggend teen 11:30 reeds nasionaal 140 724 (3,02%) van die net meer as 4,6 miljoen stemme wat al getel is, op hom gevestig. Die party het toe in die vierde plek gelê ná die ANC, DA en EFF.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het in reaksie hierop gesê dit lyk of die party sy steun in vanjaar se verkiesing sal verdubbel in vergelyking met die vorige verkiesing. Hy meen sy party se goeie vertoning kan toegeskryf word aan die positiewe aanslag en duidelike beleidstandpunte in sy verkiesingsveldtog.

“Die VF Plus se verwagting was eenvoudig, ons het gevra vir ʼn miljoen stemme. Ons sal kyk of ons daar gaan uitkom, maar ek sal baie tevrede wees met ʼn totaal van 3% van die stemme in hierdie verkiesing,” het Groenewald gesê.

Hy sê volgens die jongste aanduidings lyk dit of die party wel ʼn stempersentasie van tussen 3% en 4% gaan ontvang. Dit sal die VF Plus die vierde grootste party in die land maak.

“Ons het nie soos ander partye gemaak wat sê jy gaan jou stem mors as jy nie vir ʼn sekere party stem nie. Verder het die VF Plus seker gemaak kiesers weet waarvoor ons staan. Die VF Plus se beleide en standpunte is deurgaans duidelik uitgespel.

“Ek het in my hele veldtog ook duidelik voorstelle gegee van hoe die VF Plus beplan om die land vorentoe in die toekoms in te vat.”

Op provinsiale vlak het die VF Plus ook reeds sy steun aansienlik verbeter in die Wes-Kaap. Die party het reeds 34 665 (3,58%) stemme van die net minder as ʼn miljoen stemme wat reeds in die provinsie getel is, op hom gevestig. In die 2014-verkiesing kon die VF Plus net 23 243 (1,07%) stemme in die Wes-Kaap kry.

Die VF Plus het ook reeds sy steun in die Noord-Kaap meer as verdubbel in vergelyking met die 2014-verkiesing. In die Noord-Kaap waar daar teen 11:00 nog net meer as 330 000 stemme getel is, het die VF Plus reeds 12 179 (3,59%) stemme gehad. Dit is reeds meer as dubbeld die 5 761 (1,32%) stemme wat die party in die vorige verkiesing gekry het.

Die VF Plus het ook reeds meer stemme in die Oos-Kaap en Mpumalanga gekry as tydens die vorige verkiesing.

Groenewald het gesê hy en sy party het nog altyd sterk in die parlement vir minderheidsregte opgestaan, iets wat ook lyk of dit nou vir die party vrugte afgewerp het.

“Ons is die enigste politiek party wat dit doen en dit sluit die regte van bruin en Indiër kiesers in, wat ook in die minderheid in hierdie land is. Die VF Plus het nog altyd gevra vir dat almal gelyke behandeling moet kry. Iets waarvoor ons ook nog altyd opgestaan het, is dat wit en Afrikaner kiesers se regte moet erken word. Hulle is nie die sondebokke vir die ANC se foute nie.”

In die algemene verkiesing in 2014 het die VF Plus nasionaal 165 715 (0,9%) stemme getrek en sodoende vier setels in die parlement gekry. Die party het ook ’n setel in Noordwes bygekry en al sy vorige setels behou en dus verteenwoordiging in Gauteng, Vrystaat en Noordwes gehad. In die algemene verkiesing in 2009 het die VF Plus nasionaal 146 796 (0,83%) van die stemme gekry.

Só het die VF Plus provinsiaal gevaar in die 2014-verkiesing:

 

ProvinsieAantal stemme %
Gauteng58 1221,27%
Wes-Kaap23 2431,07%
Limpopo10 2690,67%
Noordwes18 1201,61%
Noord-Kaap5 7611,32%
Oos-Kaap8 7710,39%
KwaZulu-Natal9 6870,25%
Mpumalanga11 7070,85%
Vrystaat19 8371,92%

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

100 Kommentare

japie ·

Mooi so VF Plus, julle het die arrogante DA bloedneus geslaan!

Poot ·

@japie
Whaaaahahahaha….. bloedneus sê jy ou japie. Watter boksgeveg kyk jy?
Die VF+ is “nowhere”

Hendrik van George ·

VF+ gaan minder as 3% van die stemme kry. Whoop de dooo! Gaan hulle enige verskil kan maak vir die Afrikaner – Neee!

Pieter du plessis ·

Ons is VF+ ons is trots daarop ek hoef nie skaam te wees om my kinders in die oë te kyk waneer hulle vra hoekom hulle nie in hulle moedertaal mag studeer nie,ek het nie da/eff gestem nie

Siestog! ·

Ja Hendrik/poot ek stem eerder vir n party wat my belange in ag neem en kom nerens voor ek my siel aan die Satan verkoop soos jy en in elk dit twee keer so erg soos ek gaan kry
…Jy sal met jouself moet lewe nie ek nie… mooi ouboet mooi vir jou…hoop jy is baie trots op jouself….DA antiblank en n blanke stem vir hulle…genade wat se dit van jouself!

Jakes Jacobs ·

VF+ se stem persentasie het gestyg. Mens stem vir jou party om setels in die parlement te kry en om ons daar te verteenwoordig. As ons almal gedink het dat dit ‘n klein party is wat niks beteken nie, dan wil ek sê, skud daai negatiewe brein en ons kon nog verder gekom het en dalk die EFF in die stof laat blyk het. Ons is nog in twee stryd, maar is positief. Ons is daar.

DeVill ·

Ek het VF+ gestem hierdie keer en is baie bly vir hulle prestasie sover.

Maar, ek het wel ‘n sms ontvang die dag voor die verkiesing vanaf die VF+ waar hulle sê jy moet nie jou stem mors op ‘n party waarmee jy nie saam stem nie. Dit lees “Moenie jou stem mors op ‘n party waarmee jy nie saam stem nie.”

So Mnr. Groenewald julle het ook, soos die DA, van stem mors gepraat. Jy is dus oneerlik as jy sê julle het nie.

Lindie ·

DeVill- Hoe stem jy vir enige party groot Of klein en jy weet nie waar Voor hulle staan nie?
Maar om te sê MOENIE vir ‘n kleiner party stem nie omrede jy jou stem mors, is total iets anders!
Die eerste is bloot logika tweede sterling Klink soos manipulasie!

CHAPPIES ·

Devillllll…álle politici en partye lieg maar so biki jong,hehehe ?

Skerpioen ·

Hierdie was nie my eerste keer wat ek vir die VF+ gestem het nie. Ek het geen so in sms vanaf hulle ontvang nie. Maar die DA het my wel 3 kere gesms al het ek hulle nou al hoeveel kere gevra om my nr van hulle data-basis te verwyder. Ek is baie trots op VF+.

Cherokee ·

DeVill, jy was skerp toe jy VF gestem het. Moet nie nou stomp raak nie. Wat Pieter sê en wat jy lees is twee kompleet verskillende dinge. Die VF het nie gesê jy mors jou stem as jy nie vir ‘n spesifieke party stem nie, want kaolisies word gevorm en jou stem kan steeds tel. *Maar jy mors jou stem as jy teen jou eie inbors stem, as jy vir ‘n party stem waarmee jy nie saamstem nie, WANT jy het die geleentheid (gehad) om te stem vir dit waarin jy glo.* Dan was dit die vermorsing van ‘n geleentheid waartydens jy kon stem soos jy graag wil hê dinge moet wees. En as jy dit nie doen nie, het jy daardie geleentheid vermors. Ek hoop jy verstaan dit hierdie keer.

Marius ·

@Poot: Die VF+ is in die parlement om minderhede te verteenwoordig. So: “Whoop de doooo”! Dit gaan op hierdie stadium om verteenwoordiging in die parlement te versterk om minderhede soos JY te verteenwoordig – en hulle het dit reggekry.

Charles ·

Dank die Here!

Mooi so VF Plus, nou het julle ‘n mandaat om namens onse Afrikaanses te veg en die Afro-Marxiste in hul spore te stop! Hoera!!!

Zenithia ·

Baie geluk VF julle results lyk goed. EN. .julle kan 4de plek behaal✅

Dries du Toit ·

DeVill dit is wat hulle noem slaan terug. Slaan terug op die DA se oproep van n stem vir n kleiner party is n mors van stemme

Dries du Toit ·

Die verskil is dit is die waarheid dat jy waaragtig jou stem mors as jy vir n party stem waarmee jy nie saamstem nie. Is dit nie waar nie ????

Jan ·

Mooi so! Mens moet onthou dat al die swart “tuisland” areas se stemme baie keer laaste inkom en gestel word, dus sal hulle onder 3% kry. Ek sal tevrede wees as hulle 2.5% stemme kry en 8 tot 10 parlementslede het.

Boerboel ·

Mooi so begin Solank vir ons n, plekkie soek waar ons ons eie ding kan doen.

Nagmaalwyn ·

Nou moet die beloftes nagekom word. Hopelik sal die kiesers hier rekord hou.

JSG ·

Wel, die VF+ sal beslis. Weet nie so mooi van die ander sirkus narre. Hulle is mos net in die politiek vir mag en geld, basta met iets doen. Kan nie heeltemal dieselfde van die VF+ noem.

Andreas ·

Kom ons hou duime Dr Groenewald, mag jou en ons drome waar word.

pinkie ·

Lyk my baie mense se oë gaan oop en stem nou VF+. Net jammer baie wat so lekker DA stem het nog nie werklik gelees waarvoor die DA staan nie. Miskien bietjie meer oplees voor jy net stem …

Anti-pinkie ·

HOU OP net om hemelsnaam om julle monde te rek oor die DA!!!
WONDERLIK dat julle trots en oorstelp is, LOS DIE ANDER PARTYE EN MENSE my magtig mens,word groot toe

willem botha ·

Ek VF+ gestem en net vir pinkie die da wat in beheer is van die moot en veral Rietfontein het swakker gedoen as toe die anc in bewind was.

Gert ·

Ongeag hoeveel stemme die VF+ kry, my gewete is skoon dat ek vir die enigste morele party (VF+) gestem het en dus nie een van die Afrikaners was wat my eie mense benadeel het nie.

Anne ·

Die VF+ het beslis van die DA se stemme gevat. Well done VF+ !

Jaco ·

Vryheids Front Plus – Julle Ysters!!!
Ek voel trots vandag dat ek deel is van die VF Plus se trotse ondersteuners.
Dit laat my Afrikaner hart trots klop om te weet my kruisie gaan n veskil maak
As mens kyk wat die VF Plus uitgerig het met die 4 setels van 2014 se verkiesing, dan le net goeie dinge voor. Ek vertrou die is die begin punt en dat die VF Plus op die fondasie gaan voort groei en Hopenlik met die volgende nasionale verkiesing dat die VF Plus weer sal verdubbel in steun.
Dis hoogtyd om uit ons beginsels te kan staam staan en dit het nou en hier begin.
Wel gedaan VF Plus

Piet Pille ·

Baie trots op julle, ek het beslis nie my stem gemors.

Jerry ·

Dit het die VF baie gebaat om ander minderheidsgroepe in te sluit. Die feit dat te veel witmense nog steeds nie huis toe gekom het nie dui egter daarop dat die VF deeglike en eerlike introspeksie sal moet gaan doen en sal moet bepaal wat die diepliggende oorsaak of dalk oorsake van die probleem is en dit ernstig opneem, aanspreek en regstel. My beskeie opinie is dat een van die oorsake defnitief te doen het met die mate van regse sentiment wat steeds teenwoordig is by die VF deur die onvoorwaardelike steun wat toegedig was aan Solidariteit se gebruik van Steve en die se standpunt van veralgemening van swartmense en wat verdere verdeeldheid onder witmense en witmense teenoor swartmense, tot gevolg gehad het. Die meerderheid regdenkende wit kiesers wil vooruitgang sien mbt die verbetering en herstel van verhoudinge en met verdraagsame standpunte tussen witmense en tussen witmense en swartmense. Enige optredes wat lei tot verdere verdeeldheid en tot swakker verhoudinge, skrik die wit kiesers af! Die VF sal dus oor die volgende 5 jaar moet wys dat hy ernstig is om die regte dinge reg te doen deur nie net verkeerde optredes van andere te veroordeel nie, maar ook die verkeerde optredes uit eie geledere te veroordeel en nie weer die fout herhaal, deur dit te prys nie.

Lerato ·

Ons hoor dikwels dat geen stem vermors word nie. Dis tegnies nie heeltemal korrek nie.
Sou ek vir party ABC stem en die party behaal net nie genoeg stemme om ‘n setel te verower nie, het ek my stem gemors.

Derek ·

Nou wat nou?
Het vf+ die verkiesing gewen soos julle aangaan hierso?

Johan ·

Ja, blykbaar is Groenewald en kie op pad hardeware winkel toe.
Hulle gaan die naweek al hul volkstaat afmeet!
Vermoedelik die grootte van Canal Walk se parkeerarea! LOL

Wessel ·

Hulle het maar net hulle steun met 3X vergroot, vergeleke met 2014. Vir enige regdenkende persoon, sal dit ‘n prestasie wees.

Dawid ·

Ek gun hulle,hulle vreugdevure…maar kan die liewe vf+ plussers nou nie maar OPHOU MONDREK oor ander mense en partye wat nie vir hulle stem nie…???

schaun ·

Nee nie gewen nie maar gegroei en nie verswak soos die da/eff koalisie nie of is dit nou deff.

Wim Kotze ·

Ja Johan, jy sal nou verder moet stap. Weet net nie of jy veilig sal wees op straat in daardie geweste nie. Kaapse owerhede sal seker ook maar net toekyk as jy soos die skaap geslag word.

japie ·

Bloedneus beteken nie uitgeslaan nie, maar seergekry. Die DA het inderdaad seergekry in terme van steun onder Afrikaners wat die VF+ van hulle weggevat het . Ek is dus heeltemal geregtig om die uitdrukking te gebruik!

japie ·

Bloedneus beteken nie uitgeslaan nie, maar seergekry. Die DA het inderdaad seergekry in terme van steun onder Afrikaners wat die VF+ van hulle weggevat het . Ek is dus heeltemal geregtig om die uitdrukking te gebruik!

Anoniem ·

Baie bly VF+ ook vir hulle gestem hoop dit gaan n verskil maak in hierdie land van ons.

Jean ·

Dit lig het aangegaan vir ‘n paar mense. Baie geluk. Persentasie gaan egter merkwaardig daal, soos die ANC en EFF agterosse se mees gewilde stemlokale se uitslae bekend gemaak word. Dit geld natuurlik ook vir die DA. Duidelik dat die ANC die hef steeds volkome in die hand het.

Rina Kotze ·

Veels geluk aan die Vryheidsfront plus!

Mag julle sommer derde eindig algeheel.

Anders as die res, het jul GEEN beloftes gemaak nie, want ons weet almal, sulke beloftes word NET NIE NAGEKOM na die verkiesing nie.

Mag die voorspoed en sukses julle harde werk beloon wat ingesit is!

Wel Gedaan!

CN ·

Hierdie jaar is die eerste keer wat ek NIE vir die DA stem nie maar wel vir VF+ Ek is bly om te sien dat heelwat ander dieselfde skuif gemaak het.. Hopelik teen die volgende verkiesing verdubbel die stemme weer :)

Judge Dredd ·

Doen so voort VF+. Julle moet net nog meer inklusief vir ander minderhede word en sodoende ‘n nog groter “voting block” vorm.

Laat die DA maar swart stemme jaag.
Wanneer dit by koalisies kom dan sal hulle maar by VF+ moet kom smeek.

Cherokee ·

Ek lei af Judge Dredd, jy het nie James Selfe gelees. Hy praat namens die DA en sê hulle vorm slegs koalisies met politieke partye wie nie veel van hulle verskil nie. Dan komplimenteer hy die EFF, vertel hoe lekker hulle saamwerk en maak voorspraak vir opvolg koalisies met hulle.

Koalisie gier ·

En saam met wie sal die VF+ koalisies vorm, om ten minste beduidende slaankrag te hê, behalwe die DA?
Bietjie skynheilig vir die VF+ om die swart magsbasis van die (anti-blank volgens algemene opvatting hier) DA te gebruik, maar as die DA die EFF gebruik om die ANC (soos in PE) uit die stoele te lig is hulle oneties. Practice what you preach.
Politiek bly politiek – daar is min plek oor vir morele hoëgrond as dit gaan oor oorlewing.

Gaitsigubib ·

In die kol Cherokee, ek wens so die DA stemmers hoor jou! Die toesprake wat hul leier in aanloop tot die verkiessing gehou het, klink kompleet of Melema self die praatwerk doen. As ek sou gestem het sou ek baie eerder my kruis trek by die ANC as by die DA – hulle is minder rassisties. Toe die NP met die ANC saamsmelt het dit die stemmers ook maar n ruk gevat om wakker te skrik. Nou gebeur dit weer. Ek sit en wag om te sien of ons n “Nuwe DA” gaan sien. Ek word gereeld gekritiseer dat ek nie stem nie, maar liewe aarde so sal ek my nie laat misbruik nie (ek meen deur die DA)!

Andre C ·

Mooi so VF , dit is n goeie sprong , Ons wat van die DA oorgeloop het se plek is ingeneem deur kiesers wat van die ANC oorgeloop het (met hul onveranderde verwagtings).

Dawid ·

Ek gun hulle,hulle vreugdevure…maar kan die liewe vf+ plussers nou nie maar OPHOU MONDREK oor ander mense en partye wat nie vir hulle stem nie…???

Judge Dredd ·

…….en tog wil jy jou mond rek oor die VF+ en hul ondersteuners – ironies……

hannes ·

Ek weet van ten minste 30 kiesstasies wat deur VF gewen is. Vorige verkiesings geen. En net 40 persent al getel. Kan nog n klompie wen.

Diana ·

Van wanneer af kan een party vir ‘n ander stem????

Bietjie confused???

Dries du Toit ·

Dawid ons sal nog bly skree omdat jy nog nie by ons is nie . Ons het jou ook nodig

connie ·

100% agter die VF+ gaan groot trots op julle. Julle sal weer my stem kry soos in die verlede.

Judge Dredd ·

As die ANC en EFF twee derdes meerderheid kry dan hoef jy ten minste nie te wonder nie. Dan moet jy weet dis as gevolg van mense soos jy.

Theoman ·

Dit is van selfsprekkend dat ons VF PLUSERS verheug is oor die groei van ons party, dit is ook so dat ons dankbaar is vir elke stem wat ons kant toe gekom het, weereens bewys dit dat n mens hom/haar vereenselwig en omring met sy eie mense. Dit gebeur netso in die EFF, dis nie rasisties nie dit is n natuurlike verskynsel. Soort soek soort. Ek voel baie meer tuis in die VF+ as in enige ander politieke groep/party. Dis my mense waarop ek kan staatmaak en waarvoor ons n mandaat gegee het om “terug te slaan” vir minderheids groepe

jaco ·

hulle het 425 000 stemme in 1994 gehad
vreemd dat dit so verminder het oor die jare, alhoewel ek weet baie wit mense het SA verlaat en daars ook wit mense wat dink soos die VF-Plus, maar eerder DA stem. Terloops, dit het Dr. Mulder self vir my gesê.
Maar dan tog: Afriforum, wat 99% dieselfde dink as die VF-Plus, het 500 000 lede. So trek nou die VF-Plus se 165 000 stemme af van daardie 500 000, dan is daar 335 000 van ons eie mense wat nie VF-Plus stem nie. ek WEIER om te glo dat hulle almal DA stem.
Dis maar net die ou ou ding van ons Afrikaners: ons kan nie saamstaan nie en ons is gou om belangstelling te verloor. Maar dis SO lekker om te kla oor alles wat skeefloop.
Einlik help ons eie mense maar ons eie ondergaan aan… Ek hoop 2019 verkiesing is n draaipunt na iets meer posetiefs vir die VF-Plus.

Nico ·

Dankie Jaco, jy het ‘n pragtige objektiewe opsomming gemaak waar die probleem lê…

Cindy ·

Baie jammer,vf+ lede te aggressief en krities met die tonge,teenoor ander!
Hahaa…ek dog hulle het die verkiesing gewen, toe sien ek noueers dis steeds baie swak

Lerato ·

Jaco
Ja neef die ding van saam staan kom al van die depressie jare af. Toe het die saam staan gesê. Koop by die Afrikaner winkel die Afrikaanse dokter ens.
Die Voortrekkers kon ook nie saam staan nie, want die een sê. Ons trek oos en die ander een sê trek wes. Wie moet nou met wie saamwerk.
Ek sê, en meer blankes sê. Ons moet met gematigde swart mense saamwerk. Gematigdes soos in die DA. Die tyd van ‘n eksklusiewe party, veral as dit ‘n wit party is, is verby.

Lerato ·

Baie geluk VF+met julle winste. Ek glo en hoop en vertrou dat julle ook nes die DA, die ANC sal hof toe sleep as hulle die grondwet bedreig.

Vir die VF+ wil ek sê. Put your money where your mouth is.

Cindy ·

Baie jammer,vf+ lede te aggressief en krities met die tonge,teenoor ander!
Hahaa…ek dog hulle het die verkiesing gewen, toe sien ek noueers dis steeds baie swak

Dienkie ·

@Lerato, ek kon dit nie beter stel nie. Stem saam met jou kommentaar.

Anton ·

Aan al die tjoppies wat nie VF+ gestem het nie, twee vrae:
Steun jy als wat DA en ander partye doen en wie het die Sweizer-Reneke debakel begin plus betoog ook by Kleinfontein?
Ensomeer…

Lizelda ·

Laat ek gou dink… O!! Mnr Mmusi Maimane het mos gese hys nie bekommerd oor d blanke stemme wat hy gaan verloor na sy uitlatings teenoor witmense nie. Nou ja, my kruisie ht ek getrek maar beslis nie vd DA nie. En ek wil d tantrim sien wat hy gaan gooi as die DA Gauteng verloor.

Magda-Magda ·

40 jaar lank vir die Natte en daarna DA gestem asook die onlangse verkiesing vir DA.
VF Plus, in toekoms is my stem julle s’n. Ek salueer julle – so trots op jul en dankie vir dit wat jul doen vir ALMAL in SA!!!

Heksie ·

Ek is bly vir my party se vordering … stadig maar seker kruip ons die leer op tot bo!!!!!!
Wel gedaan Mnr Mulder en die VF+!!! Sterkte vir die pad vorentoe, ek sal vir julle bly bid!

Connie ·

Hoekom het ons Afrikaners nie almal saam gewerk en VF plus gestem nie? Ons werk nooit saam nie. So jammer dan het al die ander partye kennis geneem van ons in die land

Gaitsigubib ·

In die kol Cherokee, ek wens so die DA stemmers hoor jou! Die toesprake wat hul leier in aanloop tot die verkiessing gehou het, klink kompleet of Melema self die praatwerk doen. As ek sou gestem het sou ek baie eerder my kruis trek by die ANC as by die DA – hulle is minder rassisties. Toe die NP met die ANC saamsmelt het dit die stemmers ook maar n ruk gevat om wakker te skrik. Nou gebeur dit weer. Ek sit en wag om te sien of ons n “Nuwe DA” gaan sien. Ek word gereeld gekritiseer dat ek nie stem nie, maar liewe aarde so sal ek my nie laat misbruik nie (ek meen deur die DA)!

Attie. ·

Ek ken 9 mense wat nie gestem het nie. Jehovah Getuies stem nie maar in die Kaap wens hulle die DA moet in beheer bly. Ander Afrikaanse stemme wasook verlore weens slegtigheid. Die ou VP het Admiraal JC Smuts (‘n Britse rang) as leier gehad. Diep in die Britte ingekruip het hy net sy mense as pionne van Britanje gesien. Afrikaanses was bedoel as kanonkos vir die Britse leër. Gelukkig was die Osswabrandwag hier. Deur hulle toedoen kon die hele leër nie slagveld toe gestuur word nie want Admiraal Smuts was baie bang nog ‘n paar poskantore gaan gesabboteer word. Toe infilteer die Britte die ou nasionale party en nou stem die Britte vandag DA. Ek hoop nie die DA benodig die VF+ iewers in ‘n koalisie nie. Help julleself en ons sal onsself help. Die Jong Afrikaanses moet net volgende verkiesing registreer en almal gaan stem.

Mads ·

DA is pateties! Ek het ook vir die VF+ gestem.

STAAN 100% SAAM JULLE VF+

Attie. ·

Ons moet ons kinders opvoed dat naas godsdiens is poletiek die belangrikste ding in ons lewe. Ons almal wil graag stabiliteit in die land sien maar ons leer nie ons kinders dat dit ‘n plig en ‘n voorreg is om te stem nie. As almal wat in hul harte stabiliteit vir die land soek, wit en bruin en Brits, stem VF+ volgende stemdag, begin noual werk maak daarvan. Ons moet nou ons Hemelse Vader eer en dank vir die manier waarop die verkiesing verloop het. Hy leef en is in beheer van alles wat gebeur op aarde.

Chrisjan ·

Eks bly daar baie mense wie se ogies oopgegaan het en VFplus gestem het.Dis egter duidelik daar is nog BAIE Jingo’s onder ons mense anders sou die VF nog meer stemme gekry het.

Gaitsigubib ·

Attie ek sal nie nou al begin krekkers skiet as ek jy is nie. Stemme vir die VF is wel vir my n goeie indikasie. Ek sal sien of ek volgende verkiessing gaan stem of nie. Jy en Chrisjan het dalk vir my 1 of 2 voorbeelde van waar elders in Afrika n verkiessing iets positiefs tot gevolg gehad het, ek is oop vir oortuiging. Regerings word in Afrika met geweld en anargie verander- ek wil graag he jy moet my verkeerd bewys. Ek sien Christo Wiese se ons moet na goeie voorbeelde kyk wanneer ons vergelykings tref (seker buite Afrika se grense). Wanneer mens egter n voorbeeld soek van hoe dinge hier gaan verloop sal jy geen beter voorbeeld kry as Zimbabwe nie – jy hoef nie verder te soek nie. Christo is nie n realis nie. Ek kan jou se dat die ANC die Afrikaner nie sal vergewe vir die VF se vertoning nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.