VF Plus stel 2019‑verkiesingsveldtog bekend

Pieter Groenewald by die bekendstelling. Foto: verskaf.

Die VF Plus het Saterdag by die St. George’s Park-krieketstadion in die Oos-Kaap sy verkiesingsveldtog vir 2019 bekend gestel. Die veldtog staan bekend as ‘Slaan Terug. Nou of Nooit.’

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê die tyd het aangebreek om ʼn streep in die sand te trek teen “korrupsie en ʼn onbevoegde regering wat Suid-Afrika tot op die rand van ʼn ekonomiese afgrond gelei het.

“Suid-Afrika staan voor ekonomiese ineenstorting, misdaad is buite beheer en werkloosheid het ʼn kritieke kantelpunt bereik, veral onder die jeug waar dit reeds ʼn nasionale ramp is. Meer as 17 miljoen mense is van maatskaplike toelaes afhanklik, eiendomsreg word bedreig en dienslewering het tot ʼn stilstand gekom,” het Groenewald gesê.

Hy het bygevoeg die VF Plus het nog altyd saam met die meeste welmenende Suid-Afrikaners sy hand uitgesteek om te help bou en welvaart te skep in die land, en is steeds bereid om saam te werk op die pad na voorspoed.

“ʼn Draaipunt is nou egter bereik waar die ANC nie langer toegelaat kan word om op sy vernietigingspad voort te gaan nie, en die hand van versoening kan nie langer onvoorwaardelik uitgehou word nie.”

Die VF Plus wil ‘terug slaan’ teen onteiening sonder vergoeding, misdaad, korrupsie, wanbesteding en buitensporige belastings en tariewe, diskriminasie en swak dienslewering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Paul ·

Kom mense stem met jul morele kompas, jul gewete, jul ingesteldheid en vir die toekoms van die land.

Chris Ws ·

Ek wens regtig meer of alle blanke Afrikaners se oe wil oopgaan en hulle stemme gee vir die VF Plus.Dis die enigste party wat Afrikaner belange op die hart dra.Daar is ander partye, soos die Da, wat voorgee hulle is vir Afrikaners maar dis onsin.
Alle sterkte vir die komende verkiesing Dr.Groenewald!Ek en my vrou steun u 100%!

Frik Lotz ·

Dankie VF Plus dat jul opstaan en veg vir ons regte.
Dis inderdaad tyd vir terugslaan en dis beslis nou of nooit!
Kiesers moet sorg dat hul geregistreer is en gaan stem in volgende jaar se verkiesing want elke stem tel en kan n verskil maak.

Johann ·

Ja, slaan terug en dan gaan werk ‘n parlementslid vir die ANC-regering? Nee wat, gaan lank vat om my vertroue terug te wen!!

Frik Lotz ·

Johan, die VF Plus gaan nie saam met ANC of EFF werk nie. Gaan jy dan DA stem, wie nie veel omgee vir minderhede se regte nie, of gaan jy maar n draadsitter wees en nie gaan stem op stemdag nie?

Anton Hugo ·

Ek’t al 2 keer gestem. Al 2 keer NEE gestem. Van toe af sit ek met springmielies en bier en bekyk die spulletjie. Die beloftes raak net meer. Maar so ook die leuens en teleurstellings; en die skares raak warm onder die kraag.
Die padda gaan opsit by sy nooi in die vlei, aaa hummmmmmm………!!

AW ·

Irrespective, who you Vote for….. if you dont go and Vote …… That ‘NO Vote’ will be a Silent Vote for the anc and the alliance parties of the anc!!!

Adam ·

Koos Kombuis sing in Lisa se klavier “en die hele wereld word stil”. Na die VF+ veldtog afskop dink hulle dalk “en die hele wereld word bang”. Nee wat, die VF+ is so na aan irrelevant as moontlik al sou ek dit graag anders wou sien. Die somme werk nie en anders as in die teorie, tel nie elke stem in ‘n proporsionele stelsel in die praktyk nie.

Landi ·

Dan moet jy jou kant bring sodat jy dinge anders kan sien soos jy se jy graag wil Adam. Die wereld word glad nie bang nie, maar vol hoop en kammeraadskap wat ons bitter nodig het. Jy Adam, kan n verskil maak in hoe relevant dinge is. Dink n bietjie daaroor….en hoe JY invloed kan he. VF+ het nie n skande van n dag oud nie. Al die ander partye het meer skandes as wat jy vingers op jou hande het om te kan tel en opnoem. Die wat verstand het, moet dit nou begin gebruik. Dis n bakgat veldtog en ondersteun presies wat ons en die land nodig het vir opnuwe welvarendheid.

Chris Ws ·

Adam dis so jammer jy sien nie die lig raak nie.Toemaar jy is maar een van honderd duisende Afrikaners met oogklappe aan.Sterkte!

Lynne ·

Julle het my STEM ook, want julle is die ENIGSTE PARTY wat my belange op die hart dra! Baie dankie daarvoor. Ek waardeer wat julle doen! Doen asb. so voort!!

Frik Lotz ·

Adam, natuurlik tel elke stem in n proporsionele stelsel. Die VF Plus is nie irrelevant nie, maar juis relevant in vandag se omstandighede waarin ons land is. Die VF Plus is enigste party wat veg vir minderhede se regte, soos die Afrikaner, en opstaan vir Afrikaans, weerstand bied teen regstellende aksie en onbeskaamd veg teen onteiening sonder vergoeding. Die VF Plus doen darem iets en wys hul het murg in hul pype!

Adam ·

Frik, weereens wil ek dit ook graag glo, maar wys my daarop hoe dit in die praktyk gestalte kry. Teoreties tel elke stem maar in die praktyk beteken dit weinig. Dit kan ook nie anders nie, want ‘n proporsionele kiesstelsel kan nooit tot sy reg kom waar die grootste party ‘n oorweldigende meerderheid het nie. Dit is ideaal in omstandighede waar jy koalisie-regerings op nasionale vlak het, maar SA is nog jare weg daarvan en boonop maak die bevolkingsgroep waarvan ek en jy deel uitmaak minder as 8% van die totael bevolking uit. Die VF+ is die enigste “wit” party en het weinig steun en diegene wat dink die DA is ‘n “wit” party sit die pot totaal mis. Wanneer 1% wil terugslaan is dit so goed soos skaduboks.

Veritas ·

Die VF+ dra die etiket van ‘n Blanke Afrikaner party en daarvoor is daar lankal nie meer plek in Suid-Afrika nie. Dit is in elk geval ‘n Mulder-organisasie wat geensins impak maak op die SA politieke toneel nie. My stem gaan, soos voorheen, weer vir Cope.

Henk ·

Tyd dat ons nie meer skaam is dat ons afrikaans is nie, dis iets om op trots te wees.

Landi ·

@Veritas, jy sal verbaas wees, die Afrikaanse Bruin mense het alle Afrikaners pas op die kaart gesit. Jy praat uit groot onkunde as jy dink VF+ het nie impak of verskil gemaak nie. Raai wat, toe Cyril as President gekies was, was VF+ die eerste deur aan wat geklop was vir advies. Dis net een voorbeeld my vriend.

GP ·

Dis waar. Ons is min en my stem is maar net een. Dink ook nie my stem gaan die VF+ n groot en sterk party maak nie, maar as my stem ten minste help dat hulle my kan verteenwoordig in parlement, staan ek met graagte in die lyn.

Paul ·

Veritas, en ek is nie skaam vir die kleur van my vel nie, ek kan niks daaraan doen nie, al skuur ek met staalwol, ek is so gebore.

GP ·

As mens nie stem nie het mens nie die reg om oor enigiets te kla nie.
As mens nie stem nie maak mens die opposisie net sterker. Dis die enigste se wat ons het kom ons gebruik dit en gee dit nie sommer net weg nie.

Kosie ·

So GP, gaan stem jy nou eintlik net sodat jy die “reg” kan verkry om agterna te kan kla? Wat ‘n bog argument…

GP ·

Ag ou kosie. Wat ek bedoel is dat as mens nie bereid is om te stem nie moet mens als wat aan gaan net aanvaar, want mens is dan nie bereid om iets daaraan te doen nie. Hoop die verduideliking kry jou goedkeuring.

Cherokee ·

Die bog argument is deur jou geloods, Kosie.
Natuurlik is GP reg wanneer hy sê ‘as jy nie stem nie, moet jy nie agterna kla nie’.

Kosie ·

Ek het in 1992 se referendum vir die laaste keer gestem, Cherokee. Deur deel te neem aan hierdie onwettige regering se “demokratiese” verkiesings, verleen julle legitimiteit daaraan en moet jy juis dan berus by die uitslag want jy het mos jou (irrelevante) blanke stem uitgebring en die demokrasie het geseëvier, dan nie? Of glo julle waarlik dat ongeveer 3.5 miljoen blanke stemgeregtiges (as daar ooit soveel is) meer as 25 miljoen swart stemgeregtiges (as hul so min is) gaan uitstem? Toe julle destyds vir FW en Pik hulle se “waarborge” geval het is ons volk gereduseer tot bywoners in ons eie land. So gaan stem sodat jy die “reg” het om te kan kla want dis al wat die blanke se stem werd is in die komende verkiesing. Ek neem nie deel aan dit nie so moenie bog aan my verkoop dat my wegbly-stem ‘n stem vir die ANC is nie. My gewete is skoon.

GP ·

Kosie. Jou argument maak vir my glad nie sin nie, maar aan die einde van die dag is dit elkeen se eie keuse.

Dawie ·

Ná die ontrafeling van die DA die afgelope paar jaar sak ek my kop in skaamte dat ek ooit my kruis agter hul naam getrek het – hul dra duidelik nie minderheidsgroepe se belange op die hart, en is boonop tans net so rigtingloos soos die ANC.

Dankie VF+ dat jul jul rug styfmaak en opstaan vir ons, jul gaan BESLIS my stem kry in 2019!!!

Oom Kalahari ·

Dankie dat jul veldtog nou begin Dr Groenewald en way van ‘n aanlyn registrasie vir ons mense. As daar darem nou ‘n party hul rug krom maak vir die minderheids groepe dan is dit VF+ en die behoud van taal en kultuur, beginsels, behoud van grond, erkenning van minderheids regte. Ons stem verseker vir jou party Dr Groenewald. Die DA is anti blank en het op vele wyse hul werklike agenda gewys en is geensins betroubaar. Ongeag van klein, maar as die Suid Afrikaanse Boere Volk net kan saamstaan en vir VF+ stem dan gaan dit ‘n groot verskil maak en groter verteenwoordiging meebring asook ‘n beter opsie saam koalisie samesmelting.

Anoniem ·

Ek het DA gestem maar na al die gebeure in die DA hoe hulle sake hanteer sal ek beslis nie meer vir hul stem. As jy nou van verraad praat dan sal jy dit nog sien in die DA as hulle moet regeer. Nee ek sal maar saam met my eie staan en vir VF+ stem.

RG ·

In my opinie het ons ‘n kantelpunt bereik na die aankondiging van OSV wat wel baie meer stemme vir die VF + in die komende verkiesing sal besorg.
VF+ julle het nog 2 voorheen DA stemme verwerf (een daarvan ‘n engelsman).

SP ·

My stem is is verseker vir die VF+! Ons het fantastiese leiers. Aanhouer wen…

Lukas van Zyl ·

Hierdie keer sal ek vir julle stem, maar BEHOEDE JULLE AS JULLE MY TELEURSTEL……….

SP ·

Lukas, die Afrikaner het al lankal sy les geleer. Ek glo nie hulle sal jou teleur stel nie ou maat!

RG ·

In my opinie het ons voorwaar ‘n kantelpunt bereik met die aankondiging van OSV wat baie stemme vir die VF + sal werf. Ons is +2. Een daarvan eks Zim. Mens hoef net die verkiesings veldtog van die DA “Werkskepping” met die verkiesingsveldtog van die VF Plus te vergelyk… Groete vir die Paashaas DA!

Stormjaers ·

Ek sal stem vir die VF+. Maar ek deel van die Afrikaner Volksraad.

vlokkie ·

Que Vadis? Afrikaner. Slaan terug!
Die banggatte moet maar agter die VF+ se vroue skuil. Sterkte VF

iemand ·

Ek stem al vir so lank ek kan onthou vir die VF+. Weet ook van mense wat voorheen vir die DA gestem het wat nou VF+ gaan stem.

Die DA is nou maar net nog ‘n swart party en hulle gaan zero vir blankes beteken.

Aan die een kant is dit seker goed omdat dit darem die swart stemme kan verdeel as hulle dit reg speel.

Cornelia ·

Dankie aan elkeen wat van sy vrye stemreg gebruik wil maak in antwoord op Suid Afrika se noodtoestand. Die Vryheidsfront se Stem is ook my stem en gewete. Dit is ‘n stem met beginsels wat ek herken as ‘n gewete teenoor alle landsburgers se regte en behoeftes. Ek belê graag in dit wat die wêreld swak noem. Juis daarin lê die krag van God se Almag. Dit weet ek verseker. Wanneer die deursnee Afrikaner ‘n belofte maak, kom hy dit na. Ideologieë was nog nooit sy maatstaf waaragter hy ‘n korrupte chaos gedryf het nie. En dan verskoon ek nie my volk nie! Hulle verwag dit ook nie!! Daarom kan ek enduit met hulle saam strewe en oorwin in dit wat ewigheidswaarde het.

Landi ·

Ek kon dit nie beter se myself nie! Vandag voel ons soos verraaiers wat almal DA gestem het. Elke sel met lewe in my, staan vas agter VF+. Net die feit dat hulle nog staande is na al die jare en baie moeilikke tye tussen die meerderheid, en selfs ANC wat vir raad by VF+ kom aanklop, se baie.

Peet J ·

Ek sal ook vir die VF+ gestem het maar aangesien hulle beleid nie selfbeskikking voorstaan nie. kan ‘n mens maar netsowel vir die DA of Cope of ANC stem.
My stem gaan na NKP wat vir die Afrikaner vryheid wil bewerkstellig.

Marietjie ·

Vertrou die VF Plus en hoop hulle kan net 1 miljoen stemme kry sodat daar 25 mense met ruggraat in die Parlement kan wees. DAN sal minderhede ten minste meer inspraak kan hê. Tans doen VF Plus goed met net 4 manne …. met 25 jaag hul ou Ramaphosa dat hy nie sy draaie kry. Ons minderhede kan nie verder vertrap word nie. Genoeg is genoeg.

Peet J ·

@Marietjie Ons Afrikaners word al vir die afgelope 23jaar vertrap en tot dusvêr het al die teenkanting van instansies absoluut niks teweeg gebring nie nasionaal sowel as internasionaal. Die enigste oplossing vir die behoud van die witman en sy nageslagte in hierdie land is selfbeskikking indien dit nie verkry kan word nie asgevolg van te min belangstelling gaan dit ons eie ondergang beteken. Mense in die parlement sal niks bereik teen ‘n meerderheidsregering nie .

Dienkie ·

@marco polo, dit is wat ek ook graag wil weet. Gaan die VF+ terugslaan deur ‘n drastiese poging aan te wend om die doodstraf in Suid-Afrika heringestel te kry. Dan eers sal ek vir hulle stem.!!!!

marco polo ·

Dienkie, liewer nie die doodstraf nie, want ek is bevrees met die huidige regstelsel gaan dit die blankes wees wat aan die kortste ent trek. Met terugslaan verwag ek besliste optrede teen misdaad, al beteken dit mens moet reg in eie hande neem, duidelike uiteensetting van waar die volkstaat gaan wees (die 30 dorpe storie is regtig twak), en volle toeweiding om dit te bereik, al moet daar ondergronds gegaan word en fisies geveg word daarvoor. Ons kannie meer leef op beloftes en hersenskimme nie en daar moet nou ‘n streep in die grond getrek word. Ek wil nie my oudag in die buiteland slyt nie, maar ek wil ook nie teruggaan na SA en voortploeter in onveiligheid en onderdrukking nie.

Frik Lotz ·

Peet, die VF Plus staan beslis selfbeskikking voor. Dit was nog altyd so en sal so bly.

Die Suid-Afrikaanse Varkerasievolk ·

Elke lid van die Suid-Afrikaanse Afrikaner Varkerasievolk wat hulself as Afrikaner Varkerasie identifiseer, gaan BESLIS vir die VryheidsFront+ stem. Viva Afrikaner Varkerasies! Viva Afrikanervolk! Viva VF+ !!!!

Peet J ·

@Frik Lotz, Volgens die manifes droom hulle van ‘n NSA tot voordeel van al sy mense want wit en bruin is opsoek na ‘n nuwe politieke tuiste (nie grondgebied nie ) sodra so- iets realiseer sal ‘n koalisie met die minderheidsgroepe gevorm word met ander woorde dit sal afstuur op federalisme.

Gert ·

As jy wil kindermoord pleeg deur aborsie en niks het teen onbybelse huwelike nie, stem dan vir die DA, ANC, EFF, COPE ens. Die enigste partye wie se beginsels skriftuurlik reg is, is die ACDP en VF+. As jy nog glo in morele waardes kies dan tussen hierdie twee.

Christo Conradie ·

Peet, en vir 23 jaar het die selfbeskiikingsbeleid agteruitgeboer. Nou het die VF besluit om doe olofant happie vir happie op te eet. n Federale staat is 100% beter as wat ons nou jet, en plaas jou in n 100% beter posisie oppad na selfbeskikking. Gaan probeer dus maar n beleid in die NKP wat negatiewe groei bewys het, dan verdeel julle sommer die 1% Afrikanersteun ook. Nogals slim, nê!

jaco ·

afriforum se beleid, denkpatroon ens ens is 99% dieselfde as die VF-Plus s’n.
afriforum het 500 000 lede, maar die VF-Plus het in die 2014 verkiesing maar 170 000 stemme gekry.
Iewers is dus nog 330 000 wegblyers; mense wat nie regtig belangstel nie; mense wat net kla maar nie deelneem aan die politiek nie.
Onthou net, as die VF-Plus 500 000 stemme kry, sal hulle 11 of 12 parlementslede hê en dit beteken langer spreekbeurte en verteenwoordiging in meer parlementêre staande komitees.

Waarheid ·

Julle het my stem.
Ek hoop die mense wat DA stem se oe gaan betyds oop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.