VF Plus stel hulplyn in teen grondgrype

Dr. Pieter Groenewald. Foto: VF Plus

Die Vryheidsfront Plus het ’n hulplyn ingestel vir mense wat deur grondvergrype in die gesig gestaar word, sodat daarteen opgetree kan word.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het vanoggend tydens ’n mediakonferensie by die parlement aangekondig dat die nommer vir dié SMS-lyn 43366 is.

“Die SMS-lyn is gekoppel aan die kontaknommers van kundiges wat grondeienaars sal bystaan. Dit is belangrik dat diegene wat die hulplyn skakel, probeer om dit so gou moontlik ná die grondgryp te doen, want met tydverloop van meer as 24 uur verminder die grondeienaar se wettige opsies,” het Groenewald aan Maroela Media verduidelik.

“Dit is voorts belangrik dat die persoon wat die SMS-lyn kontak, volle besonderhede van onder meer hul naam, die gebeure, hul naaste polisiestasie en (as hulle reeds by die polisiestasie was) die naam en besonderhede van die polisielid met wie hulle geskakel het, byderhand het,” aldus Groenewald.

Volgens die VF Plus-leier is onteiening sonder vergoeding en grondgrype in Suid-Afrika nou ʼn realiteit, en heers daar groot onsekerheid onder alle gemeenskappe in Suid-Afrika, en veral in die landbougemeenskap, oor hoe die proses gaan afspeel en hoe dit almal in die land kan raak.

Benewens die SMS-lyn gaan die VF Plus verdere aksiestappe doen om op internasionale vlak teen die ANC op te tree om die proses van onteiening sonder vergoeding teen te staan.

Die VF Plus het reeds ʼn amptelike klag ingedien by die Verenigde Nasies se menseregtekommissie weens wat die party beskou as die ANC-regering se oortreding van Artikel 17 van die VN se Handves en Internasionale Verklaring van Menseregte wat private eiendomsbesit beskerm en onteiening sonder vergoeding verbied.

Die party gaan ook op versoek van die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika ʼn voorlegging doen waarin die grondkwessie en plaasaanvalle en -moorde belig gaan word.

Dit sluit aan by die VF Plus se huidige “Slaan Terug”-veldtog wat daarop gemik is om die internasionale gemeenskap se aandag op die aangeleentheid te vestig, en om die ANC daadwerklik teen te staan in dié verband.

“Ongeag die vae ondernemings van pres. Cyril Ramaphosa oor hoe hy die proses in die vooruitsig stel, is onuitwisbare en onrealistiese verwagtings reeds by die massas geskep. Dit kan gesien word in onwettige besettings wat reeds reg oor die land voorgekom het by plekke soos Stellenbosch, Virginia, Harrismith en Wesselsbron. In Parys is munisipale grond oor die naweek beset,” het Groenewald uitgewys.

Volgens Groenewald is dit duidelik dat Ramaphosa se ondernemings geen gewig hoegenaamd dra by die mense op grondvlak nie, en is dit ’n ope vraag of die polisie werklik die politieke wil en vermoë sal hê om kragdadig en doeltreffend op te tree indien massa-besettings landwyd sou voorkom.

“Die VF Plus wil dit duidelik stel dat hy nie gekant is teen grondhervorming nie en dat die meganisme wel deur die bestaande artikel 25 van die Grondwet geskep is om dit op ’n ordelike en verantwoordelike wyse te laat plaasvind teen vergoeding vir die eienaar. Hierdie proses het slegs misluk deur die korrupsie, wanbestuur en onbevoegdheid van die regering en sy instellings,” het Groenewald aangevoer.

“Twee verdere wanopvattings wat die staat en die EFF as narratief vir die beoogde onteieningsproses sonder vergoeding aanvoer, is dat wit mense grond wat hulle besit gesteel het en dat die blote besit van grond welvaart skep. Dit is van alle waarheid ontbloot.

“Die VF Plus dring daarop aan dat die huidige, wettige meganismes gebruik word om grondhervorming op ʼn ordelike wyse te laat geskied. Die party sal enige ander onbillike poging tot grondhervorming op elke wyse moontlik teenstaan,” het Groenewald afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Callie ·

Dankie VF. Sal ondersteun. Julle en Afriforum is enigstes wat kyk na die waarheid

Freddie ·

Is dit nie interessant hoe regering voete gesleep het in die proses waar boere regverdige vergoeding kon kry vir hulle grond nie? Hulle het die krisis vervaardig en straf nou die boere daarvoor.

Marie ·

Baie dankie vir die diens van die Vryheidsfront.AgriSA het my nou heeltemal verloor nadat ek moes hoor my ouma wat in die konsentrasiekamp was was eintlik n kolonialis.

Koos ·

Dit is mos nou wat mens verwag van ‘n politieke party, naamlik, om daadwerklik op te tree en nie net van verhoë af geluide en beloftes te maak nie.

Deur saam te staan met burger regte organisasies soos AfriForum en al hule wyd verspreide diens afdelings, kan daar wal gegooi word teen die ANC se onregverdige en skaamtelose minderheidsgroep minagtende optredes.

ferdi ·

Gebruik Art 49 van di Strafproses wet om jou self en jou eiendom te beskerm

Lerato ·

Gee eer waar dit eer toekom.

Ek is nie ‘n ,VF+ ondersteuner nie.

Maar ek glo die hulplyn is van onslatbare waarde

Kapenaar ·

Ook groot dank vir almal wat walgoei teen sosialisme. Is trots op VF+ en Afriforum

Plaas eienaar ·

Pieter, praat , luister en bel gaan niks verander nie. Word wakker baklei vuur met vuur. Klomp bang ……….. gee mense hulle geld terug.

Baklei ·

Plaas eienaar; ek weet nie van ander hier nie, maar ek verstaan nie jou kommentaar nie. Verduidelik asseblief.

White Rhino ·

sisulu se ons moet nie leuens in die Buiteland vertel nie – is sy bekommerd?
Geen leuens word vertel nie – kan ons die waarheid na meer lande toe uitbrei?

Jerry ·

Goeie inisiatief. Dit is net jammer dat die VF wat met Afri-Forum geassosieer word hulself ook nou in n geloofwaardigheidskrisis bevind nadat dit aan die lig gekom het dat die forum halwe waarhede kwytgeraak het tydens hulle buitelandse veldtogte en teenoor Fox news, wie nou n ommekeer gemaak het mbt die ware feite van OSV. Die forum se geloofwaardigheidskrisis verleen dus nou tot geloofwaardigheid aan die EFF se uitlatings oor die forum en oor Trump! Julle het julle naam met n plank geslaan wat hopelik my mede Afrikaners se oe nou sal oopmaak tov julle onbevoegdheid om met geloofwaardigheid van voor af te lei!

Theo ·

Ai lekker om vir n man soos Dr Pieter Groenewald te stem, een van my mense, trots om n VF PLUS LID TE WEES.

Gogga ·

Baie dankie Dr Pieter Groenewald mos staan 100% agter jou soos gewoonlik want ons weet jy voeg daad by d woord soos altyd.Ons vertrou jou en Solidariteit – ignored Carl Niehaus asb.

Rynhardt ·

Daar val die afrikanertjies weer vir Pieter Groenewald oftewel “Groot leier” van die VF+!Waar was u die afgelope 24jaar?Groot leier hoe gaan n hulplyn die boere bevry van hope gebreinspoelde en woedende Anc , en EFF-ondersteuners wat met busse en vragmotors plase, en plotte gaan beset???Die polisie???Groot leier die polisie was juis getransformeer om indiens van Anc te wees!!Dit beteken Groenewald dat hul nie n vinger gaan verroer vir blanke boere nie!!Groot leier kom ek spel vir u iets uit.In 1990 het Veg tydskrif belangrike inligting uitgespel wat die hoofstroommedia doelbewus weerhou het van publiek.Destyds het die natte geweet waarvoor hul geonderhandel het.Een van die Anc se groot voorwaardes was dat hy nooit ooit mag sal afstaan nie!!!Anc het opsetlik ekonomie vernietig terwyl daar op blankes se gevoelens gespeel kon word om hul rykdom(grond volgens Anc) af te staan,maar die Anc bly vasklou aan sy eie rykdom en mag!! n Hulplyn gaan nie boere red nie,maar groot veggees!!!Ekis nie n Afrikanertjie nie,maar ek is Rynhardt in n liga van my eie!Groot leier moenie bekommerd wees nie.Afrikanertjies sal jou bly aanbid,u is nie my leier nie en ek kan ook nie deur u gebreinspoel word nie, groot leier!

Alex ·

Ag asseblief! Groenewald dink nie hy is ‘n groot leier nie. Hy probeer maar net help met sy beperkte magte. Moet hy vir jou ‘n groot weermag op die been bring voor hy as ‘n groot leier klasifiseer?

Theo ·

Genaade ou Jerry, miskien is jy self met n plank geslaan wat jy is nou maar tipies een van “daai” mense wat altyd fout vind met al wat n Afrikaanse organisasie of politieke party. Die VF+ as politieke party tree op namens SY lede,en Afri-forem namens SY lede, of is dit te moeilik om te verstaan Jerry,? en GEEN geloofwaardigheid is verlore nie. weet nie waar jy daaraan kom nie.

waarheid ·

Is ramapaddapot se plaasbestuurders blank of swart?
Sal graag wil weet.
Kan iemand help met sulke inligting?
ramapaddapot het ryk geword deur aandele wat aan hom gegee was sodat hy die unies in toom kon hou – so hy is nie regtig die groot besigheidsman nie.
Is daar iemand wat die teendeel kan bewys?> Dit is dalk hoorse – maar ek wil graag weet of dit waar is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.