VF Plus verwelkom grondwethof se uitspraak oor McBride

Robert McBride Dinsdag (6 September 2016) in die hof. Foto: ANA

Robert McBride Dinsdag (6 September 2016) in die hof. Foto: ANA

Die Vryheidsfront Plus het Dinsdag die grondwethof se uitspraak, dat die minister van polisie nie magtiging het om die hoof van die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat (Opod), Robert McBride, te skors nie, verwelkom.

“Hierdeur word die onafhanklikheid van OPOD versterk en bevestig,” het Pieter Groenewald, woordvoerder van die party, gesê. “Dit behoort groter vertroue by die publiek te laat ontstaan dat hulle klagtes teen lede van die polisie nie deur inmenging van die minister ondermyn sal word nie.”

Groenewald het dit benadruk dat die uitspraak nie beteken dat McBride onskuldig bevind is nie en die uiteinde sal waarskynlik wees dat die portefeuljekomitee vir polisie in die parlement in opdrag van ʼn besluit van die Nasionale Vergadering, nou ʼn dissiplinêre verhoor teen McBride sal moet hou.

“Opod is die waghond van die publiek oor die polisie en ondersoek klagtes teen die polisie deur die publiek. Die publiek moet dus vertroue hê in die hoof van Opod. McBride is uiters omstrede en ondersoeke na hom moet so spoedig moontlik afgehandel word, aangesien die hoof van OPOD vertroue by die publiek moet wek.”

Lees alle vorige berigte oor Robert McBride op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jakes ·

DANKIE VF+!!!!
Dieselfde Robert McBride wat Magoo’s in Dbn opgeblaas het….en skuldig bevind is aan magsvergryp en dronkbestuur Metro Jhb?
Geskok!

Loeis ·

Lees weer, Jakes. Groenewald het benadruk dat McBride nie hierdeur onskuldig bevind is nie, dat hy omstrede is en nou behoorlik ondersoek moet word.

Die oorwinning is dat die minister nie met Opod ondersoekke mag inmeng nie.

Ben Prinsloo ·

Nee Jakes dit gaan nie hier oor die “vryheidsvegter” Mc Bride nie maar oor die optrede van die polisie se grootkop. Hy dink sy woord is wet en dit is onaanvaarbaar gevind in die hof. Wat Mc Bride betref dink ek ons voel dieselfde oor die persoon.

Rupert Ashford ·

Een van daardie klassieke hart vs verstand gevalle waar mens die individu en die posisie moet skei.

Pieter Cloete ·

Robert McBride en Eugene de Kock is albei moordenaars. Al verskil is aan wie se kant hul geveg het. Hoewel vrygelaat na ‘n lang stryd dra Eugene ‘n lewenslange stigma, terwyl McBride beloon word met OPOD en ander aanstellings. Hoewel die minister se magte nou deur die hof beperk is, beteken die dissiplinêre verhoor deur die nasionale vergadering nie veel nie. Die ANC sal sorg dat hy skotvry uitkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.