VF Plus verwelkom Ramaphosa se veroordeling van plaasmoorde

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die debat oor die presidensie se begrotingsrede. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die VF Plus sê hy verwelkom pres. Cyril Ramaphosa se veroordeling van plaasmoorde omdat dit vir die landbougemeenskap belangrik is om dit uit die president se mond te hoor.

Die party het in ʼn verklaring gesê die president het in sy repliek op die presidensie se begrotingsrede gesê hy veroordeel dié misdaad. Die VF Plus het hom al verskeie kere tevore gevra om dit te doen.

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, het gesê die party stem saam met Ramaphosa dat élke moord in Suid-Afrika veroordeel moet word.

“Die rede waarom die VF Plus vroeër by die staatsrede, asook by die president se begrotingsrede vandeesweek, gevra het dat hy plaasmoorde in die openbaar veroordeel, is omdat die land se boere gebuk gaan onder ʼn uitermate hoë moordsyfer.

Dr. Pieter Groenewald. (Foto: Reint Dykema)

“Die aanvalle en moorde op boere gaan boonop gepaard met groot wreedheid en marteling. Dit moet daarom onderskei word van gewone moord en misdaad,” het Groenewald gesê.

“Die feit dat die president plaasmoorde nou in die openbaar veroordeel, toon ook aan dat hy volwasse genoeg is om homself te repudieer nadat hy in New York gesê het wit plaasboere word nie vermoor nie.”

Groenewald het gesê die party sal steeds verdere gesprekke voer om die landelike beveiliging te verskerp, asook om plaasmoorde tot prioriteitsmisdaad te laat verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

GP ·

Dankie VF+. Bly ek het vir julle gestem. Waardeer julle insette.

Andreas ·

Maroela, kan julle ons aub ‘n skakel na die erkenning van CR gee dat mens kan hoor wat hy presies gesê het. Hierdie is die eerste berig wat daaroor in die media verskyn, ook nou nog nerens anders nie. Dalk het ek dit op vanaand se nuus gemis.

Andreas ·

Maar natuurlik sal dit wonderlik wees as hy ook sommer kan sê hy trek sy ontkenning daarvan aan die buiteland terug. Dit help nie hy fluister dinge na maande en maande se druk in die parlement nie.

Maar nou vra ek ook, waarom nou eers hierdie tyd van die aand die berig? Almal is dan so opgeklits oor plaasmoorde, het die hele land se medai dit dan gemis!

Manie van Worcester ·

Wonder hoeveel mense verstik nou in hulle spoeg oor wat die klein partytjie al sedert die vekiesing vermag het. Dis toekoms vir minderhede in die land, nie blou anc nie

Andreas ·

Manie, heel reg, maar ek is net so effe ontsteld dat dit die eerste berig in die media vandag is wat daaroor verskyn, terwyl al wat Afrikaner en boer is, daaroor opgeklits is, en dan nogal eers hiérdie tyd van die aand!

Ek sal graag ‘n skakel wil ontvang dat mens kan hoor wat hy gesê het.

Andreas ·

Hallo Maroela, ek sal dit tog waardeer as julle nie te lank met my kommentaar soos paar minute gelede gestuur kan wag nie. Sal voor moreoggend reg wees?

Mieliestronk ·

Die FVkan nie nou dink hulle het die geveg gewen omdat CR oor plaasmoorde gepraat het nie Daar het niks veander nie F V moet oor see gaan hulp soek Hier is nie hulp nie FV sit nou en lippe af lek oor CR daaroor gepraat het Dit gaan niks help nie plaadmoorde gaan net meer word

Manie van Worcester ·

Ou mielie, word wakker my maat, niemand in VF” het van oorwinning gepraat, net gese hulle is dankbaar dat hy homself nou as leunaar gemerk het nadat hy in Amerika gese het dit bestaan nie en nou erken het en hulle sal nie nou lippe aflek en agteroor sit nie.

Andreas ·

Hallo Maroela, ek sien julle het reeds drie ander kommentare geplaas, terwyl julle myne wat voor dit gestuur is terughou.

Boervrou ·

Nou waar en wanneer het die prez dit gese. Iewers het ek dit gemis

Abe ·

Boervrou,
Hy het dit gese tydens sy repliek op die presidensie se begroting in die parlement. Lees die berig.

smurfie ·

Ag hy sê net vir hulle wat hulle wil hoor. Dit beteken niks.

Nico ·

Smurfie ek stem saam met jou. Hy wil net VF+ van sy nek af hê. Dus soos alles wat ANC doen is dit net lippe taal.

Johan ·

Ek stem saam. Hy voel n veer. Die huidige regering weet nie hoe om n land te regeer nie. Die land is in geheel in chaos, en hulle breek net elke dag n bietjie meer af. Die NWO het stilletjies onder ons ingeklim en onkunde is/was ons einde. Ongeag van kleur of kultuur.

Pieter ·

Stem saam jou al wat die anc kan doen is nonsens praat ons blankes leer mos nie

Werner ·

Hulle en al die ander partye hou net die skape gelukkig dis nou dat die ouens wat vir hulle stem tog net kan dink hulle stem het iets beteken niks gaan verander nie more lees ons van nog boere wat aangeval of vermoor is hoe naief

Abe ·

Werner,
Daar is niks naif daaraan nie. Die president het amptelik verklaar dat hy plaasmoorde veroordeel. Dit is wat baie regdenkendes graag wou hoor. Die VF+ het hulle tevredenheid daarmee te kenne gegee. Dis wat gebeur het. Waarmee vind jy fout, ou suurknol.

Abe ·

Werner,
Niemand het gese dat daar nou n permanente einde aan misdaad sal kom nie. Daar sal nie. Die VF+ en ander Suid-Afrikaners wou net he ons president moet erken dat misfaadsyfers en plaasmoorde besonder hoog is en hy moes dit afkeur. Dit het hy gedoen. Niemand is naif daaroor nie.

Wolf Cilliers ·

Al moes die mnr Pieter Groenewald die president nou vra om die moorde te veroordeel moet ons nietemin dankbaar wees dat hy dit nou wel gedoen het.
Dit mag die moeite loon as daar nou vele mense aan die president kan skryf om hom persoonlik daarvoor te bedank.
Dit kan dalk as aanmoediging dien dat daar verbeterde pogings sal wees om die plaasaanvalle en -moorde te bekamp.

Andreas ·

Dr Groenewald, die beste sal wees as jy vir Mnr Ramaphosa aan ‘n leiband kan vashou om hom by sy storie te hou, ten minste het hy nou al so ver gevorder, ook as jy wil probeer toesien dat hy plaasmoorde as prioriteitsmisdaad verklaar, netnou dwaal hy af en verdwyn tussen die lang grasse.

Ja Nee ·

Lee woorde te laat, ek hoop nie almal dink hy voel regtig jammer vir ons boere nie!

John ·

Ons wag vir die skakel en vir CR se volgende buitelandse besoek waar hy hierdie geheime woorde herhaal. Geagte dr Groenewald het skaars byna 400 000 stemme gekry. Hy moet net vir hierdie groepie sy geheime grondjie vra; die reènbogie onder die reènboog, waar hy die prezzie sal wees en al die ander rasse onder hom sal dien… en natuurlik die eintlike base, die 3 Mulders.

TN ·

Absoluut John ! Die DADE van die DA begin vrugte lewer ___ eie aan die regses sal hulle aanspraak maak op die voedering na die dikkes se PRAATJIES !

thinus erasmus ·

En daar slaan die ou spotters nou deur. Menere moenie oor die getalle kwel nie, kyk na die realiteite!
Die reënboog bly steeds ń optiese illusie in die lug, die waarheid is op die grond. Ontken jul net soos jul president steeds dat daar ń verskil in gewone misdaad en aanvalle op plase is? Netso ontken julle die suksesse van VF+ wat niemand benadeel en niemand bedreig nie.

George in Bloem. ·

Uit respek vir die betrokke families sal ek nie in detail ingaan op dit waardeur die Van den Berg egpaar hier buite Boshof,en TALLE ander,laas vrydag moes gaan voor hulle gesterf het nie. Genoegsaam om te se dit was uiters wreed en grusaam en moes hulle wrede en tragiese laaste oomblikke vir hulle iets verskriklik gewees het. Dalk sal mense soos die uwe president en ‘n paar van sy mede kaders ‘n heeltemal ander deuntjie sing as hulle persoonlik ‘n paar van hierdie tonele besoek en die skokkende grusaamheid eerstehands ervaar.Praat beteken bokkerol meneer die president.Dringende stappe en daadwerklike aksie is nou nodig om jou en jou party en regering se erns met hierdie saak te bewys. Dit moes al jare gelede gedoen gewees het maar hier is ons nou,letterlik honderde moorde later. Stap een is raak van jou onbevoegde karikatuur van ‘n minister van Polisie ontslae en kry iemand wat die job kan doen.Daarna sal die res in plek val. Tot dan sal jou erkenning ongelukkig net lee woorde bly wat absoluut bokkerol beteken.

Suzette Geringer ·

Mnr die president – verstaaaaaan jy wat Dr Groenewald sê???

Pieter Wilson ·

Ons Afrikaners is darem ‘n negatiewe spul,selfs wanneer iets goeds gebeur, sal hul negatief reageer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.