VF Plus voor raad oor plaasmoorde en Afrikaans

plaasmoordeDie VF Plus is Vrydag aan die woord voor die algemene raad van die Unrepresented Nations and Peoples Organisation (UNPO) in Brussel, België, waar voorleggings oor plaasmoorde en die amptelike diskriminering teen Afrikaans voorgelees en ingedien gaan word.

UNPO sal die resolusies na verwagting oor die naweek bespreek. Daar behoort vroeg aanstaande week terugvoering daaroor gegee word.

Dr. Pieter Groenewald, voorsitter van die VF Plus, en Wouters Wessels, nasionale jeugleier, is die afgelope week in Brussel en het onder meer ʼn dagbestuursvergadering van UNPO bygewoon.

Groenewald het gesê dit raak toenemend belangrik om die boodskap oor die ANC-regering se vergrype teenoor minderhede in Suid-Afrika, en in die besonder  kwessies soos plaasmoorde en Afrikaans, pertinent onder die internasionale gemeenskap se aandag te bring.

Hy het gesê indien UNPO die resolusies aanvaar, beteken dit die organisasie het ʼn mandaat én ʼn verpligting om stappe te neem en die sake onder die aandag van internasionale liggame soos die Europese Unie (EU) te bring.

Volgens Groenewald kan plaasmoorde in Suid-Afrika, gemeet aan internasionale norme, met reg as ʼn volksmoord bestempel word. Hy sê voorts die Verenigde Nasies (VN) se menseregtekommissie moet die ANC-regering nou dwing om dringende stappe te neem om dit stop te sit.

UNPO gaan ook gevra word om kennis te neem van die vertrapping en stelselmatige ‘uitwissing’ van Afrikaans, veral in die onderwysstelsel, wat basiese- en hoëronderrig insluit.

Hierdie jongste optrede van die VF Plus volg op ʼn besoek van sy leier, dr. Pieter Mulder, einde 2014 aan UNPO en die VN in Geneve, waar die internasionale gemeenskap ook ingelig is oor plaasmoord, Afrikaans, regstellende aksie en ander vergrype teen minderhede in die land.

In November 2013 het die VF Plus in samewerking met UNPO ʼn internasionale konferensie by die parlement in Kaapstad aangebied waar groepsregte en selfbeskikking onder meer bespreek is. Bekendes in akademiese kringe, asook verskeie vooraanstaande leiers in die bruin en Khoisan-gemeenskappe, het die konferensie bygewoon.

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die landbou-unie TLU SA het Donderdag in Centurion die statistieke bekend gemaak vir plaasmoorde en -aanvalle wat gedurende die eerste helfte van 2015 plaasgevind het en ook nuwe projekte, planne en groot aksies vir die prioritisering van plaasmoorde aangekondig. Daar is onder meer bekend gemaak dat 1 747 plaasmoorde sedert 1990 in Suid-Afrika gepleeg is. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Grassie ·

Ek was in die verlede baie negatief teenoor die VF+, maar nou doen hulle wat van ‘n Afrikaner-organisasie verlang word. Ek steun hul optrede. Veral dr Groenewald en adv Alberts kom deesdae sterk na vore.

Renoster ·

Ek is bly die VF en Afriforum doen iets aan die plaasmoorde, geweld in ons land ens. Dit is ongelukkig ‘n saak wat al lank aan die gang is maar ons moet moed hou. Ons almal het die reg om voort te bestaan en ‘n regverdige lewe te lei. Groete in Christus.

Herman ·

Ek het vroer komentaar gelewer en ek sien dit is verwyder. Sal graag wil weet hoekom.

Jan ·

Herman, my kommentare word dikwels sonder enige oënskynlike rede verwyder. Die moderator hou van sekere mense se kommentaar meer as van ander s’n.

Ek het maar onderneem om nie meer werklik kommentaar te lewer nie want die moderator hou duidelik nie van wat ek te sê het nie.

Frik Lotz ·

Puik gedoen deur VF Plus en dankie aan Pieter Groenewald en Wouter Wessels. Dis tyd dat ons almal VF Plus ondersteun.

Ben ·

Dit is hoogtyd dat die res van die wêreld wat so “Apartheid” geskreeu het in die jare tevore, bewus gemaak word van die huidige volksmoord van mindhede (lees Afrikaners) en ‘n vredesmag na SA-toe stuur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.