VF Plus voorspel skolebeleid stuur op chaos af

Philip van Staden, VF Plus-lid van die Gautengse wetgewer. Foto: Facebook

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, se nuwe voorgestelde regulasies op die wysiging van skole se voedingsgebiede sal afstuur op volskaalse chaos as dit aanvaar word, meen Philip van Staden, VF Plus-lid van die Gautengse wetgewer.

Hy sê skole se voedingsgebiede beslaan tans ’n radius van 5 km. Leerders wat binne 5 km vanaf ’n skool woon of wie se ouers daar werk, word dus as leerders in ’n natuurlike voedingsgebied beskou.

“Hierdie leerders kry plasingsvoorkeur by die meeste skole,” verduidelik Van Staden. “Die meeste skole aanvaar wel leerders van buite die natuurlike voedingsgebied indien daar ná plasings nog plek beskikbaar is.”

Die LUR is van voorneme om die radius van voedingsgebiede tot 30 km te vergroot, volgens die regulasiewysigings wat Lesufi op 30 Julie 2018 in die staatskoerant gepubliseer het. Sedertdien is meer as 10 000 besware teen die wysigings by die Gautengse onderwysdepartement ingedien.

panyaza-lesufi

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

“Die VF Plus in Gauteng meen dat algehele chaos in die provinsie gaan uitbreek indien Lesufi dit regkry om die voedingsgebiede te verander,” sê Van Staden. “Dit maak glad nie sin nie dat ’n leerder wat in Bronkhorstspruit woon, kan skoolgaan in die Pretoria-Moot-gebied tensy die leerder plek gekry het by die skool nadat leerders uit die direkte omgewing reeds plek gekry het.”

Sy party is gekant teen die wysigings en ondersteun skole wat ook daaroor bekommerd is.

“Die VF Plus meen dat leerders uit ’n bestaande natuurlike voedingsgebied nie plek sal kry by skole in hul direkte omgewing nie en dit sal ouers in die provinsie onder verdere finansiële druk plaas.

“Lesufi moet besef dat primêre en sekondêre leerders gebiedsgebonde is en nie soos studente aan enige universiteit kan studeer nie,” sê Van Staden. “Die VF Plus glo ouers sal moet rondskarrel om kinders in ’n skool geplaas te kry, asook dat kinders se lewe op die spel geplaas sal word deur hulle na verder plekke te vervoer.

“Die verkeer in Gauteng is baie druk en die paaie glad nie veilig nie. Lesufi se nuwe regulasies sal meer verreikende gevolge inhou as wat besef word.”

Van Staden beskuldig Lesufi daarvan dat hy die wysigings gebruik om die aandag van sy “laksheid” af te lei.

Voorbeelde hiervan is volgens Van Staden:

  • Die nasionale raad van provinsies het in September 2018 die provinsie besoek en bevind dat 142 nuwe skole benodig word.
  • 85 primêre skole moet gebou word om ’n tekort van 3 166 klaskamers uit te skakel.
  • 57 sekondêre skole moet gebou word om ’n tekort van 2 388 klaskamers uit te skakel.
  • 114 000 nuwe leerders stroom Gauteng jaarliks binne.
  • Nuwe skole, wat wel gebou word teen ’n koste van R249 miljoen, staan langer as ’n jaar leeg, soos in die geval van die Nokhuthula Centre and Special School in Lyndhurst, Johannesburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Estelle ·

Why would this government provide you with an education that would enable you to overthrow them?

Johanna Botha ·

Presies die hele damn land stuur op n ramp af …teenwigte skop asb NOU IN ! !

Gerrie ·

Is dit nou die hoogs doeltreffende teenwigte wat fw, pik en roelf beding het???

Nelia van Zyl ·

Mnr Lesufi is allermins vir die Onderwys geskik. Hy is nie op hoogte v onderwyssake nie en dra allermins die onderwys se belange op die hart. Hy is n rassis wat wit en veral Afrikaanse skole teiken en het meestal n verskuilde agenda.

Hannetjie ·

Hy is sommer net moedswillig en verlustig hom daarin omdat die reaksie so hewig is .Hy is nie begaan oor nadele tov sy planne nie.Jy wil gehoor en gesien word

Johan H. ·

Ek dink nie daar is breins in sy kop nie maar,SAAGSELS.!!

Danie van Zyl ·

Lusufi se hele aanslag is gegrond op taal (Arikaans) en gevolglik rasgedrewe. Moenie ander redes voorhou vir julle kommentaar nie. Die ou hou nie van Afrikaans nie en van Afrikaners, waarvan die muuste blankes is, nie. Hy is absoluut uit daarop om ons Afrikaner blankes met sy ANC rasgedrewe idiologie en rassehaat te onderdruk. MM wys julle staal en plaas my kommentaar.

Skool ·

Sy hele dryf is wraak, as Kind is hulle forseer om in Tembisa te gaan bly onder die aparheids wette. Nou wil hy wraak neem op ons kinders wat niks met die ou regime te doen gehad het agv wat hy oor gekom het. Gaan google sy geskiedenis as julle my nie glo nie. Sy dryf is persoonlik en in belang v enige kind nie, nie swart nie en ook nie blank nie

Opknap ·

Knap ou vervalle skole weer op in voedings gebiede, moenie jul eie skool geriewe afbreek of selfs afbrand nie.
Daars baie skole wat leeg staan en selfs net murasies is. Knap dit op, dit behoort minder uitgawes te dek as nuwe(r) skole. In so ń geval kan die geld wat begroot is wel gebruik om die skool tegnolohies aanloklik te maak. Maar nou ja.

Cherokee ·

Ek begin wonder of malema die grootste probleem is in Suid Afrika. Feit is dat lesufi kompeteer met malema daarvoor.

Gerhard ·

Hy is die weerligafleier terwyl die ANC rustig voortgaan om te doen net wat hulle wil. Omdat dit nie heeltemal so erg is soos die EFF se planne nie sal meeste van hul aksies gesien word as matig en aanvaarbaar.

Manie ·

Hierdie rassis wat net sy verskyning maak as daar iets van witmense in die saak is sal nie die skole los tot hulle almal swart en engels is. En die geskiedenis wys dat die Engelse die grootse onderdrukkers in Afrika was. So die swartmense hang nou n ware onderdrukkende taal aan

humor ·

Ag wat praat jul tog van fw. Waar is hy in die wereld? Hy en George Soros drink seker teetjies van tyd tot tyd en lag lekker saam oor hul sukses wat met SA behaal is. Lesofi doen presies wat soros se strewe is nl die nuwe wereldorde met net een globale gryse massa.

Hanna Hoekom ·

Maar net weer n manier om jong kriminele uit afgelee gebiede in ons goed funksionerende skole in te druk! Dan is al die skole se standaard op dieselfde vlak: LAAG!

Stella Berning ·

Daar is al klaar chaos. Nou bou sy edele nuwe skole more brand hulle dit af. Nee wat ons gaan binne volgende 10 jaar n klomp ongeletterde tieners he . En kinders wat onderwysers foeter as hul huiswerk kry. Dit het al klaar begin. Onderwysers sal later agter gepantserde glas klas gee. ANC sit met sterre in hul oë vir al hul goeie werk. SARS goeie voorbeeld van voortreflikheid.

Dawid ·

Tyd dat ons leer om ook goed af te brand. Soos die skoolbus wat hom kom aflaai het of die taxie.

Chairman Meow ·

Nog ‘n rede waarom alle skole in SA gelyk gemaak moet word?

“But the implication of Plomin’s research is that it’s extremely hard, not to say impossible, for governmental agencies and charitable bodies to design systematic interventions, whether in early childhood or adolescence, that will reduce the attainment gap—which may explain why nearly all such attempts have failed. In fact, if you drive up standards in under-performing schools, the effect would be to increase the overall variation in attainment due to genes since if you equalize the environment you will increase the influence of genes, making exam results more, not less, heritable.” – https://quillette.com/2018/10/15/is-sociogenomics-racist/

Dom ·

N meneer is nie n predikant nie. Werklike betekenis van n mnr is eintlik druk hom in en dan stap hy nader. Nie soos n man wat eers nader moet stap voor hy hom indruk nie :-)

LATIE ·

hy lieg daai man kyk bietjie rietfontein learskool daar net swart skole en hul bly nie daar omgewing en kom van ver ander kant hoe kan hy se dat 5km moes daai skool aansoek en hy lieg man wil net ons afrikaanse dood maak om net engels insit soos hul wil en hul wil aanpas kyk beitjie mooi na reitfontein learskool in pretoria

rietfontein ·

daardie laerskool het nie blanke kinders in nie, in n omtrent blanke woonbuurt, hulle word met taxi’s en busse aangery, mense wat om skool bly se lewens is nagmerrie!!

JoeV ·

Die ANC kan en mag nie opgevoede opgeleide burgers in die land hê nie, die sal nie vir hulle stem nie. Geen persoon met beskaafde agtergrond sal vir sosialistiese kommunistiese, kurupte regering stem nie.
Ek verstaan dit maklik, lyk of daar nog steeds mense is wat nie agterkom wat die beleid van die ANC is nie?

Martin ·

Wat sukkel julle so? Daar is BCVO skole. Lesufi het geen invloed daar nie, en die standaarde is van die hoogste en dit is blanke skole.

Gerhard ·

Net soos met mediese sorg sal dit ook in hul versier opduik, gee net tyd.

Elize ·

Ek ken kinders wat in die voedingsgebied van Afrikaanse skole is maar wat toelating gekry het in swart skole! Nou vra ek wat moet die witkind tussen al die wesens gaan doen om geleerdheid te kry – leer om klippe te gooi en vuurhoutjies te brand?

Al ·

Was daar nog ooit enige plan van die ANC wat gewerk het?
Lesufi is arrogant en dink te veel van homself.

Gerhard ·

Hierdie is ‘n plan. Jy sien dit net nie vir wat dit is nie.

Krummel ·

Ek wil nou nie misrabel wees nie, maar hoop eintlik hy bereik sy doel, sodat mense gedwing word om privaatskole op te rig. CVO skole word mos beskou as melaats. Binnekort sal almal gedwing word om privaatskole te ondersteun. Ouers wat hul kinders so graag in Engelse skole wil sit – dit gaan gelukkig nie werk nie, met Engels as voertaal waai die standaarde by die venster uit.

Martin ·

Krummel, soos jy hoop ek ook hy bereik sy doel. Glo my, daar is niks fout met CVO skole nie. My voorspelling is hulle gaan binnekort baie groter word.

Linda Swart ·

Die skrif is reeds lankal aan die muur, maar steeds word die mees onlogiese besluite oor onderwys deur die LUR van Gauteng geneem. Dat twee skole steeds leeg staan en onbenut bly, is onverstaanbaar. Dit verwaarloos en gaan weer geld kos om bruikbaar gemaak te word. Daar is talle skole in swart gebiede wat onderpresteer. Is dit nie waar die fokus eerder moet wees nie, om skoolhoofde en onderwysers beter toe te rus vir hulle taak sodat die standaard verbeter kan word nie. Daar word altyd verwys en bohaai gemaak oor wat in 1976 gebeur het, maar wat die huidige stand van sake in onderwys betref, is dit wat my aangaan, ‘n groter tragedie!

Gerhard ·

Dit is een goeie voorbeeld van wat fout is met AfriForum/Solidariteit se ankerdorpe. Dit los geen probleem op nie. Jy kan nooit wen nie, dit is ‘n aanslag wat nooit sal einde kry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.