VF Plus: ‘Voorstel oor plase onwerkbaar’

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus

Die Vryheidsfront Plus sê Gugile Nkwinti, minister van Landelike ontwikkeling en grondsake, se voorstel dat kommersiële boere helfte van hulle plase vir hul werkers gee, is onwerkbaar en ondeurdag.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, sê die voorstel gaan nie die grondhervormingsprobleme in Suid-Afrika oplos nie en gaan beslis voedselsekerheid in Suid-Afrika vernietig. “As die voorstel bestudeer word, is dit duidelik dat dit kom van ’n minister en ’n departement wat geen begrip het vir die ingewikkeldhede van moderne kommersiële landbou nie. Swart en wit kommersiële landbouers het sekerheid en eiendomsreg op sy grond nodig om lenings te kan kry ten einde winsgewend te kan boer. Hierdie plan neem daardie sekerheid weg.”

Mulder sê die voorstel word tans net gebruik om kommersiële landbou te toets. “Ek is nie bewus daarvan dat die voorstel op enige regeringsforum of struktuur waarop ek dien, bespreek of goedgekeur is nie. Suid-Afrika kort meer suksesvolle swart kommersiële boere. Dit gaan egter nie deur hierdie voorstel bewerkstellig word nie. Suksesvolle kommersiële landbouers met wie ek skakel is meer as bereid om as mentors op te tree en nuwe swart landbouers by te staan en te help om op sy eie grond suksesvol te boer.”

Lees ook:
Plaaswerkers kan helfte van plase besit

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

alet ·

As hierdie agterbakse regering hulle sin kry dan sien ons net 2de kom Zimbabwe op sy beste hulle gaan ook honger lei of gaan hulle vir die miljoene armes kos invoer belaglik is daar kop dokters vir hulle om hulle breins te lees

dirk bosman ·

Dog eers dit is 1April maar die werklikheid is dat jy n kommunis kan vertrou om een te wees.

Herman Aucamp ·

Nie eintlik die moeite werd om komentaar te lewer nie maar nou ja lekker tydsberekening net voor die verkiesing almal weet dit is nie haalbaar nie.Staar n interesante tyd in die oe

Shannon ·

Die Dottor kom weer aangehardloop met `n ou band aid plystertjie. Ek hoop hy’t hierdie pers verklaring met sy baas uitgeklaar voor die tyd. Dit strook nie met sy regering se beleid nie of hoe ?

My liewe Piet, jou boere oppie plase innie Wes Kaap stem DA. Hulle stel swart arbeid in diens en hulle groot hoop innie lewe is om elke appel oorsee toe uit te voer. Hoe vinniger jou “voedselsekerheid” tot `n einde kom hoe vinniger kan die land herstel van jou en jou mede parasiete wie `n loopbaan bou uit `n hoop …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.