VF Plus vra kieshof om in te gryp oor BLF

Andile Mngxitama van BLF. (Foto: Facebook)

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) is nie bereid om te erken hy het gefouteer deur die BLF toe te laat om as politieke party te registreer nie en die VF Plus gaan daarom die Kieshof vra om die OVK te beveel om dié fout reg te stel.

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het in ʼn verklaring gesê die kommissie het die appèl van die VF Plus teen die hoofverkiesingsbeampte se besluit om die BLF te registreer, afgewys.

Die VF Plus meen die merendeel probleme van Suid-Afrika ontstaan weens die minagting van wetgewing. “Dit is daarom vir die party belangrik om hierdie saak voort te sit, aangesien die OVK nie toegelaat kan word om die wet te oortree nie. Dit bedreig Suid-Afrika se demokrasie en die handhawing van wet en orde.”

Volgens die VF Plus is die meriete van die saak sterk, aangesien die Wet op die Verkiesingskommissie die hoofverkiesingsbeampte verbied om ‘n politieke party te registreer wat lidmaatskap uitsluit op grond van ras, etnisiteit of velkleur.

“Die BLF se grondwet spel dit duidelik uit dat slegs swart mense by die party mag aansluit en dié party hits ook geweld aan,” voeg Groenewald by. “Die grondwet van die BLF skep die teelaarde vir rassisme en haatspraak, soos bewys deur die BLF se woordvoerder, Lindsay Maasdorp, wat na die tragiese dood van leerders by Hoërskool Driehoek die sterftes verwelkom het aangesien hulle wit was.”

Ingevolge Artikel 16(1)(c) van die Wet op die Verkiesingskommissie (Wet 51 van 1996) mag die OVK nie ‘n politieke party registreer wat lidmaatskap op grond van ras, kleur of etnisiteit uitsluit nie. Die BLF se grondwet bepaal in artikel 4 dat slegs swart mense lede van dié party mag wees.

Suid-Afrika se Grondwet stel dit in Artikel 1 duidelik dat die Suid-Afrikaanse staat gegrond is op vier kernwaardes, waarvan nie-rassigheid een is. “Dit is dus duidelik dat die OVK ‘n groot fout begaan het. Die VF Plus vra die hof om hierdie fout reg te stel.”

Groenewald het gesê sy party sal nie opgee in die stryd teen die BLF se rassisme en rassepolarisasie nie. “Die OVK se minagting van Suid-Afrika se Grondwet en die wetgewing wat verkiesings rig mag nie geduld word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Joe Olivier ·

Dankie Dr Groenewald. Die VF+ bewys weereens dat hulle bereid is on terug te slaan vir geregtigheid. Ek sit met volle vertroue my kruisie agter jul naam op 8 Mei.

Gert van Wierdapark ·

Regso VF+, sorteer die OVK (ons vat kans ouens) en die BFL uit!

Hans Richardt ·

VF+ moet die Mazibuye party saam verkla of dis weer net mors van tyd.
Ek steur my nie veel aan dieselfde ou storie meer nie.

willem Botha ·

My stem sal 8 Mei by die VF+ wees genoeg gehad van die DA.

Vryheid ·

Dankie VF+ Hoop hulle gaan na julle luister. My gevoel is daar word maar min tyd gegee vir minderheidsgroepe se regte.

Realis ·

Dink enige iemand regtig dat die OVK sal standpunt verander?
Waar kla jy die duiwel aan as die aanklagkantoor in die hel sit?

Schalla ·

@Realis: Sjoe ek het nou lekker gelag. Dis een van die lekkerste sê-goed wat ek nog gesien het! Briljant! Skerp!

? leser ·

dis ovk het ‘n hand in die blf dis hoekom hulle die klomp laat registreer het
die ovk sal alles in hyl vermoe doen om die saak te laat draai tot na die verkiesing
die enigste om tyd te kry is om die stemdag uitgestel te kry

Tina de Lange ·

Ona kan maar kruisies gaan trek en stem tot ons blou ini gesig gaan wees.
Die groot menere en wêreldorde wat regeer daarbo,sal die laaste sê hê

Tina de Lange ·

Arme ons, kan maar kruisies gaan trek en stem tot ons blou ini gesig gaan wees,neh
Die groot menere en wêreldorde wat regeer daarbo,sal die laaste sê hê

Jakes Jacobs ·

Ja, die ANC weet dat hulle die verkiesing gaan verloor en die eenigste manier vir hulle om hier uit te kom is om die verkiesing uit te stel a.g.v onstabilityd en opstande in ons land, hulle speel vir tyd om hul huis in orde te kry

fred ·

dit is nou te te laat om hof toe te gaan…waarom poer poer die VF+ met hierdie saak?
Ons het meer voema van hulle verwag…SLAAN hard terug, nie STREEL hulle nie…

Hans Richardt ·

Nou wat van die Mazibuye party wat dieselfde doen in Natal?

Hans ·

Die wat glo olie en water kan meng leef in n droom wêreld-wat in n nagmerrie gaan verander.

George in Bloem ·

OVK,BLF,MRK,EFF en die lys gaan aan en aan. Elke een van hulle maar net nog ‘n tentakel van die ANC seekat. Almal voels van eenderse vere wat saam spring as die meesters,die ANC praat. Hulle kan dit maar ontken maar dis tog so duidelik.

Thinus ·

Alle sterkte aan die VF+ maar die OVK, kieshof en die sogenaamde HRC is ‘n klug, ‘n klomp onbevoegde ANC puppets met dubbele standaarde. Hulle het geen kredietwaardigheid meer oor nie en het irrelevant geword omrede hulle net een ras verteenwoordig, veral die rassistiese human rights cimmission.

jAN ·

VF+ DIE BLF SAL OP 8 MEI BY DIE VERKIESING WEES WANT DIE BETROKKE PERSONE WAT HULLE MOET VERWYDER IS TE SKEIT BANG ,DIE OOMBLIK AS DIT GEBEUR WORD ALLES WEER VERWOES EN AFGEBRAND………..

George in Bloem ·

Kom ek probeer weer MM. Die MRK,BLF,EFF,OVK ens is almal partye/instansies onder die beheer(agter die skerms) van die ANC. Daar is GEEN onafhanklikes in die groepe nie. Kyk maar gerus na hulle onlangse optredes en uitsprake.

Jean ·

Stem saam met Jan en George! Bo die wet en hulle weet dit..MRK het malema se haatspraak nou die dag as okay afgemaak…nee hulle het die ouens waar hulle wil he…probeer jy nou as n witte enige vd goed doen sal jy darem sien wat gebeur! 2 stelle reels…en hulle weet! Daarom die arrogansie

JohanL ·

Ek is seker daar is fout in die berig – daar is nie ‘n OVK in SA nie- daar is wel ‘n AVK die sg Afhanklike Verkiesings Kommissie. Hulle besluite is afhanklik van wat die ANC aanbeveel.

Jerry ·

Die geveg wat in die demokratiese bestel geveg word moet direk gemik wees teen instellings soos die MRK, OVK, regbank ens wie nie onafhanklik optree nie of wie nie in lyn met die grondwet optree nie. Optredes teen die ANC, EFF en BLF moes van die begin af meer indirek en met groter omsigtigheid geskied het, dan sou hulle nie met so n intensiewe wraakaanslag eers vir die Afrikaner se taal gekom het nie, vir die Afrikaner se onderwys gekom het nie, vir die Afrikaner se geld gekom het nie, vir die Afrikaner se grond gekom het nie, vir die Afrikaner se denke gekom het nie, vir jou gekom het nie! Steeds slaan julle direk terug, ipv indirek. Is dit terwille of ten koste van die Afrikaner? Die dag wat die “popo die fan strike”, dan slaan jy direk terug. Hou dus op om die wa voor die perde in te span sodat daar minder witkruise geplant kan word!

Peer ·

Wel, kom ons maak dan maar n WHITE only party, ons help slegs blankes, gee slegs vir blankes werk en en en. Trots wit!

Devill ·

Onthou jy die barmhartige Samaritaan?
“Toe sê Jesus vir hom: “Gaan maak jy ook so.”

Laat ons as Afrikaners nie so laag daal soos hierdie mense nie!

Schalk ·

Peer, ek stem saam met jou. En sommer whites only forum en whites only skole en kerke en sommer n whites only land! Dis net te goed dat wanneer gehelp moet word is dit “whites only” wat help!

Hendrik ·

Ek hoop die VF+ verdubbel sy parlementere sitplekke. Daar gaan nou moontlik 8 mense wees wat ons gaan verteenwoordig en hulle gaan nog steeds net 2 minute kry om ‘n saak te debateer. Koalisie in die parlement beteken nie veel as die meeste partye links van die politieke middellyn. Wie is regs van die lyn? VF+… en wie is links? DA, ANC, EFF, COPE, …….. Vestiging van ekonomies selfstandige gemeenskappe met eie water, krag, opvoeding/opleiding, gesondheid en werkskepping is natuurlik die belangrikste van alles vir ons voortbestaan.

Attie. ·

Wie dink die DA kiesers gaan vir minderhede opkom indien die VF+ van die toneel verdwyn? Ek het geen begrip vir mense se kennis oordinge wat hulle ten nouste raak nie. Slegs die VF+ en ACDP keur ‘aborsie op aanvraag’ af want dit is moord. Die DA keur dit goed. Dit sal nag word in ons land indien die DA sou wen want die party het geen (nul) leierskap nie. Net soos Israel kan die land wel regeer word dmv ‘n koalisie. Stem vir enige klein party en maak die koalisie sterk. Ek stem vir VF+ en ek is dankbaar dat my volk nog in die parlement verteenwoordig word. As jy nie van die VF+ se plaaslike verteenwoordiger hou nie stem plaaslik wat jy wil maar stem vir die VF+ nasionaal. Waar sou Afrikaans gestaan het as na 25 jaar as dit nie vir die VF+ was nie?

Hendrik ·

Burgerregtegroepe het die verskil gemaak in die afgelope 25 jaar. Geen besluit is gekeer deur die VF+ in die parlement nie. Al wat hulle kon doen is om ‘n rooi vlag op te steek as hulle ‘n probleem sien wat die meerderheidsparty veroorsaak het, hetsy korrupsie of haatspraak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.