VF Plus vra Phiyega om medaljes terug te gee

Riah Phiyega

Riah Phiyega

Die Vryheidsfront Plus het gesê die toekenning van verskeie medaljes aan genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, is nie net ʼn “verleentheid vir die polisie nie, maar ʼn verleentheid vir die hele Suid-Afrika”.

Dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor polisie, het gesê die medaljes is die polisie se goue medalje vir uitstaande diens, die tienjaar-gedenkmedalje vir lede wat diens gedoen het in die eerste tien jaar van demokrasie tussen 1995 en 2005, die eenheid- of samesmeltingsmedalje en die Fifa Wêreldbeker 2010 ondersteuningsmedalje.

Dr. Groenewald sê as gewaardeerde lid van Interpol skep die aangeleentheid die indruk dat Suid-Afrika medaljes nie toeken op meriete nie, maar dat dit verkry word deur politieke konneksies. “Phiyega is ʼn politieke aanstelling en was voor haar aanstelling glad nie in die polisiediens nie. ʼn Medalje vir tien jaar diens is ʼn uitsonderlike medalje wat gegee word vir uitsonderlike diens. Gewone lede van die polisie is baie trots daarop aangesien dit ʼn erkenning is vir hul harde werk,” het hy gesê.

“Die toekenning van hierdie medalje aan Phiyega wat eers in 2012 aangestel is, tas die waardigheid van die medalje aan en maak dit goedkoop. Dit tas sodoende die trots van haar werkende lede aan wat die medalje gekry en verdien het. Phiyega behoort die medaljes terug te gee indien sy enige waarde heg aan getroue en uitstaande diens van lede van die polisie,” het dr. Groenewald gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Henk ·

Ek bekyk die storie so en ek besef net weereens watse sirkus die SAPolisie geword het! Die publiek moet dan ook nie werklik veel ag slaan op die medalje toekennery nie. Die waarde van hierdie medaljes wat hulle aan die nar gegee het se waarde is minder as die van Coke proppies!

Adam Willemse ·

Sy kan my tienjaar- en my twintigjaarmedaljes maar dra, ongelukkig kan ek hlle nie vir haar teruggee nie, wat ek sou oorweeg het aangesien hulle nou nie meer soveel werd is nie, want huisrowers het hulle reeds vir haar kom haal saam met ‘n aansienlike bydrae uit my persoonlike besittings wat ek onwillig aan hulle heropbou en ontwikkelingsprogram moes afstaan.

Grassie ·

Adam – Ek het myne albei weggesmyt omdat dit geen waarde meer vir my het nie. Niks meer om op trots te wees nie.

HEVW ·

n Mens kry die gevoel van mislikheid om deel te wees van n bestel waarin daar geen integriteit is nie. Werklik n lee blik as sy beleef dat sy so iets waardig is, en dat dit vir haar aansien bewerk. Alles is so n lee blufspel van onmenslikheid. En dit n regering waaraan ons vir geslagte lank onderworpe sal wees. n Mens word siek as jy daaraan dink.

Piet Fourie ·

Laat my dink aan Malema aan die pers tydens Caster Semenya saga: ” He is not a man! “

Gerhard Bezuidenhout ·

Wat het sy gedoen om die medaljes te verdien. Een van die dae sal die siel soos Idi Amin lyk.Vol goedkoop en onverdiende dekorasies. Eish !

Koos Botha ·

Africans dekoreer hulself graag met onverdiende medaljes, self toegekende skool kwalifikasies en grade en eis dan erkenning by die burgery. Dis soos vanslewe se Springbok Radio program Pick-a-Box. Kies bloot ‘n medalje of kwalifikasie en betitel jouself. Dis ‘n Afrika fenomeen.

Michael Pogieter ·

Dis om van naar te word. Ek was vir 15 jaar in die mag en het die goue medalje vir dapperheid en die medalje vir buitelandse ontplooing. Ek het nou nog my tien jaar een of my alglimasie medaljes gekry nie,maar sy kry dit verniet. My vriend en kollega wyle sers Hennie Steyn wat reg langs my dood ge skiet is en sy lewe vir ander mense opgegee het om hulle te beskerm het niks gekry nie en volgens die Polisie wet moet hy die goue medalje gekry het ek weer die silver een want ek het krimineel dood geskiet wat links en regs op mense in die middelburg aanklagkantoor geskiet het terwyl sers Steyn hulle ook probeer beskerm voor het voor hy dood geskiet is deur die krineeel. Dit was 3 jaar terug, dis so onregverdig nadat ons alles gegee het vir die SAPS!! Kan iemand my asb help om saak teen hulle te baklei nie om Sers Steyn en my medaljes uit hulle te kry sodat Sers Steyn se seuntjie en my dogtertjie kan sien ons die beste van die beset was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.