VF Plus vra polisie om Wêreldbeker-bewerings te ondersoek

VF PlusDie VF Plus dien Vrydagmiddag ʼn klag by die polisie in waarin versoek word dat daar ondersoek ingestel word na bewerings van bedrog rakende die 2010-Wêreldbeker-sokkertoernooi.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor sport, het gesê die klag word om 15:30 by die Garsfontein-polisiestasie in Pretoria ingedien. Die VF Plus versoek die polisie om ondersoek in te stel na die moontlike betrokkenheid van Suid-Afrikaanse regeringslui en sportamptenare by moontlike bedrog wat gepleeg is met bertrekking tot die bodproses vir die 2010-Wêreldbeker-sokkertoernooi wat in Suid-Afrika aangebied is.

Alberts het gesê die bewerings soos vervat in die klagstaat wat die FBI opgestel het, sal die grondslag vorm vir die klag. “Die polisie sal versoek word om in besonder ondersoek in te stel na die rol van die departement van sport en alle persone wat deel van die bodproses was.”

Alberts het benadruk dat die oudit wat wel gedoen is rakende Suid-Afrika se geldsake met betrekking tot die Wêreldbeker, nie ʼn forensiese oudit was nie. Hy het gesê dit is daarom onvanpas vir Fikile Mbalula, minister van sport, om dit as ʼn feit te stel dat geen ongerymdhede van Suid-Afrika se kant plaasgevind het nie.

“Uit die FBI se klagstaat blyk dit dat die geld nie vanuit Suid-Afrika betaal is nie, maar dat dit ʼn deel was van Fifa-geld wat na Suid-Afrika moes gaan en toe gekanaliseer is na die samesweerders. Dit sal wel vasgestel kan word deur ʼn forensiese ondersoek wat veel dieper delf en doelbewus na ongerymdhede soek. Ons almal weet wat het met die wapenskandaal gebeur. Daar is bedrog en korrupsie gepleeg wat so fyn verdoesel is dat selfs ʼn regter jare later aangestel is om agter die waarheid te probeer kom, en ons weet steeds nie wat dit werklik is nie,” het Alberts gesê.

“Die positiewe hier is dat Suid-Afrika se owerhede nie alleen by die ondersoek betrokke is nie en dat ongerymdhede wat deur die FBI openbaar gemaak word, moeilik ontken of verdoesel sal kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jean ·

Ja nee die waarheid mag miskien dan uitkom waar die Suid Arikaanse owerhedes alleenlik nie net feite kan verdraai so wat dit hul maak pas nie…sleg helle..!

Lawrance ·

VF+. Regtig. Nou is julle belaglik. Die polisie het reeds baie ander werk om te doen wat half gedoen word. No 1 is na ‘n lang tyd vrygespreek en alles dui daarop dat dit ‘n toesmeer van die feite is. Wat dink julle gaan hier hier gebeur. Ek is seker julle het ook genoeg ander werk.

Gwen ·

Dan kal mense dat die VF+ niks doen nie, dan kla hulle as die VF+ wel iets doen. ’n Mens kan ook niemand tevrede stel nie. Boonop is dit nou nie juis of die polisie die ander werk doen nie, wat my betref terroriseer hulle eenvoudig lede van die publiek.

Winston ·

Hierdie sal ook genoegsame redes voorgelê word soos vir Nkandla. Alles word regverdig al is dit ook lagwekkend. Kyk of die FBI iets sal regkry. Lol

CJAN ·

Polisie gaan niks uitgerig kry nie laat die FBI maar kom en vrae kom vra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.