VF Plus-vroue uitgesluit van opleiding

Argieffoto

Vroulike raadslede van die VF Plus is glo uitgesluit van die opleiding van vyftig vroueraadslede van munisipaliteite reg oor Gauteng.

Philip van Staden, VF Plus-LPW in Gauteng, het gesê die geleentheid is vroeër vanjaar deur die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake (CoGTA) teen ʼn bedrag van R682 110 aangebied.

“Die doel van die kursus van vyf dae was om vroulike raadslede te bemagtig om ʼn oorsigrol te speel en om kennis en beter verstaanbaarheid te bewerkstellig oor die onderskeie munisipaliteite se programme van geslag, jeug en persone met gebreke,” het Van Staden gesê.

Hy het gesê ʼn bedrag van R252 000 is aan ʼn diensverskaffer betaal om die kursus aan te bied terwyl die konferensiegeriewe en akkommodasie R430 000 beloop het.

“Die VF Plus is van mening dat hierdie uitgawe onnodig was aangesien dit die werk van die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (Salga) is om raadslede op te lei en vir induksiekursusse te stuur en nie dié van CoGTA nie.”

Van Staden het gesê die departement van samewerkende regering en die LUR sal meer duidelikheid oor die aangeleentheid moet gee en aandui wie die raadslede is wat die kursus bygewoon het en watter partye in die onderskeie rade hulle verteenwoordig.

“Indien net ANC-raadslede genooi is, sal die VF Plus daarop aandring dat die ANC in Gauteng die volle bedrag aan die departement terugbetaal. Daar moet ook verduidelik word waarom niemand van die VF Plus genooi is om die kursus by te woon nie,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

B ·

Dalk moes die opskrif eerder gelees het ‘ Prov Dept sluit VF+ Vroue uit’

(Want met eerste oogopslag lyk dit op die VF+ die vroue uitgesluit het, wat nie waar is.)

Philip ·

Stem absoluut saam met jou B, die opskrif kan maklik misverstaan word.

Jerry ·

Hoe op dees aarde kan die VF na alles wat al gebeur het, vra hoekom hulle lede uitgesluit word. Die antwoord is mos voor die hand liggend dat die VF aanhou om te baklei vir witbevoorregting in plaas van bevoorregting van alle groepe. Alle ander groepe sluit die VF uit vir presies daardie rede. Dit gaan nou daaroor om deur met swartbevoorregting die VF, Solidariteit en Afri-Forum in eie munt terug te betaal. Dit is hoekom VF lede ook by alle ander departemente soos SASOL en ESKOM uitgesluit word. Die onversetlike houding en onversoenende optrede van die VF en filiale het van hulle die vyand gemaak en hulle lede die teiken gemaak wat nou die prys betaal. Hierdie is net die begin, want hoe meer onversetlik en uitdagend die VF en hulle filiale gaan raak hoe feller gaan die teenaanslag raak. Neewat, kyk die VF hoor maar luister nie. Daar is eenvoudig geen salf te smeer aan al die beterwetende VF slimjanne. Hierdie Afrikaner organisasies en MM slaan geen ag op talle en talle waarskuwings van mede Afrikaners en hou aan om latte te pluk vir hulle eie pakslae! Dit is voorwaar interresante tye wat voorle met nog baie waarskuwings wat gerig gaan word en wat nie na geluister gaan word nie en met die gevolg dat daar meer gekerm en gekla gaan word deur witmense wat uitgesluit word.

Manie ·

Hulle sal nie die VF nooi want hulle is n rassistiese party

GM ·

Ek dink die opskrif is reg, B. As die ‘vroue’ met ‘n hoofletter gespel was, dan kon dit opgeneem word van dat die VF+ hul uitsluit, maar dan sou hul tien teen een van ‘n dubbelpunt ook gebruik gemaak het in die sin. Net my beskeie mening.

Monica Muller ·

Kan glad nie met jou saamstem nie. Na my mening veg die VF+ nie vir “witbevoorregting” maar wel vir die regte van die SA burgers wat hom by die stembus steun. Hierdie is ‘n sprekende voorbeeld – net op kleiner skaal – van hoe minderheidsgroepe se regte geminag word.

Jerry ·

Monica dit is wat jy kry wanneer dit jou agenda is. Die VF het juis nie versoen nie en ondermynend opgetree om uitgesluit te word omrede dit hulle saak versterk vir selfbeskikking. Hoe slegter dit met die Afrikaner gaan en hoe meer boere vermoor word hoe sterker raak die VF se saak vir selfbeskikking. Jy weet net so goed soos ek dat dit van die begin af gegaan het oor die beskerming van wit belange en dat daar noodgedwonge n paar veranderings gemaak moes word deur bruinmense ook in te sluit. Die probleem is dat almal weet teen die tyd wat die VF se regte agenda is en dit is om alle ander groepe te dryf om die Afrikaner uit te sluit want dit versterk die saak vir selfbeskikking. Die bohaai en optrede teen uitsluiting is n rookskerm en word gebruik hoofsaaklik as propaganda in die buiteland. As hierdie planne boemerang gaan daar nie veel van die Afrikaner oorbly nie! Jy bluf net jouself deur die waarheid te probeer verdoesel met jou voorbeeld van die VF wat opstaan vir die lede wat hom by die stembus steun, want dit is net n halwe waarheid!

John ·

Miskien moet die VF+ geeerd voel omdat daar dalk gereken is hulle het nie lesse nodig nie. En nou is hulle ook nie aandadig aan die geldvermorsing nie. En die oom wat so glo as ons net inskiklik is, gaan ons en hy inkluis vir ons kruipery elkeen ‘n plasie kry van ons mede boere of ‘n strandhuisie in Zoeloeland langs Nkandla… met ‘n brandpoel…

Cornelia ·

Elke volksgroep het ‘n unieke aandeel aan sy deelname in multikulturele samewerkings projekte. Die ANC, Jerry, is die party wat die deelname moet inkorporeer en wegdoen met sy “majority rule” bombasme en antoganisme. Dit laat mens met net een gedagte Jerry. Wat verhinder jou om jou eie party te stig? Jy kan selfs emigreer om al die frustrasies van die ingewikkelde politieke hindernisse in Suid Afrika te systap. Die enigste struikelblok in die pad na jou groot Versoeningsversugting op politeke gebied, is die mense wat die ANC uitmaak. Steek jou vingers vir ‘n slag in die kwaaddoeners se oë.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.