VF Plus-vroue uitgesluit van opleiding

Argieffoto

Vroulike raadslede van die VF Plus is glo uitgesluit van die opleiding van vyftig vroueraadslede van munisipaliteite reg oor Gauteng.

Philip van Staden, VF Plus-LPW in Gauteng, het gesê die geleentheid is vroeër vanjaar deur die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake (CoGTA) teen ʼn bedrag van R682 110 aangebied.

“Die doel van die kursus van vyf dae was om vroulike raadslede te bemagtig om ʼn oorsigrol te speel en om kennis en beter verstaanbaarheid te bewerkstellig oor die onderskeie munisipaliteite se programme van geslag, jeug en persone met gebreke,” het Van Staden gesê.

Hy het gesê ʼn bedrag van R252 000 is aan ʼn diensverskaffer betaal om die kursus aan te bied terwyl die konferensiegeriewe en akkommodasie R430 000 beloop het.

“Die VF Plus is van mening dat hierdie uitgawe onnodig was aangesien dit die werk van die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (Salga) is om raadslede op te lei en vir induksiekursusse te stuur en nie dié van CoGTA nie.”

Van Staden het gesê die departement van samewerkende regering en die LUR sal meer duidelikheid oor die aangeleentheid moet gee en aandui wie die raadslede is wat die kursus bygewoon het en watter partye in die onderskeie rade hulle verteenwoordig.

“Indien net ANC-raadslede genooi is, sal die VF Plus daarop aandring dat die ANC in Gauteng die volle bedrag aan die departement terugbetaal. Daar moet ook verduidelik word waarom niemand van die VF Plus genooi is om die kursus by te woon nie,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
B

Dalk moes die opskrif eerder gelees het ‘ Prov Dept sluit VF+ Vroue uit’

(Want met eerste oogopslag lyk dit op die VF+ die vroue uitgesluit het, wat nie waar is.)

Jerry

Hoe op dees aarde kan die VF na alles wat al gebeur het, vra hoekom hulle lede uitgesluit word. Die antwoord is mos voor die hand liggend dat die VF aanhou om te baklei vir witbevoorregting in plaas van bevoorregting van alle groepe. Alle ander groepe sluit die VF uit vir presies daardie rede. Dit gaan nou daaroor om deur met swartbevoorregting die VF, Solidariteit en Afri-Forum in eie munt terug te betaal. Dit is hoekom VF lede ook by alle ander departemente soos SASOL en ESKOM uitgesluit word. Die onversetlike houding en onversoenende optrede van die VF en filiale… Lees meer »

Manie

Hulle sal nie die VF nooi want hulle is n rassistiese party

GM

Ek dink die opskrif is reg, B. As die ‘vroue’ met ‘n hoofletter gespel was, dan kon dit opgeneem word van dat die VF+ hul uitsluit, maar dan sou hul tien teen een van ‘n dubbelpunt ook gebruik gemaak het in die sin. Net my beskeie mening.

Monica Muller

Kan glad nie met jou saamstem nie. Na my mening veg die VF+ nie vir “witbevoorregting” maar wel vir die regte van die SA burgers wat hom by die stembus steun. Hierdie is ‘n sprekende voorbeeld – net op kleiner skaal – van hoe minderheidsgroepe se regte geminag word.