VF Plus vs BLF: Stryd duur voort

Andile Mngxitama, president van die BLF. Foto: ANA.

Die VF Plus het gesê sy regsaksie om Black First Land First (BLF) as politieke party van die lys te skrap duur voort, al het die party vir eers sy aansoek weens ʼn tegniese rede teruggetrek.

ʼn Appèlaansoek is nou in die plek daarvan by die verkiesingskommissie aanhangig gemaak om die BLF te stuit, het dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, gesê.

“Die VF Plus meen die meriete van die saak is sterk aangesien die Wet op die Verkiesingskommissie die hoofverkiesingsbeampte verbied om ʼn politieke party te registreer wat lidmaatskap uitsluit op grond van ras, etnisiteit of velkleur.

“Daar is egter ʼn tegniese juridiese argument wat die saak kan kelder. Daarom het die VF Plus eerder nou ʼn appèl by die kommissie aanhangig gemaak en hom sewe dae toegelaat om daaroor te besluit.”

BLF het intussen in ʼn verklaring gesê die party het die VF Plus oorwin. “Die lafaards en rassistiese VF Plus het geen saak gehad nie, prosedureel én polities. BLF is al langer as twee jaar by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geregistreer, en VF Plus het die kans lank reeds verbeur om beswaar te maak teen BLF se registrasie.

“Die rassistiese VF Plus versuim ook om te aanvaar dat swart mense sonder rassistiese gronddiewe kan organiseer om die historiese en huidige rassistiese anti-swart samelewing te beveg.”

Dr. Pieter Groenewald. Foto: VF Plus

Volgens Groenewald sal die VF Plus egter na gelang van die uitkoms van dié appèl, of indien die kommissie sloer met ʼn besluit in hierdie verband, die aansoek weer op ʼn dringende grondslag by die kieshof in Bloemfontein indien.

Die verkiesingstydlyn vir die komende verkiesing noodsaak die kommissie om so gou moontlik ʼn besluit oor die appèl te neem.

“Die VF Plus het reeds op 17 Januarie vanjaar die aangeleentheid onder die aandag van die hoofverkiesingsbeampte gebring. Die OVK het egter eers op 13 Maart geantwoord op die VF Plus se skrywes in hierdie verband.

“Dit het toe eers aan die lig gekom dat die grondwet van die BLF, soos ingedien by die hoofverkiesingsbeampte, dieselfde is as die een wat op hul webwerf verskyn en wat lidmaatskap op grond van ras uitsluit.”

Groenewald het gesê die VF Plus sal nie moed opgee in die stryd teen die BLF se rassisme en rassepolarisasie nie. “Die minagting van Suid-Afrika se Grondwet en die wetgewing wat verkiesings rig, mag nie geduld word nie.”

Die BLF het gesê hy sal aan die OVK skryf om sy misnoeë te kenne te gee rakende die VF Plus se regsaksie.

“Die BLF wil rassistiese gronddiewe, onder wie die lafhartige VF Plus, waarsku dat niks ons sal keer nie, ons gaan parlement toe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Johan ·

Ek is nie oortuig dat daar een party in SA is wat vir die voorspoed van ons land en burgers omgee nie. Dit gaan oor húlle.

Wynie ·

Ek stem 100% saam met jou, die party wat SA kan vorentoe vat bestaan nognie, ek dink dit sal n samesmelting van VF+ en Cope wees, en die belange van ALMAL bevorder in ALLE afdelings van die samelewing.

Grapjas ·

Al wat die BLF is is n lastigte vlieg in die kombuis, Hulle borge is soos almal weet Jacob Zuma en die Guptas.

BLF staan vir alles wat verkeerd is, hulle is die spul wat selfs vir korrupte mense opstaan en hulle beskerm, onder andere Jacob Zuma, Guptas en Brian Molefe en ook Hlodi MOtsoneng, en nog meer, hulle kom ook op vir mense wat aangekla is vir moord en ook skuldig bevind is.

Gaan lees bietjie die BLF se grondwet, nou dis uiters rassisties maak nie saak he jy daarna kyk nie.

Anni ·

Nou wonder ek Wie is eintlik di rassistiese grond diewe??? Siestog kom by

Merie Perd ·

Nou wat het van die grond geword wat in die besit van die swartmense was gedurende die “apartheids” jare. Die grond het dan aan die verskillende swart nasies behoort. Waar is dit nou en wie besit dit? Sal dit ook nou onteien word? Weet die rasistiese grond diewe dalk wie dit besit?

Jerry ·

VF moet regtig hulle huiswerk eers behoorlik doen. Wat die rede ookal is dat julle nie swart toelaat om swart uit te sorteer nie sal net julle weet. Om op die bandwagon te spring teen die radikales is slegte taktiek, want dit gee hulle die nodige blootstelling en publisiteit wat hulle nodig het om mense se bewustheid binne te dring! Werk agter die skerms met wit teen swart sake, bly uit die kalklig uit! Die EFF en BLF se hele modus operandi is om swart en wit teen mekaar af te speel ten einde swart steun te werf en die VF help hulle deur wit teen swart af te speel. Speel swart teen swart af, dit kan mos nie so moeilik wees om dit te verstaan nie!

Dries du Toit ·

Jerry. Hierdie klot verwoord derduisende binne en buite ander partye se gevoelens. Wie dink jy anders as die VF+ sal hulle probeer stil maak.

Lana ·

Jerry, jy sit die pot mis.
Feit is dat daar volgens OVK reëls nie ‘n party toegelaat word wat sekere rasse uitsluit nie. Dit is ‘n demokratiese verkiesing.
Enige party wat deelneem aan verkiesing mag die OVK hierop wys.

Werner ·

Mos gesê hulle sal niks oorkom nie die VF mors hulle tyd hierdie is Afrika howe en verkiessings werk nie hier nie

John ·

Dit is nie die taak van enige party om te bewys wie aan die verkiesing mag deelneem of nie. Daar is reeds regulasies in plek wat die verkiesingskommissie moet eerbiedig. Hoekom wil Groenewald nou hul vuilwerk doen. Neem dan eerder die kommissie hof toe. Hy probeer die DA nadoen. Vertel ook eerder aan partylede wat julle vir hulle gaan doen en spandeer geld aan opbouende projekte. Ons het nie nog ‘n moesie op die neus nodig nie.

TN ·

Die DA het al meer in die Wes-Kaap bereik as wat die Pietertjies in die volgende 50 jaar oral sal bereik ! Julle kan vir Mmusi beledig soos wat julle wil ; dit sal niks aan die feit verander dat dit die enigste party is wat ‘n toekoms vir alle Suid_Afrikaners nastreef , ongeag kleur , nie !

Hond Se Baas ·

Ja Johan jy maak sin. Ek dink die regte woorde is “rondplutter in die donker.”

Koos ·

Hier gaan dit vir my meer as die politieke spel. Ek sou graag wou sien of die OVK ons land se grondwet eerbiedig. Dit sal vir ons ‘n aanduiding wees hoe onafhanklik ons verkiesing sal wees.
Wat die BLF betref, ‘n oortreding of oorsig van ons grondwet “verdwyn” nie na 2 jaar nie. Julle grondwet is nie in lyn met die land se hoogste wet nie, en daarom MOET dit in die hof getoets word, want as julle reg is, mag daar mos areas geproklameer word vir wit mense alleenlik?

Jurie ·

TN dit mag miskien so wees, maar as meer mense die VF+ ondersteun en gesien het waarvoor dit hulle staan sou dinge anders gewees het. Ongelukkig het die DA met hulle leier aan die voorpunt duidelik hul rug op minderheidsgroepe gedraai deur hul uitsprake wat hulle openlik in die media maak. Die uitsprake maak dit duidelik dat hulle nie die blanke stem soek nie, maar wel die swart stemme.

Tyd om te trek ·

Die dreigemente word net meer en gevaarliker. As hulle verhoed word om te staan by die verkiesing verklaar hulle openlik om ‘n gewapende stryd te begin. Teen wie? Teen blankes? Swartes is volgens hom die enigste groep wat hier hoort.
Onomwonde oorlogsverklaring teen ‘n rasgroep. Rwanda lyk nie onwaarskynlik nie.

Liza ·

Die VF+ moet eerder hul energie en hulpbronne gebruik om te werk vir ‘n tuisland aan die weskus. Tans ploeter hulle aan van een “geveg” na die volgende. Die oorlog is lankal verloor. Aanvaar dit en beweeg aan.

Frik Lotz ·

Dankie aan dr. Pieter Groenewald en die VF Plus. Die VF Plus doen darem iets en praat nie net soos sekere ander partye nie. Die stryd duur voort!

Basjan ·

En indien blankes aangeval word uit weerwraak, wie gaan die blankes beskerm? Dink weer.

@ BAsjan ·

Wat se WEERWRAAK?? Blankes word reeds op plase doodgemaak, het jy planne?

Basjan ·

Wag vir die stede maat, wag vir die stede waar ons kwesbaar is. Die boere het wapens, stedelinge is aan die genade uitgelewer. My plan is ‘n tuisland. Wat is joune?

Derick ·

BLF moet geld insamel vir ou Andile dat hy kan gaan vir n haarsny.

Superfilly ·

Ek sal graag net vir 5 minute met Mnr. Mngxitama wil sit en gesels. Net ons twee op ons eie!

Nel ·

Dit gaan beslis langer as vyf minute neem om daai klosse gesnoei te kry…

Timjan ·

Redelik vêr verwyder van beskaafd as jy my vra. Dis ooglopend verkeerd dat hulle registreer is.
Maar…. die OVK is deel van wie.?
Onafhangklik? Oi oi. OVK kan mos self hulle blaps regstel. Dis nie vryheidsfront se werk om hulle onafhangklikheid te staaf nie.

Awie Opperman ·

Dis deel van die probleem Timjan, as die OVK nie hulle werk regdoen nie, wie se plig is dit ok hulle daarop te wys. Dit is verseker nie die VF+ se plig nie, maar dit sou meer sin gemaak het in ‘n werklike demokrasie. Ons het ‘n skyn-demokrasie waar die skeidsregters nie onpartydig is nie. Ek is bly die VF+ tree die OVK en BLF aan en bewys maar net weereens die dubbel standaarde wat gehandhaaf word in SA.

Frikkie Geld en huis ·

BLF wil parlement toe gaan. Gaan maar moeilik wees met hul 500 kiesers.

rollie ·

As swart studente vir hulle gaan stem, kan hulle dalk beter doen as wat jy dink.

Coert ·

Ek het respek vir die FV+ maar hulle kan niks baat hierdeur nie. Kanse is skraal dat hulle gaan slaag hierin en dan gaan hulle as swakkelinge uitgekryt word deur BLF. Selfs al wen hulle gaan dit kom teen ‘n hoë prys. Besighede, huise en voertuie gaan afgebrand word. Wat maak dit saak as die BLF net ‘n swart party wil wees. Niemand van ons wil in elk geval by hulle aansluit nie. VF+ het nie hier mooi gedink nie.

Lana ·

Coert, die feit wat ons hier het, is dat “our people” aangedring het op ‘n demokratiese land. Wat dit aanbetref het hulle hul sin gekry, maar wil nou nie by die reëls hou nie.
Hoe demokraties klink dit vir jou dat daar ‘n party – wat ‘n sekere ras uitsluit – aan dié verkiesing deelneem?
Wat, dink jy, sou gebeur het indien dit ‘n “blanke party” was wat ‘n sekere ras uitsluit het?

JohanL ·

PPP ek sal nie – my kar se enjin sal daarna nog vuiler wees as voor die tyd.

janee ·

Andile wil in die parlement wees,maar hy verstaan nie eens die woord rassis nie.gaan asb eers en leer bietjie.jou haat vir Suid Afrikaners help niemand.

humor ·

Superfilly jy gaan 5 minute van jou lewe vrugteloos verspul. Gaan sit eerder voor n hoenderhaan en vertel hom hoe hy sy sake in die hoenderhok moet bestuur.

Klaring ·

Het die siel n polisieklaring om te wys dat hy nie n kriminele rekord het nie. Mens kry nêrens meer werk as jy nie bewys daarvan het nie.

HPV ·

Humor lees tussen die lyne, Superfly wil hard en alleen en met hom gesels weg van sy meelopers, want sonder hulle is hy maar eintlik net ‘n bang outjie.

Alida ·

Moet hom asb nie meer blootstelling gee nie. Haal sy gesig af van ons voorblaaie.

Cherokee ·

Alida, ek dink jy’s reg. Die media het malema onverdiende publikasie gegee en nou doen hulle dit vir blf ook. DA het nie daardie guts nie Alida, stem reg asseblief.

Alida ·

Ek wonder of sy voorkoms vir sy aanhangers aanvaarbaar is maar nou-ja hulle lyk ook so. Hy dwing nie eintlik respek af nie. Dieselfde geld vir die EFF geen respek vir niemand nie. Die parlementsittings was altyd ‘n plek waar mens beskaafd en netjies aantrek maar deesdae!!! Die speaker behoort dit duidelik te stel wat die “dress code” is voor hulle toegelaat word.

JG ·

@Alida, daai sogenaamde “speaker” heg self geen waarde aan reels en wette nie. Dit is mos hoeka sy wat in die nuus was so paar jaar terug oor haar bestuurslisensie wat wederegtelik verwerf (lees “gekoop”) was. Hoe verwag n mens dan anders..dis in die gene.

FIRE ·

As die MRK en Internasionale Vereniging vir Rasseverhoudinge NIKS met hierdie ou se RASSISME en aanhitsing tot geweld sowel as sy dreigemente sien nie, is ons in GROTER moelikheid as wat ons gedink het . as ons GEEN AUTHORITY het om swart rassisme aan te spreek of te stop nie .. dan is ons inderdaad oppad na ‘n rasse-oorlog in SA.

@FIRE ·

Presies. Hierdie een verklaar sy volgende stap is ‘n gewapende stryd – nogal met die steun van ‘Zim Veterans’ en ‘MK’, volgens hom. Dit is glad nie ‘n kwessie van 500 lede wat gaan verdwyn nie….ons is soos Basjan sê, uitgelewer in baie opsigte. Die weermag en Polisie gaan ons nie ten koste van hulleself beskerm nie.

bollie ·

BLF, EFF en VF+ met hoofnar Peter Marais saam in die parlement. The three stooges, vet pret.

Gert van Wierdapark ·

Stem saam dat die Bfl met die kous oor die kop (vol gaatjies) huis toe gestuur moet word om modderkoekies te gaan bak. He-he-he!

Werner ·

Blankes word alreeds vermoor uit weerwrwwk howe is teen blankes uit weerwraak hou op bang wees en staan op ons moet ons beywer vir selfbeskikking

Tante ·

Ek vra mooi asb kan ons almal nie maar saam staan hierdie kant van die draad teen die aan die anderkant van die draad nie? as ons so teen die naastes van ons eners denkendes is sal ons nooit stryd wen of iets daaraan kan doen nie

DeVill ·

En daar verloor die VF+ so maklik.
Hoe gaan hulle dan enige iets reg kry in ‘n koalisie as hulle so maklik verloor en so vinnig tou op gooi.
Ek het regtig gedink ek gaan hierdie keer VF+ stem maar wat hier gebeur het as effens swak en wys net hoe tandeloos hulle maar eintlik is.

Baie blaf, maar min byt.

Die BLF gaan nie van die stembrief verwyder word nie.

Cornelia ·

Dankie Dr. Pieter Groenewald/ VF plus. Dit sal ‘n strategiese fout wees om die wetgewing wat die voorwaardes stipuleer vir Partye om te mag registreer, ongehinderd te laat in hierdie soort dubbelslagtige ondergrawery van ‘n oorhoofse etiese bepaling. Dankie dat u nie hieroor stilletjies sit en wag vir iemand om uit die dood op te staan om die OVK aan die kaak te stel nie. Swye kan as goedkeuring geïnterpreteer word of as ‘n skouerophalende gebaar vertolk word. Dat die OVK aan die hele Land en sy inwoners ‘n onpartydige meetsnoer verskuldig is, is ‘n uitgemaakte saak. So nie…..!

rollie ·

BLF en VF+ sal eintlik goeie koalisie-vennote uitmaak. Albei partye het baie rassistiese lede.

TN ·

Absoluut ! Ek giggel maar te lekker oor die onbeholpenheid van ons nuwe ” helde ” volgens ou krokkodil en sy maatjies !

KrokodilBotha ·

Mense die VF+ het nie verloor nie. Die stryd duur voort. Gaan lees meer op oor die aangeleentheid. Die VF+ gaan nog g@t skop met bossie. Goeie voorbeeld van VF+ wat nie soos ander partye hoop , of erger sulke nonsens net laat vergeet nie.

Adam ·

Die poging van die VF+ is belaglik en geldmors. Sou die BLF deelneem aan die verkiesing vedeel hulle die swart stem verder en dit is in almal se belang.

Cherokee ·

Koalisies smelt hulle weer saam Adam. Wat nou? Ons maak ook gebruik van koalisies.

Adam ·

Korrek. Die stelsel kan so’n impak op die stemme korrigeer, maar dit geskied sodner regskoste vir die VF+. Die ANC het boonop jare gelede al sy troefkaart gespeel met ‘n alliansie met Cosatu en die SAKP. Hulle is dus in ‘n vorm van “koalisie” en soos ons reeds gesien het is die impak van ware koalisie in SA dus efffe afgewater. Die VF+ se ondersteuning is boonop so klein dat selfs binne ‘n koalisie hulle as niks meer as ‘n lastige politieke vlieg gesien kan word nie, ten spyte van ‘n paar baie bekwame politici in hul geledere.

Piet parys ·

Dit wil my voorkom of daar n klomp mense wat net kan blameer en geen oplossings bied . Ja n volkstaat sal lekker gewees het maar die anc sal dit nie toelaat . Tenminste probeer die vryheidsfront darem saam afriforum en ander soortgelyke organisasies om verkeie mense in die bek te ruk . So al wat jy kan doen is stem vir die party wat vir jou nasie se beginsels en kultuurbevorder VF +. X sien nie so moeilik om n kruisie te trek nie

jaco ·

nou wat dan van die Afrikaanse Protestantse Kerk? Hulle is weer oop NET vir wit mense. waarom word hulle uitgelos?

Lana ·

Jaco, al wat makliker is as die vraag wat jy vra, is die antwoord wat ek gee.
Kerk en politiek is nie dieselfde ding nie.
Net so mag jy byvoorbeeld kies watter taal jy wil praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.