VF Plus vs BLF: Stryd duur voort

Andile Mngxitama, president van die BLF. Foto: ANA.

Die VF Plus het gesê sy regsaksie om Black First Land First (BLF) as politieke party van die lys te skrap duur voort, al het die party vir eers sy aansoek weens ʼn tegniese rede teruggetrek.

ʼn Appèlaansoek is nou in die plek daarvan by die verkiesingskommissie aanhangig gemaak om die BLF te stuit, het dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, gesê.

“Die VF Plus meen die meriete van die saak is sterk aangesien die Wet op die Verkiesingskommissie die hoofverkiesingsbeampte verbied om ʼn politieke party te registreer wat lidmaatskap uitsluit op grond van ras, etnisiteit of velkleur.

“Daar is egter ʼn tegniese juridiese argument wat die saak kan kelder. Daarom het die VF Plus eerder nou ʼn appèl by die kommissie aanhangig gemaak en hom sewe dae toegelaat om daaroor te besluit.”

BLF het intussen in ʼn verklaring gesê die party het die VF Plus oorwin. “Die lafaards en rassistiese VF Plus het geen saak gehad nie, prosedureel én polities. BLF is al langer as twee jaar by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geregistreer, en VF Plus het die kans lank reeds verbeur om beswaar te maak teen BLF se registrasie.

“Die rassistiese VF Plus versuim ook om te aanvaar dat swart mense sonder rassistiese gronddiewe kan organiseer om die historiese en huidige rassistiese anti-swart samelewing te beveg.”

Dr. Pieter Groenewald. Foto: VF Plus

Volgens Groenewald sal die VF Plus egter na gelang van die uitkoms van dié appèl, of indien die kommissie sloer met ʼn besluit in hierdie verband, die aansoek weer op ʼn dringende grondslag by die kieshof in Bloemfontein indien.

Die verkiesingstydlyn vir die komende verkiesing noodsaak die kommissie om so gou moontlik ʼn besluit oor die appèl te neem.

“Die VF Plus het reeds op 17 Januarie vanjaar die aangeleentheid onder die aandag van die hoofverkiesingsbeampte gebring. Die OVK het egter eers op 13 Maart geantwoord op die VF Plus se skrywes in hierdie verband.

“Dit het toe eers aan die lig gekom dat die grondwet van die BLF, soos ingedien by die hoofverkiesingsbeampte, dieselfde is as die een wat op hul webwerf verskyn en wat lidmaatskap op grond van ras uitsluit.”

Groenewald het gesê die VF Plus sal nie moed opgee in die stryd teen die BLF se rassisme en rassepolarisasie nie. “Die minagting van Suid-Afrika se Grondwet en die wetgewing wat verkiesings rig, mag nie geduld word nie.”

Die BLF het gesê hy sal aan die OVK skryf om sy misnoeë te kenne te gee rakende die VF Plus se regsaksie.

“Die BLF wil rassistiese gronddiewe, onder wie die lafhartige VF Plus, waarsku dat niks ons sal keer nie, ons gaan parlement toe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

62 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Ek is nie oortuig dat daar een party in SA is wat vir die voorspoed van ons land en burgers omgee nie. Dit gaan oor húlle.

Anni

Nou wonder ek Wie is eintlik di rassistiese grond diewe??? Siestog kom by

Jerry

VF moet regtig hulle huiswerk eers behoorlik doen. Wat die rede ookal is dat julle nie swart toelaat om swart uit te sorteer nie sal net julle weet. Om op die bandwagon te spring teen die radikales is slegte taktiek, want dit gee hulle die nodige blootstelling en publisiteit wat hulle nodig het om mense se bewustheid binne te dring! Werk agter die skerms met wit teen swart sake, bly uit die kalklig uit! Die EFF en BLF se hele modus operandi is om swart en wit teen mekaar af te speel ten einde swart steun te werf en die… Lees meer »

Werner

Mos gesê hulle sal niks oorkom nie die VF mors hulle tyd hierdie is Afrika howe en verkiessings werk nie hier nie

John

Dit is nie die taak van enige party om te bewys wie aan die verkiesing mag deelneem of nie. Daar is reeds regulasies in plek wat die verkiesingskommissie moet eerbiedig. Hoekom wil Groenewald nou hul vuilwerk doen. Neem dan eerder die kommissie hof toe. Hy probeer die DA nadoen. Vertel ook eerder aan partylede wat julle vir hulle gaan doen en spandeer geld aan opbouende projekte. Ons het nie nog ‘n moesie op die neus nodig nie.