VF Plus waarsku Malema oor grondgryp-uitsprake

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Foto: enca.com

Die leier van die EFF, Julius Malema, speel met vuur met sy uitsprake en voorgestelde plan om op 6 April vanjaar onbesette grond deur lede en ondersteuners van die EFF te laat beset, sê Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Groenewald sê hierdie uitsprake skep konflik, vertroebel verhoudinge in Suid-Afrika en het die potensiaal van anargie wat Suid-Afrika nie kan bekostig nie. “Die grondkwessie word deur beide die EFF en die ANC misbruik om steun en aansien onder kiesers te probeer werf,” het hy bygevoeg.

“Suid-Afrika is ʼn grondwetlike demokrasie waar private grondbesit beskerm word en enige ontneming of onteiening daarvan sal moet plaasvind binne die wetlike raamwerke wat daarvoor gestel is. Indien daar met geweld opgetree gaan word om grond te beset, dan moet die EFF en sy ondersteuners daarvan kennis neem dat grondeienaars ook geweld sal gebruik om hul eiendom te beskerm.”

Groenewald het gesê sou sulke konflikte ontstaan, sal die EFF die volle verantwoordelikheid daarvoor moet aanvaar, en die VF Plus sal Malema persoonlik aanspreeklik hou vir die gevolge wat daaruit mag voortspruit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Manie ·

Ek het nou Desember gery van Amanzimtoti na Margate sê kant al teen die see. Vir tientalle km sien jy net swart mense met die beste see uitsig. Gesteel want daar is nie n sent daarvoor betaal. Ek dink daardie grond moet beset word want dit is prima grond .Gesteel en nie n woord word gesê oor die grond vergrype van zoeloes in Natal.

popeye ·

Ek verskil van die siening dat die party/e dreig om dit te doen vir politieke ondersteuning. Hulle (lui lakke leiers) doen dit om ALLES vir hulself te vat. Gebruik die gepeupel om hul eie agendas te dryf!

Johan II ·

Hul eie agenda vir politieke gewin…wat wil hul (malema en kie) met grond maak, daar is baie in die tuislande.

Frans ·

Gebruik face book en twieter wit mense kom staan saam en wys genoeg is genoeg

PMB ·

Die mannetjie se net wat hy wil en ek sien niemand of geen party wat hom gaan stil maak nie?? Hy ploeter net voort en breek af soos hy voort gaan. Goed of sleg, hy het teminste n plan vir sy party. Dit is meer as wat ons kan se van die ANC wat net vure dood slaan en die DA wat opsoek is na n hofsaak Intussen terrorieseer die mannetjie die nasie!!!!!

Marc Rabie ·

Ek verwonder my oor die kranksinnige obsessie met grindbesetting wat nêrens nog ooit volhoubare oplossings tot politieke onrus gebied het nie. Grondbesit is ‘n duur onderneming. Dit lei selde tot rykdom of ekonomiese selfonderhouding of beskikking. Daar’s net sekere mense wat ‘n stuk grond in ‘n goudmyn kan omskep. Hulle is nie so baie nie. Boonop is daar nie voldoende dienste en finansiële infrakstuktuur deur die Staat geskep om Landbou vir ongeletterdes volhoubaar te maak nie. Ek wens Malema en sy affiliate het soveel brein as bek gehad.

leilanie fourie ·

Suid afrikaners moet hard bid vir n nuwe leier, soos Donald Trump.

Arie ·

Die VF+ se boodskap moet direk aan Malema oorhandig word. Kommunikasie via die media is ook speel met vuur. Malema kan na grond gryp en geweldadige gevolge net eenvoudig beweer dat hy nooit die boodskap gesien of gehoor of enigiets het nie.
Dit moet positief bevestig word dat hy die boodskap in sy hande gekry het – geen uitsonderings nie.
Enigiets anders kan groot probleme veroorsaak.

Stefaans ·

Janee, ons het vir partye soos die VF en DA gestem tydens die munisiepale verkiesing in 2016. Waar is hulle nou in Fochville? Dit lyk eerder of dinge nog erger verval met die ANC en die ander partye maar net vinger wys op foto’s in die plaaslike koerant en blaf soos klein hondjies

Boland ·

Dankie oom Pieter.Julle is ook al party waarvan ons hoor.Jy het my stem bygekry.

Spogsog ·

Dankie Mr Groenewald ons is nou keel vol. Hulle moet op hou dreig en doen. Ons sal ons land op die wyse terug neem…..

Koos ·

So, as konserwatief SA en Mugabe nie van jou hou nie, is Afrika oorheersing waarskynlik jou voorland. En ondergang……

Louise Jansen ·

Ek dink baie mense van SA is keelvol vir hierdie soort uitsprake oor grondbesetting…plaasmoorde en vat wat nie behoort nie en hier praat ek van baie rasse in SA…en dis n kwessie van tyd en daar gaan n helse burger oorlog uitbreek. Maar een ding sal Malema moet besef en die regering. Mense gaan nie meer terugstaan vir net kom vat my grond nie en mense gaan nie meer terugstaan vir plaasmoorde nie. Dan moet daar seker ook n leuse wees. As jy vat met geweld…aanvaar die gevolge met geweld. N oog vir n oog en n tand vir n tand. No more ja en amen op alles.

Kobus ·

Hiermee stem ek volkome saam…ek het al die voorspelling meer as 2 jaar gelede gemaak dat SA voor 2020 in n burgeroorlog gedompel gaan wees…nie rassesuiwering soos dit nou gaan met die plaasmoorde…maar n volskaalse oorlog tot die einde….en moenie verbaas wees dat wit en swart aan beide kante saam gaan veg

Chris Ws ·

Mal ema het nie ‘n clue waarmee hy besig is nie.Hy misgis hom totaal as hy dink ‘n boer gaan sommer so sy tasse pak en sy plaas ontruim en alles oorgee vir grondgrypers.Hierdie is NIE Zimbabwe nie.Daar SAL gebloei word!

Emily Hobhouse ·

Dit skyn Julia Crystal (aka Julius Kristalbal) Malema het sedertdien na sy speelsessie in ‘n put sand saam met maatjie Lord Robin Renwick (Malema’s Handler) (hoekom is London altyd in die agtergrond???), nou eers sy ware talent ontdek. Profetiese insig in die toekoms ….. Houtwerk gaan maar moet wag). Selfs Ramaphosa moet maar eerder hou by McDonalds!) Aunty Crystal het gepraat. Wat hy wel nie DUIDELIK SIEN en BESEF nie is dat hierdie boervrou ook met vuurhoutjies kan speel. Om nie van petrol te praat nie! Ek daag jou uit Julia, kom beset my agterplaas. Ek steek vir hom aan die brand. Ek mag dalk so lekker speel, ek besluit dalk om die brandstigters in die Kaap uit te help – steek sommer al die ander provinsies ook aan die brand. (Nota aan self: onthou die marshmallows!) Verskroeide aarde beleid. Brand ALLES LETTERLIK tot op die grond. Maklik, dan bly daar niks meer oor om oor te baklei nie! AAN ALLE BOOSDOENERS, BOERE EN HONDE MOORDENAARS, DONKIESLAGTERS – mag sewe soorte HEL jul tref!

Johan ·

Groot praat se Moses. So leer ek die Afrikaner ken. Kom ek verduidelik vir julle waarom julle niks gaan doen as hulle grond gaan beset nie. Die Afrikaner se denke is binne die post-moderne denk raamwerk. Dit beteken jy dink wat jy behoort te doen om lojaal en verantwoordelikheid te demonstreer. Maar in jou gedagtes is jy altyd die held wat niks oorkom nie. Daar is ‘n wêreldse verskil tussen jou verbeelding en die werklikheid. Jy het nie soveel beheer oor die werklikheid soos oor jou verbeelding nie. Werklike lojaliteit en verantwoordelikheid vra soms ‘n groot offer. Post-moderne denkers is hieper selfsugtig om te offer, want alles is net ‘n relatiewe subjektiewe belewenis, waarin hulle dink hulle is in beheer en wen altyd. As die plase beset gaan word, sien jy skielik die realiteit van lewenslange tronkstraf as jy sou skiet. Dan soek jy na al die opsies om die probleem op te los met die kleinste offer. Dan as jy jou magtelose situasie sien vir wat dit is, doen jy die volgende post-moderne ding: jy blameer almal vir jou skade.

Pop ·

Grap is net dat hulle op die 6de die gronde sal vat en wat gaan met hulle gebeur. Sweet blow all. Mr. Groenewald, julle weet dit net so goed soos wat die DA en elke ander klein party dit weet. Sal jare vat in elke hof om hulle af te kry en by daai tyd is daar niks oor op daai frond nie. Plakkerskampe so ver die oog kan sien. Hier jaag hulle mens nie van jou grond af soos Mugabe gedoen het nie. Nee, dit word op ander maniere gedoen. Veel erger maniere soos om ons ou mensies te vermoor en vermink.

Rynhardt ·

Pop, die VF+ was destyds by Kodesa waar hul alnal geonderhandel het volgens die Vryheidsmanifes-beginsels.M.a.w. , ons as blankes mag geen bestaabsreg he nie.Dit sluit in dat jy geen grond mag he nie.Die VF+ weet al hierdie dinge.In die nuwe SA , het jy na 23jaar n toekoms met regstellende aksie as blanke? Dreig die Anc en EFF nie dat hul alle grond wil he nie? Kan ons sien hoe bogenoemde heendaagse dinge aansluit by die Kodesa-onderhandelings van die verlede?

danie ·

Ok ek verstaan nou nie die bohaai nie, hulle wil onbesette grond beset. Of wil hulle privaat eiendom beset. Daar is redelike verskil tussen die twee stellings.

Jakalas ·

Ons gaan dan maar moet reg mak vir 6 April, want die boere van daai land gaan dit nie op hulle eie kan beskerm nie. Tyd om bietjie saam te staan om vir die EFF te wys hulle mors met die verkeerde mense.

Ilse ·

Net so keel vol vir die gemors. Ek sal ook nie terug staan nie ek is jammer hy moet kom vat wat nie aan hom behoort hy sal verseker sy sterre sien. Tronk gaan my ook nie sien nie jammer vir die regering.

Moeg ·

As 6 April beteken ek moet baklei vir my land… Dan doen ek dit vir my God,Nasie en Familie/Gesin! Dis net n kwessie van tyd tot die bom bars! Ek gaan dit waarskynlik nie maak deur n oorlog nie, maar verseker gaan ek n paar saam my vat!!!

Wollie ·

Snaaks dat die DA waarvoor al die wittes gestem het in die afgelope verkiesing om ‘n ‘sterk opposisie’ te vorm hom nie gewaarsku het nie, nou moet die VF weer herrys om die regte ding te doen. My mening is dat mense wat nie plase het nie, nie dink die grondvergrype gaan hulle beinvloed nie, dit was nog altyd ‘n siekte van die blankes (waarvan ek een is) – dat solank iets hulle nie direk raak nie, voel hulle ‘n VEER … surprise surprise .. julle wat by Woollies koop, gaan eerste afchop.

Rynhardt ·

Die EFF is die Anc se militante vleuel! Hul sien die wittes is die minderheid en wil nes die Anc al die grind he! Plaasbesettings gaan kom! Daar sit partye in parlement wat niks gaan doen om dit te keer nie.Hoekom? Jy het Anc-faksies in parlement.

AL ·

Hierdie geveg gaan ons nie verloor nie – daarvoor roep ek Christus as getuie. Ons staan saam en bely ons sonde en neem Hom op as Verlosser en plaas ons geloof en hoop ten volle op Hom. Hy sal ons lei uit hierdie gevaarsone – hoekom? Omdat Hy Heerser en Koning is van die heelal.

AL ·

Die witman het nie grond gesteel nie en het dit ook nie mahala gekry soos hul dit nou wil doen nie. Ons het betaal vir ons grond hetsy plaas of munisipale erf. Ons was nie bevoorreg gedurende apartheid om HOP huise en erwe te kry soos vandag se swart mense nie. Malema wil nou n uiters broos ekonomie nog verder vernietig. Waarvoor het Pravin Gordhan en Ramaphoza die uiterste moeite in switzerland gedoen om die wereld te oorreed dat SA stabiel is? Kla Malema aan vir binnelandse terrorisme / misdaad teen staat aan omdat hy die stabiliteit en veiligheid van SA bedreig.

Spioen ·

@AL wat bedoel jy dat Christus ons gaan lei? Wil net een ding sê, God help net dié wat hulself wil help. Bid en ‘n army gaan uit die hemel kom, gaan jy nie kry nie.

lettie ·

Ons het betaal vir grond, laat hy dit ook doen. Nie ons skuld dat sy tamatieplaas opgeveil is omdat hy SARS geld geskuld het nie. Wil hy nou wraak neem? Hoeveel korrupsie is al gepleeg met grondeise? Mense wat die staat belieg het deur te se hul is geregtig daarop? Vooruitstrewende plase wat nou braak le omdat hul te lui is om kommersieel te boer? As hulle so groot belangstelling het in sogenaamde boerdery hoekom sukkel n mens om n werker te kry wat jare met jou n pad kan stap? Want n plaas is vervelig om op te bly – dis waarom hul so lief is om te verstedelik.

Schalk ·

Ongelukkig kan die man nie verstaan dat sukses is nie om iemand anders se harde werk te steel nie. En juis daarom is Afrika waar hy is.

John ·

Brute rassisme aan die kant van die grypers is eerder ter sprake as post-modernisme. Wat ons nie moet vergeet nie as dat daar bykans 40 milj volwasse(?) anderskleuriges is wat almal ‘n plasie of 2 benodig en hierdie mense behoort tot vele groeperinge. Groot haat en baklei gaan volg. Wie gaan wat vat? Wie gaan uitdeel en wie betaal? Wie gaan die skuld betaal van die oneiendes?… En watter bank gaan lenings aangaan met die stelers van die grond? Uitlanders met lenings van buitelandse banke gaan die base van die plase word… en die grypers gaan vir hulle werk… vir ‘n oulap en minder…

hannes marais ·

wil net my bydrae lewer.God kyk nie net na een groep van n volk nie..dis nie net die boer op die plaas wat se grond in gedrang is nie..ons volk se taal kultuur geskiedenis is daarmee heen..blankes leef in haglike omstandig hede in die sogenaamde ‘plakkerskampe’ en niks word daarvan gese nie.duisende witmense is in dorpe en stede al vermoor vanaf 1994

Robert Peter Pretorius ·

Hoekom probeer hulle nie dit doen op die 1 ste April nie? Dan noem ons die dag ” JULIUS THE FOOLS DAY “.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.