VF Plus wil dispuut verklaar oor e-tol

e-toll

(Argieffoto)

Die VF Plus wil na afloop van die verkiesing ʼn veldtog van stapel stuur om die drie Gautengse metro’s, Tshwane, Johannesburg en Ekurhuleni, te oorreed om ʼn formele dispuut te verklaar met die nasionale regering oor die e-tolstelsel.

Partyleiers meen die VF Plus se steun sal toeneem in al drie metro’s tydens die munisipale verkiesing en dat hy óf deel van ʼn koalisieregering gaan uitmaak óf ʼn sterker en groter opposisie sal wees. “Die party sal dus ideaal geposisioneer wees om die metro’s te beïnvloed om die dapper stap te neem om te eis dat die e-tolstelsel afgeskaf word,” sê adv. Anton Alberts, leier van die VF Plus in Gauteng.

Die gehate e-tolstelsel word reeds die afgelope maande as politieke speelbal gebruik, met die ANC in Gauteng wat telkens aankondig dat die besluit geneem is om e-tol te skrap, terwyl so ʼn besluit nog geensins deur die nasionale departement van vervoer geneem is nie.

Alberts sê die stelsel vleg deur die drie metro’s en daarom sal die plaaslike regerings die reg hê om ʼn formele dispuut met die nasionale regering te verklaar.

“Indien die nasionale regering nie gehoor gee nie, kan ʼn formele dispuut verklaar word ingevolge die tersaaklike wetgewing. Indien geen oplossing gevind word nie, sal die metro’s ʼn hofaansoek kan bring om die e-tolstelsel af te skaf.

“Op hierdie wyse tree die plaaslike regering in die bresse vir die groter publiek wat lankal die gewraakte e-tolstelsel met minagting verwerp het.”

Volgens Alberts verbind die party hom tot die stryd om e-tol finaal tot ʼn einde te bring.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

DieKriek ·

Ja, doen dit dringend. Hoekom word Gauteng hiermee gestraf terwyl die Kaap dit suksesvol kon afweer?

Harley Davidson ·

Onderhandelinge vir’n tuistaat moet hoog op hulle agenda wees dan doen hulle iets nuttig.

Pieter ·

Loop voor, ou frik. Soos die ouen wat Bophutahtswana aangeval het. Julle bravado wys julle weet niks van oorlog af nie. Of julle gee niks om vir julle familie nie.

Hoekom ·

Moet nie ‘n dispuut verklaar nie. Breek die goed af. Ons betaal genoeg aan ons geld suier regering. ‘n Niks werd land waar die se burgers die meeste belas word in die wye wereld…

Pieter ·

Hoekom nou? Verkiesings poefie soos min. As hulle ersntig is, sou dit lankal gebeur het. Maar hulle het tot nou toe geswyg oor E-Tol. Stil soos die graf.

Keelvol ·

En wat het die DA sovêr omtrent gedoen? Hulle sê mos hulle “kry” dinge gedoen.

Jr ·

Aai die “LAZARUS HAS RISEN” party vir wie ek menige kere gestem het nou in verkiesing tyd besluit om iets HOF toe te vat. Mooi hou so aan dan sal ek miskien vir julle weer stem. Ek was n myner wat dinge gedoen gekry het nie net in parlament opgestaan en gepraat. In Engels sê hulle ” Actions speak louder than words”. Maar ja at least doen julle iets nou, al is dit n nie belangrike saak nie

Frik ·

Natuurlik is dit n belangrike saak.
VF Plus praat nie net in parlement nie, hulle kry dinge gedoen!

Pieter ·

maar etol is nog steeds met ons …niks gedoen of gepraat daaroor nie. Jy verwar jou slagspreuke.

Jr ·

Sê my nou “wie betaal hom”. Wie is geprosecute omdat hulle nie betaal het en julle twee gee my een saak in die hof wat VF gewen het. NET EEN

Jack ·

Waarom so negatief. VF+ en Afriforum het tot onlangs alleen gestaan teen ANC wanbestuur. Die DA was te bang om ANC te kritiseer omdat hulle graag swart steun wou werf en daarom niks teen SWART wanbestuur opgestaan nie. Hulle was die ANC-lite. Dis slegs nadat DA oor verskeie blapse blanke Afrikaner steun verloor het hulle ook openlik ANC begin kritiseer het.

Jr ·

Nie VF kyk mooi jou feite. Afriforum en Solidariteit is ver voor VF. Afriforum en Solidariteit is die beeste en VF is die ossewa. Wie doen die werk eintlik eerste. En julle is verwaar, ek het hulle nie afgeskryf vir my stem MAAR HULLE MOET BEGIN MEER AGGRESIEF WEES

Frik ·

Dankie VF Plus!
Julle is ysters en ek het nogal altyd vir julle gestem.
Laat ons VF Plus stem en die party nog groter en sterker maak!

Pieter ·

Wat!. Omdat hulle nou iets gemompel het oor Etol. Daar was meer as genoeg tyd om iets daaraan te DOEN. Maar VF- was tot nou toe grafstil daaroor.

JohanR ·

Ek bly in die Wes-Kaap maar kom hulp om die vieslike goed af te breek! Kon nog nooit sien hoekom ‘n privaat voertuig moet betaal en die taxis ry maar aan en aan en aan.

Waarnemer ·

AI tog en so probeer die VF stemme kry vir Maandag.Julle poep teen die wind,dit gaan niks help nie omrede die tol gelde die AenC amptenary skatryk maak.

Frik ·

Ja, en jy bla, bla, bla net!
Ten minste staan VF Plus op teen die e-tol stelsel.
Stem jy ooit of kla jy net en doen niks nie?

annie ·

Wanneer adv Alberts die leier van die VF Plus is sal ek dalk vir die party stem. Die clan moet plek maak. Dit kan nie die Kennedy’s of die Zuma’s se drome bly nadoen nie, of die ou NP-langbroeke of -kortbroeke se speletjie wil aanhou speel nie en dink Afrikaners is maar die dom-, dig- en difficult-tipe wat dieselfde families vir ewig in die parlement wil onderhou nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.