VF Plus wil weet wie diesel aan Eskom verskaf

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Eskom se vertrapping van die verbruiker kan nie langer geduld word nie en die VF Plus sal die beoogde verhoging in kragpryse op elke manier moontlik teenstaan, het dié party in ʼn verklaring gesê.

“Die VF Plus beplan onder meer ʼn protesoptrede by Eskom se hoofkantoor Megawatt Park in Sunninghill, en gaan daarop aandring dat inligting bekend gemaak word oor wie diesel aan Eskom verskaf, en teen watter prys,” het Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, gesê.

Volgens Alberts is dit ʼn gegewe dat die verhoging hoofsaaklik aangewend gaan word vir die aankoop van diesel wat die land se kragturbines aan die gang moet hou, en vrae word ‘wyd gevra’ oor wie bevoordeel word deur die dieselkontrakte.

“Die VF Plus is totaal gekant teen die verhoging, en besef deeglik dat dit gebruik gaan word om diesel teen gelaaide pryse van kaders aan te koop wat die krisis wil gebruik om die vinnig krimpende staatskas en die belastingbetaler met nog miljarde rande te melk,” het Alberts bygevoeg.

Die party is van voornemens om deur parlementêre vrae kragtens die Wet op die Bevordering en Toegang tot Inligting uit te vind wie is die dieselverskaffers.

“Die Maatskappytribunaal gaan ook gevra word om Eskom se direkteure te ondersoek om vas te stel of daar ʼn verbreking was van hul vertrouensverpligting tenoor Eskom wat hul vergoeding aanbetref,” het Alberts gesê. “Met ons protesoptrede by Megawatt Park, gaan die VF Plus ook eis dat Eskom se direkteure hul buitensporige en onverdiende bonusse terugbetaal.”

Volgens hom is die kragverhoging, soos met die onlangse belastingverhogings, ʼn klap in die gesig van die publiek wat op hierdie manier gedwing word om te betaal vir die onbeholpenheid en vergrype van die staat en sy instellings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Mathys Doman ·

Diesel aan Eskom.
Oa twee kader-dames; hulle het tenders gekry om diesel aan Eskom te lewer. Die een ‘n tandarts en die andereen ‘n skoonheidsdeskundige; hulle het maatskappye op papier? BELAGLIK!
Kan die diesel nie direk by Sasol aangekoop word nie?

CHRISTA ·

Ek kan nie verstaan hoe ons in die verlede met internasionale sanksies teen ons steeds die ligte kon aanhou nie. Nou is die dae van sanksies verby en die ANC kan nie eers die verbruikers wat vir hulle KRAG BETAAL van krag voorsien nie!!! African National Circus!!!!

Amanda ·

As Soweto se krag alleen 8 biljoen agterstallig is, hoekom word daar gewonder hoekom moet ons meer betaal vir krag…………? JZ hoef vir niks te betaal nie so hoekom moet sy volk????? Dan praat ons nie eers van al die korrupsie in die topbestuur soos oorbetalings, nepotisme ens, ens. ens.

JZ ONS "SWAK VOORBEELD" ·

Soweto skuld 8 biljoen vir krag……maar laat ek nie betaal nie word krag summier afgesny….hoekom sal Soweto betaal………..JZ hoef vir niks te betaal nie so hy het die kultuur geskep en hou dit in stand van wanbetaling of geen betaling nie…..dan praat ons nie van wantoekennings van tenders, oorbetalings van topbestuur ens. ens. ens.

Frik Lotz ·

Sal graag wil weet wie diesel verskaf aan Eskom. Goed gedoen VF Plus! Jul het jul vinger op die pols. Doen so voort met die goeie werk.

anna ·

Natuurlik n bee company wat family is van een of ander minister ook.

david ras ·

Terwyl VF+ ondersoek instel na die verskaffers van diesel, kan hulle gerus ook navraag doen oor kontrakteurs wat steenkool verskaf–dis nou benewens die direkte voorsiening vanuit die myne.
Daar is jare gelede al berig oor kaders wat elk ‘n vragmotor en ‘n kontrak het.
Dieselfde truuk word nou in Madibeng uitgehaal met die voorsiening van water …….!

maria ·

Dit is hoekom ons verhoogde brandstof pryse moet betaal.so buit hulle ons uit

david ras ·

VF+ kan sommer ook navraag doen or die name van kaders wat steenkool aflewerings kontrakte na die steenkool gedrewe kragstasies het. Behoort ook interessant wees !

P. Buizer ·

Eskom sê vir ons al die tyd dat ons ten minste 10 % krag moet bespaar. Miskien, heel miskien, besef hulle dat as
almal 10 % minder krag gaan gebruik dit ook 10 % minder inkomste beteken. Dus moet die prys met 11 % verhoog word om weer die gewone inkomste te kry.
‘n Mens kon dit al myle ver sien aankom het. En ja,
sodra die verhoging goedgekeur is sal daar vir ‘n
sekere tyd nie meer beurtkrag wees nie.
Eb vandag het hulle ons laat weet dat gister beurtkrag toegepas was …………….. Daar was niks daarvan in die nuus nie.
Swak, swak, swak.

J.Z ·

Hoekom voel dit vir my dat ek begin voel ek iets ken wat slegter as Apartheid is.

John ·

Diesel, steenkool, onderdele, toerusting. Synde die VF+ nou die sweep begin klap, laat ons sien wat kom op die tafel. Steenkool word per vragmotors aangery wat weer ñ onsttende uitwerking op die paaie het, wat nie werklik ontwerp is vir die hoë en swaar verkeer nie. Daar is reuse steenkool myne wat op ñ baie makliker en goedkoper manier steenkool kan lewer maar hulle is nie BEE. So word daar diesel gelewer, diesel word mos nie gereguleer nie, deur BEE en soos Zumpie, skep BEE. Nie met vurke of lepels nie, nee met laaigrawe. Die uiteinde is dat die verbruiker, wat die melkkoei is, maar net weer gemelk word en die BEE staan en lag. Ek glo Zumpie lag uit sy maag want hy trek net soveel voordeel. So het Mantash se vrou ook die voedselkontrak gekry vir miljoene.

carol every ·

Absoluut ‘n skreinende skande hierdie verhogings, wat gaan ons as pensionarisse doen as die krag so styg? Wat is die verhoging in April – 12% of wat? Verbeel jou, 25% in Julie, elektrisiteit is alreeds onbekostigbaar!!!

carol every ·

Regstelling – Jammer my fout, nie 25% – dit moet lees 14,25%

LJ ·

Gaan kyk wie het almal die nuwe brandstof staatstender gekry RT70 2014 Feb 2015 waarvoor hulle die tenders ingesit het en wat hulle betaal word groot verskil – hemelsbreed jy het net n faks en epos nodig wie betaal daarvoor ? Omdat party caders nie kan lewer nie staan party staats departemente ,Die begunstigdes –
Op National Treasury se web werf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.