VF+ soek parlementêre debat oor Nkandla

Pres. Jacob Zuma se privaat Nkandla-woning

Pres. Jacob Zuma se privaat Nkandla-woning

Die Vryheidsfront Plus het ʼn dringende parlementêre debat oor die openbare beskermer se verslag oor Nkandla versoek.

“Die Vryheidsfront Plus gaan die speaker in die parlement, in terme van reël 103 en 104 van die nasionale vergadering, vra dat ‘n dringende debat van openbare belang oor die Nkandla-verslag gehou word,” het Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre leier, in ʼn verklaring gesê. “Hoewel die parlement in reses is en die oorweging van die speaker gewoonlik gedoen word wanneer die parlement in sitting is, beskou die Vryheidsfront Plus hierdie saak van soveel openbare belang dat die speaker ‘n uitsondering moet maak en selfs ‘n spesiale sittingsdag reël.”

Groenewald sê die VF Plus se versoek is anders as die van die DA. “Hierdie versoek is anders as die DA se substantiewe mosie waar die mosie heel waarskynlik deur die ANC-meerderheid afgestem sal word. Die VF Plus rig hierdie versoek en die speaker sal dit moeilik van die hand kan wys in terme van die vereistes van reël 103 en 104. Hierdeur kan verseker word dat pres. Zuma en sy ministers minstens moet debatteer in die nasionale vergadering oor die bevindinge van die verslag,” het Groenewald gesê.

Lindiwe Mazibuko, parlementêre leier van die DA, het vroeër gesê sy gaan ʼn formele versoek by die speaker indien om die nasionale vergadering as ʼn saak van erns te herroep om met stappe te begin om president Zuma te vervolg in terme van Artikel 89 van die grondwet. Die DA en die Ekonomiese Vryheidsvegters het ook reeds kriminele klagte teen Zuma aanhangig gemaak.

Thuli Madonsela, openbare beskermer, het verlede week haar finale verslag oor Nkandla bekend gemaak. Sy het bevind dat Zuma en sy familie onbehoorlik by die veiligheidsopgraderings by Zuam se privaatwoning in Nkandla gebaat het.

Lees ook:
Madonsela het vir haar lewe gevrees
ANC wil DA aankla oor Zuma-SMS
Video: Nkandla-verslag opgesom
Só sê ANC oor Nkandla-verslag
Nkandla: Zuma en ministers moet bedank
Presidensie reageer vandag oor Nkandla-verslag
Nuuskommentaar: Nkandla-verslag: Wat nou?
Nkandla-verslag: DA en EFF doen strafregtelike stappe teen Zuma
Radebe: ‘Nkandla-opgraderings was nodig’
DA wil Zuma laat vervolg oor Nkandla
Nkandla-verslag vrygestel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.