Vicki Momberg dank wéér regspan af

Vicki Momberg tydens ‘n vroeëre hofverskyning. (Foto: ANA)

Vicki Momberg het Dinsdag haar vyfde regspan die trekpas gegee – dié keer omdat hulle nie ʼn aansoek ingedien het dat die media nie die hofverrigtinge mag bywoon nie.

Momberg is vroeër skuldig bevind aan vier aanklagte van crimen injuria nadat sy ʼn swart polisielid 48 keer die k-woord toegesnou het. Die polisielid het haar ná ʼn gryprooftog te hulp gesnel.

Sy is in Maart verlede jaar tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir haar rassistiese tirade twee jaar tevore. Een jaar van die vonnis is opgeskort. Sy appelleer nou teen die skuldigbevinding en vonnis.

Regter Thifhelimbilu Mudau het Dinsdag gesê hy gaan nie nog ʼn keer uitstel toelaat sodat Momberg ʼn nuwe regspan kan aanstel nie, aangesien die saak reeds te lank sloer. Regter Mudau het gesê Momberg kan haarself ná ete verteenwoordig.

Met die aanvang van verrigtinge in die hooggeregshof in Johannesburg het Momberg teen haar prokureur, Wesley Rogers, uitgevaar omdat hy nie die aansoek ingedien het nie.

Rogers het gesê voorvalle wat vóór vanoggend se hofverrigtinge plaasgevind het, het gelei tot ʼn verbrokkeling in sy verhouding met Momberg en dat hy en adv. Anesh Sukdeo haar nie langer kan verteenwoordig nie. Rogers en Sukdeo het Momberg gratis verteenwoordig.

Nagenoeg vyf regspanne het hulle al vantevore aan die saak onttrek weens onenigheid met Momberg.

Regter Mudau het gesê daar is geen meriete vir ʼn aansoek om die media te verbied om die verhoor by te woon nie, aangesien die saak in openbare belang is.

Momberg het vroeër, terwyl die hofverrigtinge reeds aan die gang was, die saak onderbreek en gesê sy wil voortaan haarself verteenwoordig omdat haar regspan nie haar aanwysings oor die aansoek gevolg het nie.

Sukdeo het aan regter Mudau gesê Momberg was ongelukkig met die hulp wat Rogers gebied het en dat hulle daarom hulle dienste aan haar moet opskort. Hy het volgens hom wel aan Momberg verduidelik wat gaan gebeur as hulle aan die saak onttrek en dat hy nie sonder Rogers vir haar kan werk nie.

“Al die werk is gedoen en hoewel ons die hof graag wil help, kan ons dit nie sonder aanwysings doen nie,” het Sukdeo gesê.

Volgens hom het Momberg gesê die regshulpraad kan haar nie help nie omdat sy nie volmag aan haar bank kan gee nie.

Momberg het aan regter Mudau gesê heelwat wanvoorstellings is reeds gemaak, asook dat die staat haar tyd en geld mors.

“Die papierwerk is nie gedoen nie. Dit is alles misbruik wat ek by die Randburg-hof moes deurmaak. Die mediaberigte was eensydig en het ʼn uitwerking op my vermoë om ʼn inkomste te verdien en my gesin gehad,” het Momberg in die hof gesê.

Momberg het aangevoer die media se teenwoordigheid beïnvloed haar geloofwaardigheid en gesondheid.

“Suid-Afrikaners het ʼn reg om te weet en die media het ʼn plig om verslag te lewer oor die verrigtinge,” het die regter aan Momberg verduidelik.

Momberg het die regstelsel daarvan beskuldig dat dit onvoldoende en onbehulpsaam is en dat sy daarom ʼn private regsverteenwoordiger gekry het, al het sy nie die geld om daarvoor te betaal nie.

Die verrigtinge word vanmiddag hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Genade ·

Jac jy praat maklik. Menigte was of maak hul nog skuldig maar sy moet daarvoor boet in ‘n tronk. Onregverdig.
Ek hoop en bid sy sal slaag met haar aansoek.

Lizelda ·

@Genade wat verkeerd is is verkeerd. Maak nie saak of ander dit doen of se nie. Op d ou einde mowt n mens een of ander tyd remorse wys. Maar die vrou???

Niklaas ·

Sy kom nie voor as een maklike antie nie. Dit wil voorkom asof sy wavragte vyande maak. Reeds in die moeilikheid weens uitgesprokenheid. Sy is haar eie grootste vyand. Ek voel eintlik jammer vir haar.

Phillip ·

Nee wat, daar is nie salf aan te smeer nie. Sy is haar eie vyand. My magtig! Wanner is genoeg dan genoeg. Sy moet maar gaan sit en vir haarself sê” Harde gat word sag.”

Corné ·

Stem!!! Sy IS haar grootste vyand. Sy kom voor as ongelooflik hardvogtig, hardkoppig en onredelik.

Heidi ·

Stem saam daar. Maak die lewe vir haarself en haar familie net moeiliker. Kry dit agter die rug en gaan aan met jou lewe.

Strand looper ·

As die zuma nar alles kan uitrek tot eewigheid hoekom kan sy nie? Nar en trawante kom weg met alles gun haar dit !

Antoon ·

Ek kan verstaan dat sy bang is vir die tronk. Die media het reeds haar storie so opgeblaas dat sy as n monster gesien word. Hopelik ontplof hierdie taktiek nie in haar gesig nie.

Netso ·

Dink sy toets haar eie geduld! Hulle kan haar maar vrylaat sy kan verseker haar nou gedra?

DeVill ·

Sy is vir woorde tronk toe gestuur! Wat gaan aan in hierdie wêreld!

Linda ·

Momberg het geen respek vir niemand nie, nie vir die man in straat nie, nie vir polisie nie en nog minder vir die Hof. As sy dan haar eie verhoor wil doen, laat sy dit doen en die gevolge dra. Miskien sal sy in die toekoms besef wat menslikheid werklik is !!!

willem Botha ·

Julle DA stemmers moet onthou sy is n lid van julle party so hoekom haar nou aanval pleks ondersteun julle haar nie eerder in haar tyd van nood nie.

Phillip ·

Ek stem heelhartig met jou saam Linda. Sulke arogansie verdien nie simpatie nie.

Elvira ·

Heeltemal onnodig uitgerek. Syt verkeerd opgetree maar Malema en ander trawante se net sulke onaanvaarbare goed en hulle loop skotvry rond.

Linda ·

Ons moet besef dat in hierdie land is ons die blankes, die minderheidsras, die oomblik wat jy arogant raak, gooi jy petrol op die vuur, dan is jy klaar skuldig, al noem die ander ras jou ook wat !!! Hoe meer arogant jy raak, hoe erger word die situasie. Jy word skuldig in n hof bevind, wat natuurlik rasse haat vererger !!! Die beste ding om te doen is, sit jou trots in jou sak, wees maar net nederig en wys konsuis berou sodat jy uit die situasie uit kan kom. Ons het nie juis n ander keuse nie.

piet piet ·

Want dit was in elk geval n stupid aanklag ek ken n australiese rugby speler met dieselfde van as wat sy gesê het so gaan die piesang regering hom ook aankla oor sy van ,daar is nou op netflix n fliek met dieselfde naam hoekom word die span wat in die fliek speel nie ook aangekla nie,die tronke is 150% vol moordenaars en verkragters doen nie eers n tiende van hulle straf oor hierdie rede ,en dan is daar die geniuse wat vra hoekom is sy nie in die tronk nie Wow

Blommie ·

Is sy nie al hard genoeg gestraf nie.
Het sy nie al genoeg deur gemaak hierdie paar jaar nie.
Sy het uit omstandighede goed gese en verkeerd opgetree in n moeilike tyd.
Hoekom kan hulle haar nie genadig wees nie. Dis nie dat sy soos daai ander man op die strand rond geloop het en goed gese het nie.
Sy het uit skok iets onverantwoordeliks gedoen, was die boete en dat sy onverskoning gevra het nie genoeg nie. As hulle so teen so iets wil optree moet dit vir almal geld en nie net vir n wit mens nie. Dan moet dit vir almal geld, dis regtig onregverdig dat sy getrap moet word deur n fout wat sy gemaak het, wat van die res wat net oor die vingers getik word. Sy het klaar n harde prys betaal daarvoor en al kom sy uit het die hof en media genoeg skade gedoen en haar lewe sal nooit weer dieselfde wees nie.
Maar dis net om die MAG af te dwing!

PG ·

Les vir almal is sit n wag voor jou mond
As jy nie selfbeheersing aan die dag kan le nie is daar ongelukkig gevolge.

piet piet ·

Dit is afrikaner manier val mekaar aan steek vriende in die rug ,maar as malema iets se dan brom hulle bietjie binne monds en gaan stem DA dan voel hulle beter.

PG ·

@piet piet Politiek of DA niks hiermee te doen nie. Die dame het gebrek aan selfbeheersing. Al stem sy EFF of VF sy gaan steeds wees wat sy is. Kry dan berading eerder.

Lizelle ·

Stem saam. Lyk nie of sy menseverhoudings kan handhaaf nie, 5 regspanne later.

Boerin ·

Ek dink almal wat haar so kritiseer moet asb. ophou ! Net amazing hoe maklik ons klippe gooi…jy sou die comments nooit gehoor het sou dit swart op wit gewees het nie…! Nie in jou lewe nie…sy kry swaar genoeg en ek glo sy word nie regverdig behandel nie ! Hoe kan enige een vra “hoekom is sy nog nie in die tronk nie”! Absurd…om die minste te se!

Anonymous ·

Crime or Delict… Hmmm precedent set for future matters… Lines are getting blurry… Punish her but also punish political leaders making their hate public.

Be fair judges. Yes she was wrong and deserves to be punished… But for the love of democracy, and our constitution rights (limitation clause included) be fair in future decisions. White, black, coloured, who cares… No one deserves to be punished alone in a country full of hypocritical backwardness.

Don’t use legal jargon to fool the “reasonable man.” reasonable politicians… Hmmm…

Gert van Wierdapark ·

Heelwat kommentare maak haar nou die “Swart Skaap”, in die verhaal! Dalk is dit halfpad korrek, maar aan die ander kant moet sy miskien introspeksie doen en besef dat sy eintlik haar grootste vyand is. Raad aan haar:Werk eerder saam met jou reg-span en moenie verder op tone trap nie!!

Johanna Botha ·

Vicki het groot geskrik met die aanval op haar …is mens regtig in beheer as mens so groot skrik en jou lewe bedreig was …die staat het geen vermoeë of plan om die burgers in die land te beskerm nie !

Susan ·

Is julle nie van kleins af geleer dat elke besluit wat jy maak gevolge het nie?
Ons woon tans in die nuwe SA & soos wat dinge tans gaan word die witman gekruisig oor sy foute. Mense leer nie uit ander se foute nie.
As jy nie wil hoor of leer nie moet jy maar voel
Min simpatie as mense kort “fuses” het en hul wangedra ????

Oujongvrou ·

Sluit haar asb nou maar toe, ek en vele ander is moeg om van haar te lees. En Willem Botha , hou jou maar in. Niemand hier praat van politieke partye nie.

Linda ·

Ek stem stem Johan, almal het simpatie met Momberg, maar dan moet sy nie so arogant wees nie, en nederig word. Haar arogansie gaan haar ondergang beteken. Almal weet en ken die K-woord, tot die Griek wat uit Griekeland iets te se gehad het, maar hy en ander het nederig geword, wat in hul voordeel is. Die BLF het ook baie vinnig nederig geword toe hulle agterkom hulle is in die sop. In hierdie geval sal ek liewers my mond hou en kamstig berou toon, om sodoende te probeer uit die situasie uit te kom. Nie Momberg nie, sy val almal aan. Ja sy is verbitterd, maar moet dit nie in n hof wys nie. Ek glo dat sy uit hierdie situasie uit kan kom, maar sy moet beheer uitoefen oor haar tong ! Dit veroorsaak groter sensasie. Randburg se Hof is bekend dat hul swart mense se kant vat ! Al is dit nie regverdig nie, is dit so.

piet piet ·

Ek stem nie saam,hierdie vrou word gebruik om te dien as n voorbeeld om julle nog meer bang en nederig te maak todat julle in die toekoms net ja meester sal antwoord as die regering en sy mense praat,nederigheid is een ding ,ruggraatloosheid is iets anders

Shirley ·

Ja nee wraggies @Piet Piet. Tronk toe gaan vir woorde sê? Verstaan hulle nie wat dit beteken nie. In die toekoms kan jy toegesluit word as iemand jou beskuldig dat jy dit gebruik het. En ons almal weet hoe maklik word whiteys beskuldig daarvan. Eers was dit ‘n R150 000 en nou gaan dit 3 jaar word. Wat is volgende?

Harry ·

Vicky Momberg is opreg in alles wat sy doen en hoef nie te buig vir die swart ongeregtigheid wat in hierdie land aan die gang is en teen alle blankes gemik is nie. Sy loop voor in hierdie swart storm en stel ‘n voorbeeld aan al die slapgat wit paddas wat stadig en lekker kook in die swart pot, terwyl hulle ewe parmantig klippe na haar gooi.

Linda ·

Dis beter om liewers ruggraatloos te wees as om in n vuil tronk op te eindig !!! Piet Piet gaan se vir die Hof jy sal in haar plek gaan asb. Dan kyk ons weer na die situasie !!!

Sê ek ook! ·

Vicky vat kanse pleks sy haar deur haar regspan laat rehabiliteer soos in my geval ek sien nie meer kleur nie maar die swartes is nou mense in my oe! Kom tog net by Vicky

Dirk ·

Was dit nou n lid van die ANC of die eff soos reeds verskeie kere gebeur het, wat dan? Dan kry hulle nie tronkstraf nie! Word wakker en hou op om die vrou te veroordeel! Dit wat daartoe aanleiding gegee het, die oorsaak van die gebeure, dit is wat veroordeel en vervolg moet word!

Linda ·

Oor die algemeen word sulke sake na die Randburgse ‘Regional’ Hof toe oorgeplaas, veral as n insident in Sandton ens plaas gevind het. Van Alexander word dit oorgeplaas Randburg toe. Die Magistraat en die Aanklaer daar is swart. As jy Blank is, is jy klaar skuldig bevind, hul gee nie om wat die ander ras jou noem nie ! Veral die Taxi bestuurders, maak n saak teen jou, dan wil hulle kompensasie he en sal n saak teen jou terug trek, as jy weier, word jy gevonnis, al vloek hy jou ook hoe lelik !!! Hierdie vendetta gaan nou al lank aan vir meer as 2 jaar in Randburse Hof. Jy kan die beste Prokureur he, jy verloor jou saak !!! Dis nou die nuwe Suid Afrika !! Bly liewers stil en beheer jou tong !!! en gebruik n ‘trick’ om uit dit uit te kom !!!

Heksie ·

5 regsspanne afgedank en dan kla sy sy het nie geld om te betaal nie???

Sy’s arrogant, sy moet maar kry wat haar toekom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.