Vicki Momberg eis miljoene aan skadevergoeding van staat

Vicki Momberg. (Argieffoto: ANA)

Vicki Momberg, wat in 2018 aan crimen injuria skuldig bevind is nadat sy in ʼn rassistiese tirade polisielede herhaaldelik die k-woord toegesnou het, dagvaar nou verskeie ministers en die nasionale direkteur van openbare vervolging vir R8,5 miljoen.

Momberg was die eerste Suid-Afrikaner wat tronkstraf opgelê is vir dié oortreding. Sy is tot drie jaar tronkstraf gevonnis waarvan ʼn jaar opgeskort is. Haar aansoek om verlof tot appèl teen haar vonnis en skuldigbevinding is in Junie verlede jaar van die hand gewys, waarna Momberg 30 dae gehad het om na die appèlhof te appelleer.

Momberg se regsverteenwoordiger, adv. Anesh Sukdeo, het gesê sy het haar spesiale aansoek om verlof tot appèl, met ʼn gepaardgaande aansoek om kondonering, betyds ingedien.

Sukdeo sê die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) was bewus van dié aansoek toe Momberg op 6 November by die Douglasdale-polisiestasie in hegtenis geneem is.

Sukdeo sê daar was nié ʼn lasbrief vir Momberg se inhegtenisneming nie – ondanks die polisie se verklaring dat ʼn lasbrief wél uitgereik is – en dat die owerhede só ʼn lasbrief tot vandag toe nog nie kon verskaf nie.

Momberg het daarna haar tronkstraf begin uitdien, maar is op 27 Desember vrygelaat as deel van pres. Cyril Ramaphosa se amnestie en kwytskelding aan duisende gevonnisde oortreders.

Sy dagvaar nou die ministers van polisie en justisie, asook die nasionale direkteur van openbare vervolging vir onregmatige inhegtenisneming en aanhouding, kwaadwillige vervolging, onregmatige kwaadwillige regsprosedures en laster.

Momberg eis R2,5 miljoen (R50 000 vir elk van die 50 dae wat sy in aanhouding was) vir onregmatige aanhouding, R1 miljoen vir laster, pyn en lyding, angs en die beweerde verkeerde inligting wat aan die publiek uitgereik is. Sukdeo sê daar is onder meer aan die media aangevoer dat Momberg voortvlugtig en ʼn vlugrisiko is.

Voorts eis sy R2,5 miljoen vir kwaadwillige regsprosedures en ʼn bykomende R2,5 miljoen vir onregmatige kwaadwillige regsprosedures.

“Ons sê nie Vicki is sonder foute nie, maar die regstelsel moet regmatig optree,” het Sukdeo gesê.

Volgens hom is die kennisgewing van hul voorneme om te dagvaar reeds aan die betrokke respondente gestuur. Hulle het nou 60 dae om daarop te reageer. Sou hulle dit nie doen nie, gaan hulle voort met ʼn dagvaarding, het Sukdeo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Geregtigheid ·

Ek hoop en glo dat alles in haar guns swaai, want sommige mense mag se en doen wat hulle wil en elke keer word die stelsel net in daai se guns geswaai deur die “corrupt” stelsel.
Grootste probleem oral is altyd die RAS KAART wat gespeel word, hoe af gesaag raak dit net nie. Jan van Riebeeck het nie klaar gemaak…aitoggie…
So ek staan agter haar!
2020 is jou jaar Vicky!! Alle Voorspoed met die saak!!

Johan Maritz ·

Raai wie gaan vir die eies betaal belasting betalers onthou sy het n wet oortree en daarby nog amnestie ontvang

Juffrou ·

Mooi so! Sy is baie onregverdig behandel. Wou mos ń voorbeeld van haar maak. Maak nou ń voorbeeld van hulle!

Carina ·

Ek hoop ook alles werk uit vir haar. Ek wonder ook hoekom ander nie vervolg word en spesifiek die mense met die kill the boer liedtjies…..

TwaalfBoor ·

@Johan Maritz
Dat sy die wet oortree het betwyfel niemand nie. Hoe sy hanteer is is die vlieg in die salf. Sy is ook mens en het die reg om met waardigheid hanteer te word. En die regte prosedures aan onderwerp word.

Naomi ·

You go, girl!! Jy is tot dusver die enigste een wat gesit het vir crimen injuria. Vat hulle sommer tot in Den Haag…die wereldhof

Joe ·

Great, ek hoop sy kry elke sent en hulle haat elke oomlik daarvan

Thinus ·

Mooi Vicky
Dagvaar daardie klomp ware rassiste en moenie die ewe rassistiese en dubbele standaard “human rights commision” vergeet wat net blankes vervolg nie. Nog ‘n useless no 9 instelling. Dagvaar hulle ook.

Natascha ·

Stem Thinus, sy moet hul ook vasvat.
Ons staan agter jou Vicky. Moet nie moed verloor.

Sarel ·

Goeie storie. Vicky ek hou duimvas jy moes bietjie hoër begin het. “Well done”

AndrewL ·

Ek hoop sy dagvaar ook die skuldiges persoonlik wat die saak deurgevoer het

wonder ·

ONS HET MEER SULKE SUID AFRIKANERS NODIG…. Staan vir jou regte GIRL!!!!!!!

Christo ·

Sterkte met jou eis Vicki. Ek hoop als werk ten goede vir jou uit. Net die volgende vraag: Jy was so in die moeilikheid oor jou opmerkings, maar ek wonder hoe word ons deur hulle in hulle taal beledig en name genoem. Ek vermoed dis baie erger as wat jy ooit gedoen het. Ons almal ondersteun jou in jou eis. Baie sterkte daarmee.

Celia Tjaden ·

Ek saluut jou Vicky!! Heldin!! En skryf n boek!!
Vat hulle aan.
Dalk het jy dan genoeg geld om uit hierdie bose gemors land met sy korrupte kommunistiese anc regerring te kom. Ek sal nie 2 keer dink nie.

Anel ·

Staan agter jou. Wat ek graag sal wil weet, is wat het van haar oorspronklike klag geword wat aanleiding tot die hele debakel gegee het. Hulle was so behep met haar uitlatings dat daar nooit aan haar oorspronklike klag aandag gegee is nie.
So, ter inligting, toe ek jare gelede in die SAP was, is daar vir ons gesê dat ons nie kan kla van crimen injuria nie. Die polisie kan nie in sy eer en waardigheid gekrenk word nie. Nou ja.

Heksie ·

Jy mors jou asem, die regering sal hierdie saak uitrek tot jy lang bome toe gaan .,.. hulle voel ‘n veer. Maar andersins hoop ek jy wen jou saak en maak ‘n punt.

Tweetie ·

Enige iemand verloor sy cool as hy kwaad raak, maar hulle het haar saak totaal uit verband uit geruk. Die media het na haar verwys as ‘die rassis’ Vicky Momberg. Sy is met die dood gedreig, en vieslike goed is van haar gese, en sy is alleen deur daardie hel, so ek wens haar sukses toe met die eis. Die gene wat haar steeds veroordeel kan gaan doppies blaas.

Johanna Botha ·

As dit is soos sy se dan is ek bevrees gaan sy geld kry want dit kom haar toe ! Wat reg is is reg !

Vince ·

Dink nie sy sal veel vorder nie…dit is juis n korrupte en eensydige “regstelsel” wat haar geoordeel het. Handpoppe van politici.

Karen ·

U go girl ! Ek glo geregtigheid sal geskied ek glo ook jy was buiten al die swetswoorde onskuldig. Lig op jou kop Vicky jy het reg tot waardigheid en R8….mil Amen !!

Mynhardt Steyn ·

Alle sterkte Vicky – vertrou geregtigheid sal geskied

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.