Vicki Momberg ‘het geen respek vir ander’

Vicki Momberg in die hof (9 Maart 2018). Foto: ANA

Die Randburg-landdroshof het Vrydag gehoor Vicki Momberg (48), die vrou wat skuldig bevind is nadat sy verlede jaar ʼn Johannesburgse polisiebeampte die k-woord genoem het, voel die beamptes het net deur dié neerhalende woord beledig gevoel “omdat hulle gló hulle is die k-woord”.

Daphne Naidoo, ʼn beampte vir die departement van maatskaplike ontwikkeling, het haar vonnisverslag voorgelees wat gebaseer is op onderhoude wat met Momberg gevoer is.

Naidoo het gelees Momberg het gedurende een van die onderhoude gesê die mense wat sy die k-woord toegesnou het, is net daardeur beledig omdat hulle self gló hulle is die k-woord.

Momberg is in Februarie 2016 op video vasgevang waar sy ʼn polisiebeampte, wat haar gehelp het nadat sy die slagoffer van ʼn gryp-en-spaander-voorval was, rassistiese beledigings toesnou. Sy is verlede jaar skuldig bevind op vier aanklagte van crimen injuria.

Gedurende die tweede onderhoud het die proefbeampte haarself van die saak onttrek nadat Momberg haar ook beledig het.

Naidoo het gesê Momberg het laat opgedaag vir die onderhoud en was gefrustreerd deur die vrae wat aan haar gevra is, dermate dat sy uitbarstings gehad het. Naidoo het gesê Momberg het volgehou sy is nié skuldig nie, omdat daar geen bedoelings was nie.

“Sy sê sy kan nie onthou dat sy op enigiemand geskree het of iemand beledig het nie. Sy kan glo nie onthou dat sy 10111 geskakel het nie, en die nommer verskyn nie op haar foon nie en sy meen daar is met die hofdokumente gepeuter,” het Naidoo gesê.

Die verdediging het gesê hulle gaan nie die verslag gebruik wat deur Naidoo saamgestel is nie, maar die staat het gesê hulle sal wel.

Momberg het gesê sy sal appèl aanteken teen haar skuldigbevinding aangesien sy meen daar was vooroordeel teen haar. “Ons weet in elk geval jy gaan nog gesprekke met mnr. Baba (die staatsaanklaer) hê en ek vertrou nie hierdie land se regstelsel nie,” het sy gesê.

Toe Momberg gedurende die onderhoud gevra is oor haar mening rondom apartheid, het sy geantwoord: “Wat wil jy van my af hê? Ons is verby daardie stadium. Wat doen swartes om hulself te bevorder? Ek wens ek kan uit hierdie land kom, want hier is nie plek vir wittes nie, veral nie vir mans nie, tensy jy ʼn besigheid het. Ongelukkig het ek nie die geld om dit te doen nie.”

ʼn Voormalige werkskollega van Momberg het gesê sy is ʼn gevaar vir die samelewing en het haar beskryf as “ʼn kranksinnige wat nie vertrou kan word nie en nadat [hy] haar al vir jare ken, glo [hy] sy is ʼn rassis”.

Die kollega het bygevoeg hy is verbaas dat Momberg sy naam en nommer gegee het om ʼn getuie van haar karakter te wees.

Naidoo het gesê Momberg toon geen teken van respek vir ander nie en is baie uitgesproke, tot die punt waar dít wat sy glo vir haar ʼn waarheid raak. “Die beskuldigde het nie oor haar optrede gedink nie. Daar moet ʼn sterk vergelding aan die vonnis gekoppel word,” het Naidoo aanbeveel.

Naidoo het gesê Momberg is gepas vir tydelike tronkstraf van nie minder as 100 uur, maar nie meer as 2 000 uur nie.

Die hof het daarna vir middagete verdaag.

Lees alle vorige berigte oor Vicky Momberg op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Piet Snot ·

Eugene, wil jy nou rêrig hê iemand moet tronk toe omdat sy nie ‘n wag voor haar mond het nie? Moet nou nie verspot wees nie.
Moet egter toegee, sy blyk haar eie grootste vyand te wees.

Haan ·

Laat hy wat sonder sonde is die eerste klip gooi… Het ons wêreld werklik so kleinlik geword dat n woord. n WOORD iemand se hele toekoms en gemoedstoestand verrinneweer het?? Ek stem nie saam met wat sy gedoen het nie maar my liewe hemel! Bygesê bewonder ek haar hardnekkigheid om nie te knak voor n baie gemene en vrot regstelsel nie. Sterkte

Cherokee ·

Ek stem nogal saam met wat die Haan kraai en hoop dit sink in by Eugene en die res van die EFF.

help ·

stuur haar vir sielkundige berading en anger !anagement pleks van met heeltyd geld eis.

Hulplynaltydaf ·

Het jy al self 10111 gebel om die polisie in die hande te kry? Ek bel gereeld want ek werk in gevaarlike areas en ek belowe nege uit tien keer is daar geen antwoord of die foon word doodgedruk, ek belowe.

Anoniem ·

Eugene… Onthou asseblief hierdie gesegde eendag op ‘n reëndag wanneer realisme na jou terugkeer… Meng jou met die semels dan vreet die varke jou! Dink jy een enkele moorddadige anderskleurige gaan jóú ontsien die dag as hulle by jou inbreek, of jou kaap, of jou beroof omdat jy sulke kommentaar kwytraak? Jy lewe duidelik in ‘n droomwêreld! So verkeerd as wat sy was, kom Malema met erger weg en jý oordeel haar? Jou LAFAARD!

Daan Erasmus ·

Wat het van Regter Motala geword. Die een saak word met groot spoed en entoesiasme gehanteer. Die ander kom nie van die grond af nie.

Anoniem ·

Julius Malema maak baie erger en meer rassistiese uitsprake maar hy het nog nooit in die hof verskyn daarvoor nie? Ook het sy die uitsprake gemaak onder stresvolle omstandighede maar hy maak rassistiese aanmerkings as deel van normale toesprake.

A ·

Dis sal lagwekkend wees as sy tronkstraf kry vir dit. Hulle kan mense martel en moor en kom weg met dit.

Robert Naude ·

Ja, en Malema mag sê en doen wat hy wil. Rassistiese regstelsel in SA !!!!!!

Carl ·

Wat, tronkstraf vir ‘n eerste oortreder en dit nogal vir Crimen Injuria? Dinge is nie reg in die SA regstelsel nie.

Johan. H. ·

Die hele ding moet in die konteks gesien word wat daartoe aanlyding gegee het, Sy was i slagoffer van misdaad, Blameer haar glad nie, Ek is net so gatvol vir als maar ja n mens , veral as jy wit is,moet maar n wag voor jou mond he, Maar gelukkig draaie die wiel en daardie selfde regter, landros, prok, se dag kom ook, en as dit jou slaan , moet nie vra ,, Wat nou, ? Hoekom ek ?Wat het ek verkeerd gedoen ,,Dink ook die land is n sirkus , bedryf deur n lot narre wat dink hulle het bietjie meer boekgeletterdheid, as die res,,

Sue ·

As jy wit is sal jy maar moet tronk toe vir vloek, finish en klaar. Dis ons voorland en sy sal nou gebruik word, net die doodskis outjies, as n voorbeeld.

Hanna ·

As die Momberg-saak hulle al solank besig hou, dink net hoeveel jaar hulle aan die free dumb fighter, Julius, se haatuitsprake sal spandeer… Ek weet, ek weet: wishful thinking. Regstelsel ook maar baie eensydig!

vissie ·

When in Rome do as the Romans do! Gebruik jou verstand jy kry dit verniet.

Cherokee ·

Vicki Momberg, jy klink soos ‘n voortrekker-vrou. Een van daardie vrouens wat nie net gewere gelaai het nie maar ook self ‘n sanna in jou hande geneem het en geskiet het. Ek hoop jy wen hierdie geveg. Jy is wel roekeloos met jou tong maar jy dwing respek af want jy deins nie terug nie.

Desire ·

@cherokee. Eerste sinvolle opmerking! Stem Saam, Ek dink ook sy is moeg om voor te gee dat dit goed Gaan met haar en Ander blankes in die land, sy Sien wat aangaan en het haar mond Oopgemaak en so gese, maar ongelukkig het sy geen diskressie gebruik nie. Die gevaarlikste dibg is n vyand wat jy aansien as n vriend. Sterkte vrou

Adam ·

Dit is tragies dat weersinswekkende optrede gelykgestel word aan die van Voortrekker- vrouens en klaarblyklik nog boonop bewonder word. Vergeet die sg rassistiese opmerkings, maar wat van gewone beheersde optrede en blote goeie maniere. Skandalig.

Casper Labuschagne ·

Getuienis word gelewer dat ‘n persoon “kranksinnig is, ‘n rassis is, ‘n gevaar vir die samelewing is” omdat sy na die traumatiese ervaring van ‘n roof, aanmerkings gemaak het wat omstanders as ‘n rassistiese belediging ervaar het. Dit klink amper soos die getuienis van persone wat oor die Berlynse muur gevlug het, van hoe hulle veroordeel was omdat hulle nie geswore ondersteuners van die kommunisme was nie, hoe hulle as kranksinnig en anti sosiaal verklaar was en daarom nie ‘n werk kon kry nie. Aan die ander kant weer, ons is so te sê ‘n kommunistiese land en sulke goed behoort ons seker nie te verbaas nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.