Vicki Momberg hoor oor borgtog

Vicki Momberg in die hof (9 Maart 2018). Foto: ANA

Vicki Momberg se aansoek om borgtog is vandag in die Randburg-landdroshof toegestaan deur landdros Pravina Raghoonandan, dieselfde landdros wat haar destyds tronk toe gestuur het.

Phindi Louw-Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media bevestig dat Momberg op borgtog van R2 000 vrygelaat is hangende die uitslag van die appèl teen haar skuldigbevinding en vonnis.

Maroela Media het vroeër berig Momberg se aansoek om verlof tot appèl teen haar skuldigbevinding en vonnis Maandag in die hooggeregshof in Randburg het geslaag.

Momberg is vroeër tot drie jaar tronkstraf gevonnis, waarvan een jaar opgeskort is, nadat sy in November verlede jaar op vier aanklagte van crimen injuria skuldig bevind is nadat sy ʼn swart polisiebeampte rassistiese beledigings toegesnou het.

Sy is in Februarie 2016 op video vasgevang waarin sy die polisiebeampte, wat haar gehelp het nadat sy die slagoffer van ʼn gryp-en-spaander-voorval was, die k-woord noem. Dit het tydens die verhoor aan die lig gekom dat Momberg dié woord 48 keer in die video gebruik het.

Sy het geskiedenis gemaak as die eerste persoon in Suid-Afrika wat tronk toe gestuur is vir rassisme.

In Junie verlede jaar het die gelykheidshof ook beslis dat Momberg R100 000 skadevergoeding aan konst. Clement Mkhondo moet betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

ZAR ·

Uiteindelik bietjie goeie nuus vir die vrou! Sy gaan nog eendag ‘n boek skryf.

Lala land ·

En ek hoop sy maak so baie geld uit daardie boek dat die R 100 000, 00 “skadevergoeding” soos kleingeld vir haar word.

ZAR ·

Titel idees: Vicki Momberg – Long walk out of “freedom”

ZAR ·

MM lesers, druk bietjie die antwoord knoppie en raai wat die titel van Vicki Momberg se toekomstige outobiografie gaan wees…

Lala land ·

The worth of the dreaded “K-word”: How to earn your first million by purchasing 48 K-shares at R 2 083, 33 per share.

Rita ·

Ek dink haar straf was té erg. As sy net tronkstraf of skadevergoeding moes betaal, was dit nog aanvaarbaar. Maar albei – net te veel.

Cherokee ·

Nie eens een daarvan sou aanvaarbaar gewees het nie.
Dit laat my wonder of ek ‘n R100k sal kry as ek ‘n Boer genoem word.

Afrikaanse Knaap ·

Ek verstaan net nie hoekom sy net net om verkoning gevra het, erken sy is verkeerd nie en haar gedrag verander nie.

Bazoeka ·

Sy HET maar hulle het haar gaan aankla. SY HET skynbaar na die tyd om verskoning gevra maar hulle wou NIKS weet nie, en almal het op haar toegesak soos bye. Sy was nie so gelukkig soos die TUKS student wat net om verskoning kon vra en ‘n paar dae in die gemeenskap werk nie . die een wat al die boere met sy Bazoeka wou vermoor .onthou hom nog?

kas ·

Dieselfde landdros wat haar tronk toe gestuur het staan nou aan haar borg toe.Hoekom kon sy nie in die eerste plek borg gekry het nie?Hoekom was haar eerste appelaansoek nie suksesvol nie?Ek is amper oortuig daarvan dat die landdros haar hand oorspeel het met die vonnisoplegging en dat Momberg nie sal teruggaan tronk toe nie maar ‘n boete sal betaal.Ras het hier ‘n rol gespeel.

tamboti ·

Kas die einste landros het besef hy was oorywerig en nou dat die hooggeregshof toetree, kry hy koue voete. Hoop sy beslissing word ook deur die hoer hof omgekeer.

Rynhardt ·

As daar een persoon is vir wie ek vryheid gun,is dit vir jou Vicky.Hoop jy kry voortaan net goeie nuus!?

Johan ·

My eerste reaksie op die tronkstraf en boete was: “Dit kan mos nie wees nie!” Gewoonlik is dit een van die twee. Maar ek besef die twee strawwe is deur twee verskillende howe uitgedeel – die boete deur die Gelykheidshof.

Nou wonder ek en dalk kan ons slim regsgeleerde lesers help. Kan mens deur twee verskillende howe so gestraf word vir dieselfde misdaad/oortreding? Klaarblyklik wel – want as dit nie so was nie, was daar seker lankal ‘n bohaai oor gewees?

Desnieteenstaande is dit ook vir my snaaks dat dieselfde regter haar nou borgtog toestaan. Dalk besef die regstelsel dat by nabetragting Momberg se starf te swaar was. Veral in die lig van soortgelyke oortredings deur ander mense wat na die tyd voorgekom het. Met die Momberg presedent wat geskep is, sou dit beteken ander swart persone gaan dieselfde tronkstraf moet kry. En dit sal nie goed afgaan nie.

leon ·

Gelukkig het sy nie ‘n AK afgevuur nie. Dan was dit poging tot moord.

Potlood ·

Neeeeee nie afvuur nie, net aan gee is poging tot moord…

Jollie ·

Skadevergoeding?!! Wanneer kan families wat se geliefdes wreed vermoor word agv politieke rassistiese motiewe begin skadevergoeding eis!!!!!!!

Thinus ·

Waar is al die organisasies wat geld insamel uit ons mense en hulp belowe? Waar is hulle? Daar het nou weer ‘n klomp soos mushrooms uitgepop maar hulle oes net bydraes, doen NIKS!!

Thinus ·

My kommentaar moet by die berig van huis Davidtz se bejaardes wees wat hulpeloos gyselaar gehou word.

belinda ·

baie bly sy het borg gekry, hoop van harte die ander mense sal ook gestraf word, maak nie saak van ras of kleur nie, glo my sy is nie die enigste persoon wat skuldig is nie, daar is hoeveel mense daar buite, sy was net op die verkeerde tyd op die verkeerde plek, sterkte aan vicki.

GP ·

Die hele saak is belaglik. Sy behoort nie eers ‘n boete te betaal nie, nog minder tronk toe gaan. Die staat moet haar eintlik betaal omdat sy ‘n slagoffer van misdaad was. Sy betaal belasting en het ‘n reg op veiligheid.

Ek hoop daar is erens ‘n groep wat ten minste geld insamel om haar te help met haar regs kostes, Weet iemand? Ek sal ook bydra. Voel sleg dat ons haar nie help nie.

MTSteyn ·

Mooi gestel, en reine waarheid.

Meeste groepe is te besig met ‘maklike’ sake soos Zuma se seun (die gety het mos nou mooi teen Zuma gedraai, so daar is min te vrees), of om tee saam met selfaangestelde konings te drink, terwyl daar so bietjie oor grond gepraat word.

Harde sake, soos Vicki Momberg, waar daar duidelik kant teen onreg gekies moet word, is moeilikheid soek, en word op ‘n afstand beskou deur die groepe ‘wat vir jou veg’!

Komies, ek stem saam.

Callie ·

Hoe is daar mense wat net kan dink haar straf is regverdig. N swart weermag lid loop nou nog los nadat hy n wit vrou openlik in die straat skiet. Snert met die skynheiliges wat altyd kruip en tog so politiek korrek wil klink. Momberg was getraumatiseerd, geroof en soos almal weet sou daar niks van gekom het nie. Wys my of haar rowers al aangekeer was. Daardie woord stem ek moet sy nie teen die polisieman gebruik het nie maar mense almal begin gefrustreerd raak.

Blommie ·

Afrikaanse Knaap, stem glad nie met jou mening saam nie.
1ste plek het sy opgetree uit skok, sy het ge reageer it skok uit. Die ergste is dat daaaaaai arme ou polisie beampte nie eers naastenby oor die vingers getik was deur sy belaglike hantering van die saak nie. Neeee dis mos FINE, kriminele kan maak nes HULLE wil en die polisie BYT die saak uit as jy WIT is. Vir interresantheid het hierdie arme polisie man OOI moeite gedoen om haar oortreders vas te TREK. naaaa ag shame hy was net te besig om sy wonde te lek. Wat sy gedoen het was verkeerd, maar die regstelsel het haar geheel en al gevaal

a ·

As jy swart is hoef jy net jammer te sê en alles word onder die mat ingevee en geen haan kraai ooit weer daaroor nie. Maar as jy wit is word jy summier aangekla vir moord.

Piet ·

Jip Blommie, Afrikaanse knaap is seker maar kruiperig van nature. Momberg se gedrag was wel irrasioneel, maar enige mens kon sien dat dit spanning was, wat tot uitbarsting gekom het in n situasie waar sy oorweldig gevoel het in die misdaad golf. Enige persoon wat nie permanent op drugs is nie ken hierdie magtelose gevoel. Ek wonder waar kry Pravian n regsgraad? Seker oor die internet gekoop.

Wollie ·

JUSTICE AT LAST< nou moet hulle net die tronkstraf ook opskort, die boete was genoeg want die Tuks student het 'n baie kleiner boete gekry asook ander anderskleuriges wat van rassisme SKULDIG bevind is .. LOS HAAR NOU UIT !

HPV ·

Dit was seker die mees belaglike straf wat vir so ‘n oortreding opgelê is. Vicki se regspan behoort aan te dring dat die saak deur iemand anders verhoor te word.

Alida ·

Wat het van daai groot kokkedoor van die weermag geword. Dit is doodstil daaroor.

TLC ·

You go girl Sjoe afriforum skitter in hul afwesigheid Bly vir jou Vicky ek glo jy het duur les geleer Mag dit nou net beter met jou gaan

TLC ·

You go girl Sjoe afriforum skitter in hul afwesigheid Bly vir jou Vicky ek glo jy het duur les geleer Mag dit nou net beter met jou gaan ,,,,,,,,,

FM ·

Ag mense, Afriforum kan ook nie orals help nie. My raad is om by AFRIFORUM aan te sluit. Ons moet groot ASSEBLIEF hul hande sterk. Hulle doen goeie werk.

André ·

Ek sien op die nuus dat sy ‘n ketting om haar voete gehad het in die hof.
Behandel haar soos ‘n moordenaar. Asof sy nou iets aan hulle gaan doen. Belaglik!

Elsa ·

Ek dink ook haar straf was heeltemal onregverdig en te swaar. Ek verstaan ook dat sy in ‘n toestand van skok moes wees. Wat ek nie kan verstaan nie, is hoe ‘n mens dan op ‘n persoon vloek wat jou nog gehelp het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.