Vicki Momberg in trane in hof, vra om verskoning

Vicki Momberg. Foto: ANA.

Vicki Momberg (48), die vrou wat skuldig bevind is nadat sy verlede jaar op videokamera vasgevang is waar sy ʼn Johannesburgse polisiekonstabel die k-woord genoem het, se vonnisoplegging word  Vrydag hervat.

Momberg se vonnisoplegging het Donderdag in die Randburg-landdroshof begin nadat sy op 3 November op vier aanklagte van crimen injuria skuldig bevind is.

Die hof moes vir ʼn rukkie verdaag toe sy in trane uitgebars het voordat sy vir die vonnisverrigtinge kon getuig, waartydens sy om verskoning vir haar uitlatings gevra het.

“Daar is geen woorde wat kan verduidelik hoe ek gevoel het van die gryp-en-spaander voorval tot al die voorvalle daarná nie. Ek besef daar is mense wat daardeur geraak is en ek het probeer om verskoning vra. Menige het dit verwerp en ander het dit aanvaar,” het sy emosioneel gesê.

“Dit is ʼn baie vernederende ding wat ek gedoen het en dis ʼn groot verleentheid.”

Momberg was in Februarie 2016 die slagoffer van ʼn gryp-en-spaander voorval in Northriding in Johannesburg. Sy is kort daarna op beeldmateriaal vasgevang waar sy rassistiese uitlatings teenoor ʼn polisiebeampte maak. Tydens haar vorige hofverskyning het die staat gesê sy het die k-woord 48 keer in die video gebruik.

Momberg het onskuldig gepleit op die vier aanklagte van crimen injuria en gesê sy was emosioneel gestres en erg getraumatiseerd tydens die voorval. Momberg het ook tydens die verhoor gesê die aanstootlike woorde is gesê omdat sy gefrustreerd was. Sy het aangevoer daar is met die beeldmateriaal gepeuter.

Momberg, wat vroeër op waarskuwing vrygelaat is, is opdrag gegee om nie Johannesburg óf die land te verlaat sonder die toestemming van die ondersoekbeampte nie.

Lees alle vorige berigte oor Vicki Momberg op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anika ·

Dit is nou belaglik – dit maak my woedend dat sulke voorvalle heeltemal uit verband geruk word. Die arme vrou word in die afgrond in geviktimiseer terwyl die moord op die boere somtyds nie eers die koerante haal nie !! Sy word emosioneel in die hof verkrag. Ek voel baie jammer vir haar. Baie mense gebruik die woord daagliks en die boere word deur die swartes ook gevloek terwyl daar niks van kom nie.

Lee ·

Ai as jy wit is sal jy die ergste straf kry en die ander rasse kom weg daarmee. Waar is Afriforum nou. Hulle kies ook mooi wie hulle wil help. Sterkte. Mens moet maar in SA ‘n wag voor jou mond hou en maar in jou binneste skel.

Kobus ·

Lekker om blanke so te verneder.Hof Gaan beslis sy toon nie genoeg berou nie.

Org ·

Maar as metro polisie jou aftrek mag hulle jou toe snou net wat hulle wil.

Nel ·

…en veiligheidswagte mag jou kinders in die ergste graad fisies aanrand!!!!

Marianne ·

JA MAAK ‘n OPHEF OOR ‘n WOORD. GENADE WAARHEEN GAAN DIE LAND??? Die Vrou was geskok, gespanne en verward, so sy het ‘n onvanpaste WOORD gebruik… SO WHAT??? Vloek almal nie die of ander tyd nie? Het geen mens van kleur nog ooit na WHITES of WHITE PEOPLE verwys nie? Ons moet hulle ook hoof toe sleep en ‘n SCENE maak want hulle is RASISTIES.

Vanessa Moore ·

My persoonlike gevoel is dat niks ernstig opgeneem kan word wat die vrou sê nie, . Sy is erg geskok en sê dinge wat sy nie normaalweg sou sê nie. Nou word sy voor die hof gebring en die kapers kom skotvry. Nee regtig! Ek hoop die persoon wat die video geskiet het geniet nou al die moeilikheid wat hy/sy veroorsaak het. Ek sê weer dis onnodig om so groot bohaai te maak oor haar. Kom oor haar en gaan soek die mense wat die werklike kriminele is.

Adam ·

Daar sou niks van gekom as die polisieman nie so op gedruk het nie en daardeur het sy meer bedreig gevoel Ek sou hom nog n paar ander woorde ook toegevoeg het Mens is nie jouself in so n situasie nie Ek het nou nog n ewige vrees as ek by n robot stop en hulle soos aasvoëls op mens toesak

bgj van der westhuizen ·

ja die sapd lid is nou so verneder oor die k woord maar se my het hulle die dief al gevang wat haar beroof het nee wat haar uitlating is mos meer belangrik dit gaan nie oor die wood nie dit is om te kyk hoeveel geld hulle kan maak uit dit

Blits ·

Dief is swart en die vrou is wit, wie dink jy sal die swart regering aan die pen laat ry? wit of swart, om die keuse makliker te maak, as n wit boer vermoor word wat gbeur? as n swart paartjie bietjie maniere geleer word deur wit mense wat gebeur?

Andre ·

Wanneer word hierdie spul wie so “kill the boer kill the farmer” sing vervolg word? Hulle is almal op video. O, wag ekskuus … hulle velkleur vrywaar hulle mos.

Leahim ·

Die media blaas hierdie sake uit verband uit hulle soek net sensasie stop vir n maand om enige nuus te lees of na die nuus te luister en toets hoe jy voel na n maand.

Casper Labuschagne ·

Tydens ‘n grypdiefstal was sy hoogs emosioneel en het opgetree soos iemand in ‘n staat van histerie sou optree. Die video is geneem en met ‘n paar honderd vriende op sosiale media gedeel. Een van die vriende het weer die video met 50 miljoen landsburgers gedeel. Moet sy nou gestraf word vir die oorspronklike kring van ‘n paar honderd of vir die impak op 50 miljoen? Want 49,999,900 mense sou nie getroumatiseerd gewees het deur die K-woord as die video nie viraal gegaan het nie.

Anoniem ·

Dis so onregverdig dat sy gedagvaar is, in die hof moet verskyn en ‘n vonnis opgele moet word.
Sy was onder uitsonderlike omstandighede maar diegene wat gereeld se blanke mense moet dood gemaak word, en verdere haat spraak teenoor wit mense maak, word nie eers gedagvaar nie. Dink maar aan daai studente wat gereeld aaklige en erge rassistiese aanmerkings teen blankes maak.

Casper Labuschagne ·

Nog iets, Vicki Momberg, soos Penny Sparrow en Chris Hart is effektief ‘n slagoffer van Bell Pottinger as deel van die Gupta veldtog om rassehaat op te blaas teen witminderheidskapitaal. Sy sou nooit vandag daar in die hof gestaan het nie, was dit nie vir die veldtog van Bell Pottinger om aktief na voorbeelde van rassisme te soek en dit dan dadelik ‘n miljoen maal groter te maak deur fyn beplande sosiale media veldtogte met die doel om rassehisterie te skep.

Bruno Stef ·

n Paar jare gelede was my vrou onder soortgelyke omstandighede beroof van firmagelde nadat sy vir my n artikel by n hardeware in Port Shepstone gaan koop het.Ongelukkig vir die grypdief het twee swart polisiemanne die aanval gesien en hom gearresteer.My vrou was histeries en wou nie eers enige swarte naby haar toelaat nie maar die polisie het dit onmiddelik agtergekom dat sy erg getraumatiseer was en hulle afstand gehou.Na 3 maande het die hofsaak voorgekom en my vrou moes getuig en die grypdief is vir h paar jaar gevonnis. Sy was so getraumatiseerd dat sy aanmekaar die K woord gebruik het tenoor die grypdief maar om n lang storie kort te maak is sy deur die hof oor n duisend Rand betaal om te getuig wat ons net so vir die twee poliesmanne gegee het om hulle te bedank vir hulle flink optrede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.