Vicki Momberg kry tronkstraf oor k-woord

Vicki Momberg. Foto: ANA.

Vicki Momberg (49), die eiendomsagent wat skuldig bevind is nadat sy verlede jaar ʼn Johannesburgse polisiebeampte die k-woord toegesnou het, is Woensdag tronkstraf opgelê weens rassisme.

Sy is Woensdag in die Randburg-landdroshof tot drie jaar tronkstraf gevonnis, waarvan een jaar opgeskort is.

“Respek vir mekaar is ononderhandelbaar, ons is almal mense,” het landdros Pravina Raghoonandan tydens haar vonnisuitspraak gesê.

“Hierdie saak het van openbare belang geword. Sommige mag dink die vonnis is swaar, maar dit moet ʼn duidelike boodskap stuur vir mense wat die k-woord gebruik.”

Raghoonandan het gesê sy beskou Momberg se optrede as opsetlik aangesien die polisiebeampte slegs sy werk gedoen het toe sy hom verbaal aangeval het.

Momberg is in Februarie 2016 op video vasgevang waar sy ʼn polisiebeampte, wat haar gehelp het nadat sy die slagoffer van ʼn gryp-en-spaander-voorval was, rassistiese beledigings toesnou. Sy is verlede jaar skuldig bevind op vier aanklagte van crimen injuria.

In Junie 2017 het die gelykheidshof gelas dat skadevergoeding van R100 000 aan konst. Clement Mkhondo uitbetaal word ná Momberg se beledigings.

Momberg se prokureurs het Woensdag aangedui dat hulle ʼn borgtogaansoek sal indien hangende ʼn aansoek om teen die vonnis te appelleer.

Lees alle vorige berigte oor Vicki Momberg op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

103 Kommentare

Hanna ·

Ek wil ook graag weet wat dan van Malema gaan iemand iets doen daaraan. Of is hy net so onaantasbaar.

Dan ·

Ons regstelelsel in S.A. is ook nie wat dit moet wees om gelykheid onder een kam te skeer nie. Wie kyk daarna?????????????????????/

Casper Labuschagne ·

Verregaande. Absoluut verregaande.

Een stel reël vir hulle, ‘n drakoniese toepassing van die wet vir ons. Veel erger uitsprake soos die swart majoor van die weermag waaroor vandag berig is, word net oor die vingers getik.

En met komende wetgewing wat in die proses is om wet te word en wat ons spraak gaan beperk lê nog veel erger voor.

Pierre ·

Stem saam Casper, Slegs blankes word gelooi, Malema en sy trawante kom altyd daarmee weg. Dit was duidelik weerspieel in vandag en gister se pers. En die majoor sit in sy kantoor en lag vir al wat ‘n blanke is, ook die wat saam met hom werk.

andre louw ·

Stem saam met Casper maar sal graag wil sien dat invloedryke leiers hierdie onregverdigheid bloot le sodat mense soos Malema en die majoor ook oor dieselfde kam geskeer word. Dan iets anders; ek is bly dat sekere joernaliste en menings vormers nou bereid is om ‘n “leier”soos Malema te ontbloot vir wat hy en nie meer bereid is om soos ‘n brommer agter hom aan te vlieg nie en alles vir soetkoek op te eet nie. Julle het hom gemaak wat hy vandag is; iemand wat niks omgee vir die land nie, net om sy eie ego te streel. sy party is te lafhartig om ‘n kandidaat vir PE se burgermeester voor te le want die EFF het geen idee hoe om te bestuur nie. Breek en brand is die enigste ambag wat hulle ken daarom die grafitti op die muur “EFF was hier gewees! Onderaan staan geskryf “kannie waar wees nie; die muur staan nog”

Dan ·

Ek wonder wat sou gebeur het as daar n blanke regter was???? en wat van vorige haatspraak en dreigemente deur anner mense?????????????????????/ ons kleur is verkeerd!!!!!!

Anoniem ·

Wat van die eff party wat links en regs alle rigtings rasistiese se goed het kom skotvry maar weereens as jy wit is moet jy op eiers loop on hierdie land !!!!!!!!!

Jerry ·

Die vonnis van hierdie saak behoort die deur oop te maak vir tronkstraf vir Malema en Floyd Shivambo.

Casper Labuschagne ·

‘n Wet wat van toepassing is op Malema? Droom voort…

Schalk ·

Stem saam. En vir die majoor wat sulke uitlatings op facebook maak. En alle regstellende aksies is ook rassisties

dr. Sakkie van der Merwe ·

Mens praat nie haar optrede goed nie maar tronkstraf vir haar optrede? Dit terwyl ‘n weermag offissier hom skuldig maak aan baie erger uitlatings en aanhitsing. Ons regstelsel is terminaal soos die res van die staatsdepartemente.

Theresa ·

In hierdie land bestaan whats good for the goose is good for the gander glad nie.
Dis ook baie duidelik (alhoewel verregaande onregverdig) dat daar aandag op die blankes toegespits word wanneer dit by beledigende opmerkings kom. Erge straf daarvoor. Terwyl ons ook duidelik sien dat bv. die Majoor, Malema en baie ander net die media haal omdat hul wreedheid en ongehoorde moord en doodslag aanhits. Dis dus die som. Die antwoord is duidelik. Weerhou die woorde waarvoor tronkstraf die voorland is. Jy mag dink wat jy wil, maar sê gaan baie geld kos en ook tronkstraf meebring. “Let your fingers do the talking” het nou ‘n groot gevaar geword vir dié wat dopgehou word…

Eugene ·

Rassisme is verkeerd. Almal wit en swart moet die waardigheid respekteer en beskerm van mekaar. SY verdien haar straf want sy het geen rou betoon nie. Laat dit vir almal n les wees!

Pierre ·

Eugene hoe seker is jy sy het geen berou betoon nie, sy het by herhaling gese sy is jammer

Casper Labuschagne ·

@Eugene, Ek self het al veel erger dinge gesê toe my Pa jare gelede aangeval was. Dit is nie die woorde wat ek in my daaglikse omgang gebruik nie, maar die emosionele skok as slagoffer van misdaad moet sekerlik gewigtig tel as ‘n versagtende omstandigheid?

Verlede jaar is ‘n swart seun in Coligny dood, en die gemeenskap het in uitbarsting gekom en die dorp verwoes, huise afgebrand en openlik gesê dat witmense vermoor moet word. Is dit nie presies dieselfde ras-gedrewe emosie na ‘n traumatiese ervaring nie? Waar was die strawwe vir die gemeenskap in Coligny wat die verwoesting gesaai het – nee dit is oor die hoof gesien juis vanweë hul ras.

Casper Labuschagne ·

@Stem saam Eugene, dit veronderstel natuurlik dat die gebruik van die k-woord gelykstaande daaraan is om jou vrou te slaan. En daaroor is ek glad nie so seker nie, in Vicky Momberg se geval het sy die k-woord gebruik om ‘n rassegroep in sy geheel te beskryf en nie as ‘n geteikende belediging teenoor ‘n spesifieke individu nie, maar in die geval van die vrou met ‘n blou oog is dit spesifieke skade aan ‘n ander persoon. Natuurlik kan individue binne die swart gemeenskap besluit om persoonlik deur daardie woorde in Vicky Momberg se selfoonvideo beledig te wees al was hulle nie self teenwoordig nie, maar steeds is die gebruik van ‘n verbode woord sonder ‘n spesifieke teiken nie vergelykbaar met iemand wat fisies aangerand word nie.

En wys asseblief vir my op ‘n geval van iemand wat drie jaar tronkstraf gekry het toe hy sy vrou slaan? Of andersins, kan enigeen ‘n blou oog toon nadat hulle na Vicky Momberg se rassistiese tirade op video gekyk het?

Eugene ·

Nee ons moet nie daaroor praat dat sy baie erger gestraf word vir haar woorde as ander wat doodmaak nie, dit is nie poolities korrek om dit te noem nie.

Spook ·

Ek sou jou kommentaar ernstig opneem Eugene…. sou dieselfde reel vir almal geld… verskoon my maar dink dit is veel erger om te se n aanvaller moes n WIT oom se oe en tong uitsny dat hy die aanvaller se gesig kan graf toe vat…noem my maar dan eerder n vieslike naam. Kry jou denkwyse reg asb…. as ek die weermag lid ook agter tralies sien sal ek albei vondse verheug

Deies ·

Drie jaar! Is dit nou regverdig. Andere soos Julius Malema mag se net wat hulle wil oor die witman. Mevrou ek is aan jou kant

Bets ·

Dis nou alles goed en wel, maar wat gebeur met Malema en al di EFF lede wat ook sulke rasistiese opmerkings maak. Dit maak geen sin nie.

Lisa Espach ·

Ek stem saam dat dit volgens wet is an dat ons ander mense moet respekteer. Maar hoekom is dit dat net witmense gevonnis en aangekla word.
Julius Malemma kan se net dat hy wil maar kom niks oor.
Ek voel wat regverdig is., is regverdig.

Hanlie Jordaan ·

Absurde vonnisoplegging. Haatspraak en uitsprake teen wittes?????? Moorde…. plaasmoorde en aangehoue rassisme…. ons word onderdruk.

Elria Jordaan ·

Ek stem saam hoe lank gaan Julius en die ander weg kom met alles hulle kan ons nie net wat hulle wil. Maar boeta wash dit net om iets vergeet te sê en jy slaap vannaand agter tralies. En wat van alles wat net gevat want ons het dit mos gestel waar is hul bewyse dat hulle die grond gekoop het. Ek het myne maar dit Tel seker ook nie.

Andre ·

Maar ‘n weermag majoor wat grusame geweld goedkeur teen witmense en selfs aanhits word ‘n waarskuwing toegeskryf. Bazooka word slegs geskors oor sy aanhitsing van rasse geweld en blatante dreigement van moord op wit mense…
Julle is belaglik ten beste.!

ADU ·

Ja, en wat van Majoor Mohlala wat gesê het die swart aanvalers wat die ou mense aangeval het, moes hulle “oë en tong uitgesteek het” ……….

Vraag is; is “Respek” vir BLANKES ook ononderhandelbaar????

Boet Fasie ·

Stem nie saam met die straf nie, Malema en sy maatjies maak hulle daagliks skuldig aan rassistiese uitlatings teenoor blankes en verkondig ook haatspraak maar kom niks oor nie . Die majoor is net aangespreek oor sy rassistiese uitlatings wat walglik was en hy het geen berou getoon nie, maar ‘ n blanke kry tronkstraf. Tyd dat die wereld hierdie dinge hoor en optree teen Suid Afrika.

Rina ·

Stem saam Boet dis verregaande hoekom net ons mense straf as Majoor Mohala en Malema net voort gaan en dit mense aanspoor met geweldadige optrede teen blankes en tot moord lei. Kommentaar alleen gaan dit nie keer net optrede vir regverdigheid vir almal en buitelandse optrede.

Rina ·

Stem saam Boet hul uitsprake veroorsaak geweldadige aanslag en moord teen een groep en voorspel niks goeds nie veral van ñ majoor in ons weermag nie.Dis verregaande dat hul daarmee kan aanhou en niks optrede nie .Maar kommentaar alleen gaan dit nie verander nie net optrede vir regverdigheid vir almal met buitelande hulp

Sarel Strydom ·

Die uitspraak stuur beslis nie ‘n boodskap uit aan die wat hulle skuldig maak aan opmerkings teenoor ander rasse nie.

honourable member ·

Ok so ek neem aan Malema en die majoor gaan haar binnekort in die tronk join vir hulle rassistiese uitlatings of geld dit net vir wittes.

STEM ·

Gaan ons ook gedelik vergoed word vir haatspraak en Afriforum se sake sloer maar net onbepaald. ELKE dag is daar ‘n boer , vrou en kinders wat vermoor en verkrag word….wat word hier gemis??

Gestremde ·

Vir party mense is daar net meer regte as vir ander. Wat van die persoon van Tukkies wat wit mense met ‘n Basuka wil skiet? Gaan sy vonnis ook gewysig word? Sal nie eers praat van Malema nie wat eerder in ‘n inrigting hoort

Daan ·

BELAGLIK!!! Jy kan aanvalle op blankes aanhits en goedkeur, plekke afbrand, hijack, rape, moor, dan kry jy R500 bail en “huisroof” maar sê daar woord en dan tronkstraf en R100 000 boete.

Willie ·

Wat van die wat Kill the boer kill the farmer… Of keel afsny…

Cindy ·

Blykbaar kan net wit mense rasiste wees…. Die goed wat Julias en sy trawante kwyt raak is baie erger haatspaark as dit wat hierdie vrou gesê het. Julias noet ook vervolg word

JM ·

malema en sy tweede in bevel wat die joernalis aangerand het, moet sommer vir vyf of tien jaar tronk toe gestuur word sonder “n kans vir parool want hulle sit agter die meeste van die problem wat die land het

Siek en sat ·

Regter Pravina wat van Julius Malema wat openlik rassistiese opmerkings maak? Gaan oor kleur in hierdie land ne REGTER ….?

BEA ·

Presies wat ek wil weet, sy moet tronk toe…wat van MALEMA en Majoor wie ookal wat kan se wat hulle wil!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! hulle hoort agter tralies..oeps ek het vergeet sy is wit ne..

honourable member ·

Hier word nou n standaard gestel so practice wat julle preach !!!

Beter ag as ander... ·

Mense…. dis vir my baie interessant om te sien hoe sommiges hulsef beter ag as andere. Kamma beter opvoeding, beter maniere, beter geloof… tog wanneer daar iets gebeur met die “beteres” huil julle vinnig – jaaa, maar wat van die en die en sis en so wat dit OOK doen?
Haloooo! As jy jou beter en hoër ag as ander, moet jy tog op hoër standarde leef en dan nie huil omdat jy gestraf word as jy soos ander maak nie.
Hou op DINK julle is beter en LEEF beter…

Z ·

Wat sy gedoen het was nie reg nie
MAAR…
Matie-studente, doodskis ouens, Viki Momberg, vrou v Natal – almal blankes word SWAAR gestraf, terwyl die ouens wat haatspraak op kuns, en in sang en op Facebook en op Jakaranda skotvry daarvan afkom.
Waar is die REGverdigheid van die reg hierin? Of is ons REGters maar net so rassisties? Ek hoop van harte dat Solidariteit hierdie onreg kan uitroei.

that's life ·

Die ou wat die kitaar slaan gee die toon aan. En die res moet maar net eenvoudig inval en DANS na hul pype. Dis hoe dit is.

that's life ·

Die ou wat die kitaar slaan gee die toon aan. En die res moet maar net eenvoudig inval en DANS na hul pype. Dis hoe dit is.

Mense moet maar net leer: ‘n graaf kan ook genoem word ‘n skepding. Dink flink. Dink kreatief.

Leonard ·

Eugene lyk my jy is blind vir wat aangaan in die land maar dis reg dat die eff haatspraak en geweld teen wittes uitvoer en nie eers te praat van ons BOERE wat so gruwelik aangerand en vermoor word ni maar ons witmense moet maar net los en voortgaan maak oop jou oe jy loop met oog klappe rond lyk dit my

Z ·

GROEP 1
Vicki Momberg
Penny Sparrow
Doodskis-ouens
KFC-ouens
Annelie Botes
Matie-gesigverf studente
VS.
GROEP 2
Velaphi Khumalo
Eskom ou op Facebook
Omroeper op Jakaranda
Julius Malema
Kunstenaar met swart op wit-bannier
Nog vele waarvan mens op Facebook lees en wat nooit weer van gehoor word nie…
Watter van die bogenoemde groepe is gestraf en hoekom/nie?

Albatros ·

“dit moet n duidelike boodskap stuur”

Die enigste boodskap wat hierdie vonnis stuur is dat daar is verskillende reels wat geld vir ons, as hulle.

Corne ·

meskien is ek dom maar as dit dan so gesien word oor haatspraak kan seker mense dan sekerlik vervolg word vir poging tot moord deur hulle uitlatings van kele afsny esv.

Wereldwyer kommer ·

Selektiewe vervolging is tekens dat die land sterk oppad is na volksmoord, daarom moet ons nou die internasionale gemeenskap vir hulp nader.

Flip Pretorius ·

Malema en sy trawante kan se wat hulle wil, Witman en Boer is nie n vloekwoord nie die k.. woord is blykbaar wel. Kom ek se vir Malema en alle ander anders kleuriges in die land. Ek is n witman en ek is n boer en ek is baie baie trots daarop dat ek n witman en boer genoem kan word. Ek dink ook 90% van alle witmense is baie trots on die naam witman en boer. Darm het ons iets om op trots te wees. Ons hoef nie ons identiteit te gaan soek nie

Rina ·

Kyk ons het dit verwag maar die wet straf net witmense hieroor en haar uitlating was kwetsend maar nie so dat dit ander fisies sou skaad nie. Malema se uitprake is nie net rassisties nie maar moedig moord en geweld aan. So ook Majoor Mohlala maar dis aanvaarbaar verregaande mense kommentaar alleen gaan dit nie stop nie net optrede vir geregtigheid vir almal.

DS ·

Ek wil lag en huil oor die k-woord kwessie. Die swart mense het dit ‘n rassistiese woord gemaak want nêrens in enige woordeboek word melding gemaak dat dit ‘n rassistiese vloekwoord is nie wel dat dit “ongelowige, heiden” beteken. Dis nou soos om vir witmense of gekleurde mense om elke keer as iemand ons boere of bushies noem in trane daaroor uit te bars en rassisme te skreeu. Ek kan net eending se daar is baie wit, swart, kleurling, Chinese, indiers mense wat almal die k-woord genoem kan word – agv die feit dat hulle ongelowiges is. Na vandag kan julle MY dit ook maar noem want ek is ongelowig oor die feit dat almal oor dieselfde kam geskeer word as dit by rassisme kom.

Marinda ·

Dis belaglik! Hoe vloek hul ons in hul taal wat ons ni verstaan? Rassisties dis wat regter is! Kan in al di wit sake sien. Ons moet verneder word maar plaasaanvallers loop skotvry rond! Appelleer Vicky! Waars Afriform ons betaal lede geld!

Carl ·

Twee jaar as ‘n eerste oortreder? Dit is absurd, oordadig en belaglik. Die Landros moet op herienning geneem word. Sy moet appelleer.

Anoniem ·

Hierdie dubbele standaarde moet ook met die buiteland gedeel word.

Lena ·

Dit is waarvoor een en elkeen van ons in dié dae elke oomblik in ons pasoppens moet wees. Ek twyfel sterk of Vicky haat in haar hart koester vir enige ander ras. In die situasie waarin sy haar bevind het, het sy bloot breekpunt bereik en haar selfbeheersing verloor. Onder druk staan elke persoon die gevaar om soos ‘n drukkoker op die warm plaat dak toe te skiet. Wat veroorsaak die druk? Dag na dag bou dit op in die binneste weens berig na berig van moord en doodslag, bloed en geweld. Miskien ook weens persoonlike ervaring van aanvalle, kapings en verlies . Ons besef dit dalk nie, maar al dié dinge gaan maak nes in ons harte. Later is die hart so oorvol en net met die volgende insident vlieg die vurige inhoud meteens dak toe en dan is daar ‘n baie groot gemors. Tot sommige se verbasing. Die enigste uitweg is om maar gedurig weer te kies om te vergewe, en om te bid vir elkeen wat jou en jou mense kwaad aandoen. Daarin lê vir ons ware oorwinning ten spyte van die donkerste omstandighede. Sterkte Vicky. Ons dink aan jou.

Pieter ·

Dis belaglik. Daar is nie meer geregtigheid nie en die reg het gereedskap geword om ‘n sekere bevolkingsgroep te trap. Hoeveel ander soortgelyke voorbeelde is daarbuite maar niks word daaraan gedoen nie.

Lynette. ·

Wat almal vergeet is dat Vixky die K-woord gebruik het “UNDER DURESS” – SY WAS PAS BEROOF DEUR N SWARTMAN” – sy was in n toestand van SKOK. Dit verskil lynreg van Malema se haatspraak wat NIE “under duress” geuiter word nie.

Louise ·

Wat sy gedoen het was verkeerd. Die les is om te dink voor jy praat, dit is die nuwe realiteit. Dit help nie om agterna te huil nie.

bgj van der westhuizen ·

wat kan ons verwag nog n swart regter die reg stelsel is grap en sy sal nou bevordering kry

Pop ·

Die boodskap wat ek kry is. Moenie die k woord gebruik, maar jy mag se maak hulle dood. Almal mag se maak dood maar niks naamwoorde nie.

Jacques ·

My wereld , en daar dog ek die tronke (staats hotelle ) is oorvol . Is daar darem nog n plek vir die dame van die saak ? Nou is die tyd om regtig te wys wat in julle steek , of julle eenrigting geregsdienaars is . Begin sommer by malema . Ek glo vas dit is agv al die goed wat hy alreeds kwyt geraak het dat die wittes in die land so uitgemoor word .

Johan. H. ·

Hoop die regtertjie het oe agter sy kop,, Maar wag jou beurt kom ,ek praat dit nie goed nie,, maar die sogenaamde regsgeleerdetjie,jy het bietjie oorreageer,,,sies

Rynhardt ·

Vicky Momberg se tronkstraf is verkeerd!As jy een straf,moet jy ander ook straf vir hul rassistiese uitlatings.Vir jare word dit geignoreer deur die MRK en nou weer deur die hof met sy eensydige siening.Die Anc,DA en EFF ondersteun die professionele woorde in die vorm van rassisme in regstellende aksie/radikale transformasie en kwotas.Wat het geword van klagtes teen bogenoemde??????????????Wanneer gaan die MRK en howe optree teen Malema se gereelde rassistiese uitlatings teenoor blankes voor sy bewonderaars???Wanneer gaan die MRK en howe optree teen haatspraak van Anc en EFF ondersteuners op Facebook???Indien ooit??????????????????????Anc wat het geword van n toekoms vir elke wettige burger in SA????Ekskuus dit bestaan nie!Florendede,winsgewende korrupsie en onderdrukking van afrikaanssprekendes is aan die orde van die dag,nou al vir 24 jaar lank!Onaanvaarbaar!Daardie blankes wat se dat Vicky se straf is regverdig,wat se jy vir jou kinders wat vir jare nie n toekoms mag he oor hul velkleur in SA nie???????????????????????????????????SA is met sy rasse-wetgewing soos n trein op n verkeerde spoor,sonder remme!

Tom ·

Het nie geweet die gebruik van die K – woord is nou n oortreding en stafbaar met tronkstraf nie. Is die wetgewing ge publiseer in die staatskoerant en alle woordeboeke met die K woord in ontrek en verbrand ? indien nie waarvoor is sy gevonis? Is dit omdat aanstoot geneem word oor die gebruik van die k woord? Ek neem aanstoot oor die gebruik van die B woord, verkies die woord landbouer !

Gesiggie ·

Nee… nie regverdig…. Vickey…Appeleer of laat mense opstaan en Strike teen die vonnis…. wat regverdig is vir een persoon tel ook vir al die ander wat dit verdien….. Sy verdien nie die Tronkstraf”””’ laat haar gaan..

John Samuel ·

Ah, ja.. Die gekose straf vanaf die “swart” element, op die “wit” element. Wat ook n mate van straf moet insluit vir die sogenaamde ‘historical injustices’. En so raak die juk van onderdrukking net swaarder…

marous ·

Kan die taalkundiges asseblief die betekenis van die woorde Legoa , Magoa en Mazungu verduidelik ?

Oom Kalahari ·

Dit kan duidelik oogemerk word dat daar ‘n paar geelslange (uitverkopers) en kruipers is en ‘n bevooroordeelde regstelsel. ‘N woord wat vir jare oral beskryf gestaan het asook in die woordeboek is kastig vandag ‘n straf en geldmaak woord. Hierdie is duidelik ‘n rasse jagtog.

Neo ·

Nou sal mense bietjie versigtiger wees oor wat hulle oor n foon sê, of tik, of email, of vir wie wat en waar jy dit sê. Dink net n bietjie vir jouself.

thinus ·

Interessant, hoeveel mense reken sy was verkeerd, ( ja ) en sy moet nou haar straf uitdien.
Dink mooi: tronkstraf omdat sy beroof is, en in woede en frustrasie iemand geskel het. Vergeet vir ‘n oomblik dat dit rassistiese beledigings was.
Ek vra weer: Tronkstraf vir ‘n slagoffer van misdaad?
Tronkstraf vir crimen Injura
Maar die land loop vol moordenaars, verkragters en rowers – almal op parool om net te vlug of voort te gaan met hul misdade!
Ek weet hoe het julle gestem. Ek weet ook waarheen is julle oppad.

thinus ·

Mense wat soos ‘n passer redeneer het darem ‘n punt!
Die punt is: K-woord = crimen injuria is nie “aanhitsing tot geweld en/of moord” nie, dit is ook nie dreigemente of intimidasie nie.
In elk geval is whitey, boer of withond nie ook as skel taal geklas nie – so hoe wil jy dit vergelyk??? Die saak en vonnis, net soos die wet, is eensydige rassisme en onregverbaar .

Reguit ·

SA se sogenaamde “reg en geregtigheid” en “wet en orde” het al weer geseëvier. Maar net nóg ‘n wit slagoffer van die wonderlike Reënboogland. As die wittes by dié tyd nog nie wakker is, deur te besef wat vir hulle voorlê nie, dan gaan hulle met baie bloed betaal.

Wat nou? ·

Hoe nou gemaak met plekname soos
K/stad, K/kraal, K/kloof, K/nek,K/spruit ens?

Ben ·

Dit is absoluut belaglik! Ons regstelsel is vrot. Dit Stink!!!
Die K woord is ‘n identifiseerder – Arabiese woord wat beteken – NON Muslim. Ek “resent” ook die term “White Man”, “Wit Man” want my velkleur is nie wit nie – As die K woord ‘n belediging is dan is “White Man” ook van nou af TABOE. Ek dink dat die Sogenaamde “Human Rights Commision” in SA ook onder die soeklig geplaas moet word. Wie het hulle aangestel? Is hulle verteenwoordigend van al die rasse? Ek ruik rot. Wat van al die kriminele en moordenaars wat wegekom het, bv – Stompie Fourie?

Ray ·

Sluit toe en gooi weg die sleutel. Laat sy dit in die tronk gaan probeer.

Oom Kalahari ·

@Tom &Thinus, mooi gestel en stem met jul twee here saam. Vicky as slagoffer van misdaad word jy beboet, maar vergeef hul sondaars want hul weet nie wat hul aan die mensdom doen nie. Die ou regterterjie was bevooroordeeld en daarom wil hul geen blankes op regs banke meer he nie om hierdie toepassings teweeg te bring. Oral is dit net vertrapping en vernedering en glo alle ouer gardes in hul 60’s en 70’s saam ons weet nie van sulke tipe dinge in ons tyd nie en daarom wird die werklike en ware geskiedenis van die jonger garde weerhou vir oorheersing en manipulasie.

White Rhino ·

Wat Nou – verander die name na Boerstad, Boerkraal ect….
Dit sal my pas!!!
Ek is trots om ‘n Boer genoem te kan word.

n ·

Belaglik om die minste te se… Ek wonder of hulle regtig weet wat die k-woord beteken?

Charmaine ·

In old dutch it means unbeliever (in God), so should not necessarily mean black, but just unholy or non -Christian. Boers gave the name in early South African history as native Africans did not believe in Jesus.

Arabier ·

Jip vind ‘n bieitjie uit wie is so oningelig oor die herkoms van die woord.
Wie is die mense by die Human Rights Comm – wat is hulle agtergrond – sal graag wil weet.
Dan sal Ray ook weet.

Antoinette de Greeff ·

Hierdie landdros het nou n presedent geskep. Waarom is dit mense soos V.M. wat aan die pen moet ry maar soveel ander se net ‘jammer’ en also is verby. Om die ‘k’ woord te gebruik is verkeerd ja maar net so die blatante rassistiese uitsprake van soveel ander.

_______ ·

Verkeerd bly verkeerd, maak nie saak hoeveel erger die ander kant is nie.

DinkBietjie ·

En die haatspraak van swartmense teen blankes op sosiale media? Dubbele standaarde.

Theresa ·

Die dag as gereg en geregtigheid nie meer ‘n spesifieke norm het nie en nie konsekwent toegepas word nie, is ‘n dag om oor te ween. Maar, dit maak ook oë oop vir iets wat al ‘n kwart eeu onder die mat ingevee word en toeneem.

Carl ·

Mag daar nog fotos van ‘n persoon geplaas word na hy/ sy tronkstraf begin uitdien?

Frankie ·

Mense, die ‘bigger picture’ is dat daar nou vir die eerste keer, ‘n wettige presedent gestel is, waar iemand tronkstraf kan kry vir haatspraak.

En daar is tonne bewysstukke dat Malema hom aan rassehaat skuldig maak.

Die vraag is nou nie of hy aangekla moet word nie, maar eerder hoe die aanklag proses sal werk en wie die klag gaan maak. Kan blankes as individue saam ‘n klag teen hom maak…? Dalk met VF + of Afriforum aan die voorpunt?

Peter ·

Dit gaan my verstand te bowe om te dink dit is niks anders as die begin van n vandetta teenoor wit nie gaan kyk wat in Zimbabwe gebeur het destyds en ons stuur reguit daarop ad wat n jammerte dis die begin en die einde die regering van die dag jou hulle op saam met die pers om sulke goed buite verband te Blass maar ek verseker hulle dit gaan ontplof in hulle gesigte dat 10% mense van die bevolking vir alles die skuld kry van diefstal tot moord siestog voel vir hulle

Alet van Rooyen ·

In daai geval moet Malema lewenslank tronkstraf kry en aan elke blanke skadevergoeding van R100 000.00 betaal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.