
(Foto: Twitter)
Vicki Momberg, die vrou wat ná ʼn rassistiese tirade in 2016 skuldig bevind is op vier aanklagte van crimen injuria, is oënskynlik op pad tronk toe.
Nadat haar aansoek om verlof tot appèl teen haar skuldigbevinding en vonnis van drie jaar tronkstraf – waarvan ʼn jaar opgeskort is – in Junie vanjaar van die hand gewys is, het Momberg 30 dae gehad om na die appèlhof te appelleer. Sou sy versuim om dít te doen, moet sy haar aan die klerk van die hof gaan oorgee om haar vonnis te begin uitdien.
Brig. Matahapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder, het Woensdag bevestig dat Momberg haar Woensdag aan die Douglasdale-polisie in Johannesburg oorgegee het. Dít het gevolg op ʼn kort konsultasie tussen die polisie en haar regsverteenwoordigers.
“Die polisie het me. Momberg se saak verwerk en sy sal nou aan die vervolgingsowerhede by die Randburg-landdroshof oorhandig word,” het Peters gesê.
Volgens Peters is ʼn lasbrief vir Momberg se inhegtenisneming reeds in Augustus uitgereik.
Yusuf Abramjee, ʼn teenmisdaadaktivis, het op Twitter gesê Momberg gaan nou glo die geldigheid van die lasbrief betwis.

(Twitter)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
57 Kommentare
Die arme vrou. Wie sou nou ooit kon dink dat jy in die jaar 2019 soveel moeilikheid kan kry vir die sê van ‘n aanstootlike woord…
Nou kan die polisie weer volle aandag aan misdaad voorkoming skenk.
Minagting van die hof Hulle gaan nou n voorbeeld van haar maak sy gaan maklik nou 5 jaar sit
Dit is nou n jammerte. Die polisie sou jou elkgeval nie kon vang want hulle het nie die vermoë.
JohanR: Dis bietjie drasties…. sies man