Vicki Momberg se appèl geweier

Vicki Momberg in die hof (4 April). Foto: ANA.

Die veroordeelde rassis Vicki Momberg kon nie daarin slaag om deur ʼn appèlaansoek tronkstraf vry te spring nie.

Momberg (49) se appèlaansoek teen haar skuldigbevinding en vonnis is Woensdag in die Randburg-landdroshof geweier.

Momberg is verlede maand in dieselfde hof tot drie jaar tronkstraf gevonnis, waarvan een jaar opgeskort is. Dit kom nadat sy verlede jaar in November aan vier aanklagte van crimen injuria skuldig bevind is nadat sy ʼn swart polisiebeampte rassistiese beledigings toegesnou het.

Sy is in Februarie 2016 op video vasgevang waarin sy die polisiebeampte, wat haar gehelp het nadat sy die slagoffer van ʼn gryp-en-spaander-voorval was, die k-woord noem. Dit het tydens die verhoor aan die lig gekom dat Momberg dié woord 48 keer in die video gebruik het.

Sy het geskiedenis gemaak as die eerste persoon in Suid-Afrika wat tronk toe gestuur is vir rassisme.

In Junie verlede jaar het die gelykheidshof ook beslis dat Momberg R100 000 skadevergoeding aan konst. Clement Mkhondo moet betaal.

Haar vonnis is deur verskeie politieke partye en dele van die burgerlike samelewing verwelkom, terwyl ander hulle uitgespreek het oor owerhede se ongelyke hantering van voorvalle van rassisme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Genieve ·

Kan nie die regstelsel verstaan nie maar die verkragter en moordenaar kry borgtog, verduidelik my asb.

Michelle ·

presies – waar is gelykheid vir ALMAL???????? Wens die ergste ergste aan almal in die hofproses toe wat haar vonnisoplegging behartig en haar appélaansoek geweier het.

Petrus ·

Die vonnis van tronkstraf vir Momberg vir rasssime is ‘n klug en rassime! Genade, duisend swart, wit en bruion mense in SA is rassite agv die regering se onvermoe om wet en order te handhaaf. Waarom loop Malema soos ‘n generaal rond, die grootste rassis in SA? Vrywaar sy swart vel hom van tronkstraf? Vicki moet vra vir geregtigheid en saam met Malema en ander swart politici en jeugleiers opgesluit word, of sy moet net oor die vingers getik word soos hulle. Regverdigheid is wat die nuwe SA moet wees!

vonny ·

Momberg het uit frustrasie ‘die 3jr tronkstraf woord’ soos ons nou in ons kring verwys gebruik.
Malema mag kill the boer kill the farmer’ en witmans asook witmense afkraak. Geen tronkstraf???????

Oom Kalahari ·

Vicky Momberg is vasgevang in ‘n regstelsel wat persone van kleur wil bykom en dit hul doelwit en prioriteit gaan maak. Wanneer jy in die tronk is, glo my dan gaan jou lewe hel wees. Jy kan probeer appel aanteken soveel as jy kan, hul wil graag hierdie geskiedenis mylpaal behou ten alle koste. Dit is net onregverdig (Ek is nie ‘n regskenner nie) , dat Vicky dubbele straf moet dra. Betaling van R100,000-00 asook tronkstraf van 2jaar en derde jaar opgeskort.

Genoeg gehad ·

Jammer Vicky, maar wat geregtigheid in die land beteken trek die skaal net na een kant toe.

Charles ·

Ek sien met groot afwagting uit na die vonnis wat die beleerde voormalige regter Motata opgelê gaan word vir sy rasistiese uitlatings tydens sy motorongeluk. Rasisme is mos nou strafbaar bewys, aldan nie?

L ·

En liewe majoortjie lewe nog te lekker daar buite. Trevor Noah is seker sy boetie!?

Yankee ·

Ja wat. Het ook die vidio gesien. Wou mos nie luister nie. Sorry Vicki, jy het dit oor jouself gebring.

Ag asb YANKEE ·

Hou asb jou mond daar uit die USA uit . julle wit polisiemanne wat die swartes so mishandel en rondjaag en kinders skiet moet LIEWER STILBLY .daar is kort kort RASSEGEWELD in die USA .. moenie maak asof julle so squeaky clean is nie !! Het jy die ander videos van swart rassisme ook gesien?? Die swartes het GEEN straf gekry nie, kon net om verskoning vra. En dit is VIDEO!!

Pop ·

Vickey daar gaan nog eendag n monument vir jou opgerig word. Gaan sit in die tronk en weet een ding. Deur jou verwysingsaak gaan die justisie mos nou toegegooi word met rassis sake. Ons almal gaan voortaan alles afneem en opneem wat aan ons gedoen en gese word. En die howe gaan moet strawwe uitdeel.

Gerrit ·

Korrupte land , korrupte wet ,hulle gaan n voorbeeld van haar maak en nie die hoogste hof in sa gaan haar vonnis ligter maak nie??

PJC ·

Vickey moet haar nou maar na die hooggeregshof wend. Maak soos JZ en gebruik elke moontlike opsie om weg te kom. Intussen moet sy weet haar swart mede gevangenes gaan dit bitter moeilik maak vir haar in die tronk. Haar lewe kan selfs bedreig word daar.

Koos ·

Hoekom help solidariteit nie die vrou is nou uitgelewer aan n onbevoegde stelsel of moet Australia nou weer ingryp.??

Colleen ·

Gelykheid???? Weet die regters en boeties wat is die definisie van gelykheid?

Jaws ·

Ek kry hierdie vrou so jammer, WAT sy gedoen het was verkeerd . maar sy het ‘n groot BOETE betaal .. skort al haar tronkstraf op sodat sy nie weer so ‘n daad doen nie . maar die TUKS STUDENT kon net verskoning vra nie vir net ‘n rassistiese uitspraak nie maar ook ‘n AANHITSING Tot moord en geweld . HOE regverdig is dit? Ek het geweet haar appel gaan geweier word soos die doodskis twee s’n ook .. ongelukkig in die land het hulle EERS DIE REGSBANK getransformeer .. nou loop die plaasmoordenaars vry en die FACEBOOK skrywers word in die tronk gegooi . JA EK KEUR AF WAT SY GEDOEN HET .maar tronkstraf is belaglik .. want swartes word NIE vir hulle rassistiese uitsprake gestraf nie … INJUSTICE in sy ergste vorm.

SjN ·

So die R100 000 wat aan die konstabel betaal is het sy eer dus herstel, wag in spanning vir die uitspraak van regter Motota saak.

Francois le Cochon ·

Mense, julle redeneer almal emosioneel oor die saak. Dit is nie hoe ons regstelsel werk nie. Elke saak word op sy eie meriete beoordeel. Momberg het ‘n geskiedenis van rasistiese uitsprake. Dit het aan die regter ‘n aanduiding gegee van haar karakter, en dit is as verswarend beskou. Sy het gekry wat sy volgens wetgewing verdien. Sy het 11 jaar gelede in ‘n polisie stasie gese^ dat sy nie deur ‘n swart polisie beampte gehelp wil word nie. Nou het sy 48 keer na swartes as k….s verwys, Sy het ook die swart maatskaplike werker rasisties beledig.

Maar ·

Francois le Cochon, mense is moeg vir die ongelykheid in die land en dit is waaroor dit gaan. Wat sy gedoen het is VERKEERD. Die straf is egter baie SWAAR. Sodra mense van ander bevolkingsgroepe ook dieselfde GESTRAF word vir soortgelyke insidente, het hierdie land ‘n omkeer gemaak. Tot dan, hou ek maar my asem op…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.