Vicki Momberg skuldig bevind

Vicki Momberg. Foto: ANA.

Vicki Momberg, die vrou wat verlede jaar op videokamera vasgevang is toe sy ʼn Johannesburgse polisiekonstabel die k-woord genoem het, is Vrydag in die Randburg-landdroshof op vier aanklagte van crimen injuria skuldig bevind.

Landdros Pravina Raghoonandan het tydens haar uitspraak gesê die k-woord is uiters aanstootlik vir swart mense en kom op crimen injuria neer. “Sy het nie beheer uitgeoefen nie en haar opmerkings was spesifiek op swart mense gemik. Sy het geweet haar optrede is onwettig.”

Raghoonandan het begin deur die getuienis van die 10111-operateurs wat deur Momberg beledig is, uit te lees. Momberg was die slagoffer van ʼn gryp-en-spaander-voorval in Northriding in Johannesburg.

“Ses staatsgetuies het bevestig dat ʼn oproep ontvang is van ʼn vrou wat wit geklink en hulp nodig gehad het, maar daar was ʼn uitdaging aangesien sy geskree en die k-woord gebruik het.” Momberg is in Februarie 2016 op beeldmateriaal vasgevang waar sy beweerde rassistiese uitlatings teenoor ʼn polisiebeampte maak. Tydens haar vorige hofverskyning het die staat gesê sy het die k-woord 48 keer in die video gebruik.

Momberg het onskuldig gepleit op die vier aanklagte van crimen injuria teen haar en gesê sy was emosioneel gestres en erg getraumatiseerd tydens die voorval. Momberg het ook tydens die verhoor gesê die aanstootlike woorde is gesê omdat sy gefrustreerd was. Sy het aangevoer daar is met die beeldmateriaal gepeuter.

Adv. Joe Davidovitz, vir Momberg, het vroeër die aansoek vir die regstreekse uitsending van die uitspraak teengestaan omdat Momberg en haar familie glo doodsdreigemente ontvang.

Raghoonandan het egter gelas die uitspraak mag uitgesaai word en dat daar foto’s van Momberg geneem mag word.

Momberg, wat vroeër op waarskuwing vrygelaat is, is opdrag gegee om nie Johannesburg óf die land te verlaat sonder die toestemming van die ondersoekbeampte nie.

Vonnisoplegging vind op 30 November en 1 Desember plaas.

Lees alle vorige berigte oor Vicki Momberg op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Chanel ·

Ek voel eindlik baie jammer vir haar want kan my indink hoe sy gevoel het op daai stadium.
Dit sal mens leer om te dink voor mens net woorde uitblaker maar sou dit dan ook so groot storie wees as die rolle gedraai was?

Estelle ·

Sjoe sy word aangevat oor sy verkeerde woord gebruik ht uit frustrasie en uiloklikheid. Maar Malema en EFF mag ons blankes openlik dreig en slegsê. Dink almal alle rasse moet onder selfde kamp gestel word nou word die vrou gestraf maar rol omgekeer was sou dt dieselfde aan hule gedoen geword het. En wat van di openlike dreigmente vr ons as blankes..

Morne ·

Aag asseblief! “nie die land mag verlaat nie”…asof sy nou n moontlike terroristiese voortvlugtende gaan raak. Die aanslag op blankes en dubbel standaarde gaan op die einde die kameel se rug breek…saam met plaasaanvalle. Die gepeupel sal nie ophou met die sinnelose aanvalle en uitsprake nie. Loop soos n boelie op die speelgrond loop en soek skoor met almal sonder enige vorm van aanspreeklikheid hoegenaamd nie…

vlugteling ·

Lagwekkend!
Net asof Sy soos al die krimenele en moordenaars oor die plat getrapte grensdrade gaan vlug. ?

Henriette Wessels ·

Die ironie is sy word nou as die sondebok hier gestraf, MAAR wat het aanleiding gegee tot haar skok & trauma. Sy kan tien ten een nie eers onthou wat sy gesê het nie, want op daai oomblik is mens in erge skok. Ek praat nie goed wat sy gese het nie, maar hang dan nou maar alle skuldiges aan die groot klok, sommige wat nie eers in traumatiese omstandighede is nie, maar wat ons uitkryt op sosiale media en net mooi niks oorkom nie. Regtig nogal irriterend die dubbel standaarde.

Fanie ·

Natuurlik is dit wettig en meeste verregses hou daarvan en sommige dring selfs aan daarop om Boere genoem te word…so skiet ons mekaar in die voet.

A Mac ·

Hier is nou duidelik ‘n geval waar die blanke nooit die inheemse tale geleer het nie maar hulle die Afrikaanse en Engelse taal geleer het en verstaan. Ek kan nie die inheemse tale praat of verstaan nie maar my eggenoot praat en verstaan 2 inheemse tale en hy sê as ons maar net weet wat die swartes van ons sê en noem in hulle tale sal ons verstom wees. Ek praat geensins die voorval goed nie maar die witmens sal time and again uitgehaal word omdat almal dit verstaan.

Charmain ·

Natuurlik. Ons moes dit verwag. In hierdie land sal geen witte ooit weer onskuldig bevind word op enigiets! So wees versigtig. Die “uitverkore” volk gaan ons laat betaal. Maar hulle toi toi, brand af, sing doodsliedere en dis mos nou reg. Maar elke hond kry dy dag!!! Nee ekskuus. Laat ek nie n hond so beledig nie.

Kannaland ·

Ons mag nie sulke onregverdige hofuitsprake duld nie. Die wereld moet uitvind wat hier aangaan!

Cherokee ·

Vaar met jou bootjie na Kannaland en vertel hulle daarvan. Jy gaan vind hulle voel nie ‘n veer daarvoor. Inderwaarheid weet vele van die Kannalanders nie een waar Suid Afrika is en dink Johannesburg is in die Ooste (of in Nederland of so iets).

Asmain ·

Ek stem Cherokee. Die buiteland stel nie belang in SA se (wit) probleme nie. En as daar wel oor n situasie berig word, is dit so verdraai en die witmense word nooit in n positiewe lig gestel nie.

bgj van der westhuizen ·

nee sal groot boete kry wat moet betaal word en dan sal die sapd manne ook n kliem in sit wand hulle is nou baie sleg gemaak alles gaan nie so eg dat sy hulle n k genoem het nie maar dit gaan meer om geld te kry uit dit

HPV ·

Moedeloos en magteloos in ‘n land waar alles op ‘n afgrond afstuur maak dat mens sulke taal besig, veral as jy gereeld aan die ontvang kant is, en dan nog met ‘n afwesige of eensydige regstelsel. Deur haar te straf om respek vir ander af te DWING is nie die oplossing nie. Mense asook die regstelsel moet so optree dat mens en regstelsel respek VERDIEN. Groot veskil tussen dwing en verdien.

vonnie ·

Respek. Dit is n woord wat mense nie altyd verstaan nie. Jy kan nie respek verwag maar dit nie betoon nie.

Riaan ·

Die hoeveelheid mense wat Momberg se gedrag verdedig is verstommend. Sy was verkeerd, punt stop.

Cherokee ·

Gelukkig is die hoeveelheid Riaans ‘n absolute uitsondering. Hulle skreeu natuurlik saam met die Jacos ‘rassisme!’.

Neville ·

Ai mense. Ons almal weet al by die tyd dat jy nie die k…woord mag gebruik nie. Jy gaan genail word Hallloo
As jy dom is moet jy maar suffer. Sorry

Verstom ·

Hulle weet seker nie eers wat beteken die k woord nie… Dit beteken heiden, ongelowige, godslasteraar. Ek stem saam met almal wat hier gesit het dat hulle dubbel signig is of dubbel standaarde het. Dit is presies wat hier gebeur… Maak my so hartseer. Almal het al goed gese uit kwaadgeid uit of uit skok uit, wat liewer kon gebly het. Hulle is altyd die “victims” en ons moet altyd boet daarvoor. Nee nee nee

Nee wat ·

K woord wow maar wat van die MINISTERS wat openlikloop en bevele uit skreeu om blankes DOOD te maak.

Johan. H. ·

Wat geld vir een moet geld vir almal,,,, A Mac ek is nie vanplan om inheemse tale te leer nie,,, Dankie. maar nee dankie.

Annalien ·

Het paar minute terug gesien hoe ‘n swart man ‘n plakaat om sy nek dra met die volgende woorde: Kill all Whites en langs hom staan een met ‘n vuurwapen in sy hand. Dit nogal langs ‘n polisievangwa. Wat word daar aan gedoen??? Niks…………….. Openlike uittarting.

strandloper ·

Moet swaar gestraf word. Vonnis hierdie meerderwaardigheid gevoel uit diegene uit hulle uit wie dink hulle is steeds BAAS

Spyker ·

Nóg ‘n spyker in die doodskis . . .
Graag verneem ek van ‘n aanstootlike woord teen ons wittes? Help my asb.

Take note ·

Let tog op asb. Die rubriek sê pertinent die k-woord is ONWETTIG om te gebruik. Hou op daarmee, haal daai woord uit jou woordeskat uit en moet onder geen omstandighede daai woord voor kinders gebruik dat hulle dalk onwetend in die moeilikheid kan kom nie. Dis onwettig! Hulle reël maar afdwingbaar. Los daai woord. Ons is beter as dit. Leer asb uit ander se foute.

Annette Havenga ·

Dubbelde standaarde!! As dit haatspraak is …! Maar mense met plakkate wat moord aanmoedig en liedtjies daaroor sing is nie!

PJC ·

Ń mens verstaan mense se frustasie wat veroorsaak dat hulle sulke dom dinge doen maar mense sal moet leer dat jy nie meer ń Filistyn ń Filistyn mag noem nie.

anton ·

Baie snaaks dat daar besluit is die woord is nou hoogs sonde, dit terwyl die ydele gebruik van God se naam, die werklike groot onvergeefbare sonde is!!! Maar dit word steeds daagliks links en regs gedoen sonder dat iemand n oog trek daaroor.
Dan wonder ons hoekom die land/wereld is waar hy is!!!

Louise ·

Kyk na Phomola se haatuitspraak, (Potch Universiteit)********* Kyk na Malema se haatuitsprake !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! ——- ????????? Wat word van dié meneer gesê ???? ………… Nou kom ‘n wit vrou, gebruik die k – woord, en sy word amper die doodstraf op gelê !!??** Ai toggie ……. Hoop maar Malema onthou wat hy gister op die nuus kwyt geraak het ?? Dink daaroor — dit kan dalk op ‘n fiasko uitloop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.