Vicki Momberg: Staat sê appèlaansoek is foutief

Vicki Momberg 11 April in die hof. Foto: ANA.

Die staat het Woensdag in die saak van Vicki Momberg, veroordeelde rassis, gesê die aansoek om verlof tot appèl van haar verdediging is foutief en moet van die hand gewys word omdat dit volgens hulle ‘vaag’ is.

Yusuf Baba, staatsaanklaer, het bewyse wat tydens die verhoor voorgehou is voorgelees en het gesê daar is nie gronde vir die verdediging om aansoek te doen om verlof om te appelleer teen die vonnis en skuldigbevinding nie.

Momberg is verlede maand in die Randburg-landdroshof tot drie jaar tronkstraf waarvan een jaar opgeskort is gevonnis.

Sy het geskiedenis gemaak as die eerste persoon in Suid-Afrika wat tronk toe gestuur is vir rassisme. Momberg is in Februarie 2016 op video vasgevang waar sy ʼn polisiebeampte, wat haar gehelp het nadat sy die slagoffer van ʼn gryp-en-spaander-voorval was, rassistiese beledigings toesnou. Sy is verlede jaar skuldig bevind op vier aanklagte van crimen injuria.

Haar vonnis is wyd deur die samelewing en politieke partye verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

wilma ·

Ek erken ruiterlik dat ek ‘n lid van die gemeenskap is wat haar vonnis as ‘n skreiende onreg beskou in die lig van wat daagliks om ons gebeur sonder enige gevolge.

Ampie ·

Maroela moet pasop om nie soos ander mediahuise te word nie. Momberg is dalk tronk toe oor sy ‘n woord gebruik het, maar deur “veroordeelde rassis” te gebruik in haar beskrywing het julle haar self verdoem om by ‘n politieke agenda te pas. Dis soos om van boere met plase as “diewe” te praat. Dis mos gelaaide woorde vir ‘n politieke agenda. Neutraal moet eerder verwys word dat Momberg deur ‘n distrikshof van rassisme skuldig bevind en daarvoor tronk toe gestuur is.

Adam ·

Ampie, dit is onnodig om hare te kloof. Sy is deur ‘n hof skuldig bevind en is dus ‘n veroordeelde rassis. Indien jy oor regskennis beskik sal jy dit besef. Die enigste probleem is dat die vonnis totaal buite verhouding staan tot die erns van die misdryf. Die voorbeeld van die boer op die plaas is onvanpas deurdat die boer nie deur ‘n hof aan enigiets skuldig bevind is nie. MM se beriggewing is akkuraat en gewis nie gelaai met enige agendas nie.

Piet Snot ·

Ampie, mens moet toegee Adam is tegnies korrek.
Miskien is dit juis nodig dat mense soos ek en jy herinner word dat rassisme onaanvaarbaar is; nie net as swartes dit pleeg nie.

Zumie ·

Beste Ampie
Daar is nie ‘n misdryf soos rassisme in die SA reg nie
Daarom is “veroordeelde rassis” bloot propaganda (‘n veroordeelde dief is koorek want diefstal is ‘n misdaad.
Oppas om die vyand se propaganda onnadenkend te omarm – lees maar weer George Orwell

Lerato ·

Ek sien Trevor Noah het vroeër oor die saak getwiet. Hy is n komediant en nie n historikus nie. Lekker verdraai hy feite om impak te maak. Toe hy gebore is, was gemengde huwelikke wettig, dog sing hy I was born a crime.

Lodewyk ·

Trevor Noah is in 1984 gebore. Ontug wet is eers in 1985 opgehef. Tegnies is hy reg.

Johan ·

So van Trevor gepraat, hy het ‘n vertoning in 2014 gedoen “Racist” waar hy die k-woord amper net soveel keer gebruik en eintlik mense aangemoedig het om dit te doen, nou is hy hoogheilig in Amerika

Frikkie Geld en huis ·

Johan, ja, dit is so dat Noah die k-woord telkemale gebruik het, maar dit was nie teenoor ‘n spesifieke persoon nie. Dus kan niemand hom aankla van crimen-injura nie. Dit is waarvoor Vicky Momberg gevonnis is, en nie rassisme soos MM beweer nie.

Lerato ·

Ampie
Ek stem met jou saam. Alle mense is tot mate rassisties. Om n moordenaar n moordenaar te noem is reg want nie almal moor nie.
Wat n meer akurate beskrywing sou wees is dat Momberg meer rassisties as meeste mense is

Peet Schabort ·

Dink net dat WIT moeders daardie woord in die verkleinvorm gebruik het as ‘n troetelnaam vir ‘n seun. Ek het in die onlangse verlede dit ook gesien tot op ‘n grafsteen van ‘n kind. Nou se dae sal die hel los wees!!!

grafsteen ·

gaan kyk in Pelgrimsrus, tot op n grafsteen in hulle begraafplaas!!

Sad ·

die staat sal enigiets fout vind om die wit dame in die tronk te laat sit terwyl swartes wat ERGER rassistiese aanmerkings en aanhitsing tot geweld van verhoe af doen en op facebook en twitter GLAD NIE VERVOLG WORD NIE!! Ek vertrou ook regtig nie meer ons howe nie . dit is ‘n SAD DAG in ‘n land as jy jou regstelsel nie meer kan vertrou nie en as jy jou howe as partydig sien.

Flip ·

Ons moet bietjie kyk wie is die mederheid van mense wat saam stem met die vonnis van Momberg…..almal gaan te kere asof sy moord gepleeg het. WAT van alle ander uitlatings wat gemaak word van anderkant die draad….of wat van poduims af verkondig…. wat daar met wit mense gedoen moet word…..My vraag …..WAT van al die plaas moorde…..is dit nie RASSISME nie…..dit word nie eers op die voorbaaie van koerante geplaas nie…..TV saai dit nie meer uit nie …..die polisie lieg oor die statestieke…..NOU waar is geregtigheid nou…..Asseblief verklaar dit vir my……Maar oooooooe hel moet net nie iets se wat nie gese moet word nie………DAN fokus ALMAL op dit….maar verder word ons mense uitgemoor!!!!!!!!!!!

Johan. H. ·

Stem saam SAD !! Dink daaie regtertjie was nie opgewasse vir die saak nie,, Wou seker haar familie impress,, Daar is Miljoen misdade wat daagliks gepleeg word wat erger is,, Maar ja ons gewone dag tot dag mense sal nie weet wat aangaan in die howe se top strukture en wie is korrup en wie nie,, Maar ek troos my , en het dit al baie ervaar,en gesien ” What goes around comes around”.

Liesl ·

Mens voel bitter jammer vir haar. Meeste van ons sluk maar gereeld ons woorde wanneer ons so getart word…

G.w.Bruce ·

Iets het haar ontstel , wat was dit?. Se asseblief .
Soek waarheid.

Agnes ·

Help my reg. Ek verstaan nie. Hierdie vrou word aangeval en beroof en in woede uitbarsting skree sy rassistiese woorde en kry tronkstraf.
EFF en vele ander skree moordsake en rassistiese uitlatings en loop vrylik rond. Dit is dubbelsinnig

christa ·

hoe belaglik is dit nie. Ek sien op nuus dat sy in voetboeie is…. maar skelms en moordenaars kan uit hof ontsnap sonder boeie. Die gereg het ‘n surkus geword en dit word net erger

HPV ·

Agnes, Christa, sy is wit, slegs dan skop dubbel standaarde met spoed in werking! Malema is swart, hy mag opsweep en aanhits.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.