Arnold Terblanche (53), die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vervreemde vrou, Vicki, vermoor het, sal op 3 Mei opnuut aansoek om borgtog in die hooggeregshof in Gqeberha doen.
Luxolo Tyali, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag in die Oos-Kaap, sê dié aansoek is volgens Terblanche se regspan glo op “nuwe bewyse” geskoei.
Maroela Media het vroeër berig dat Terblanche nie daarin kon slaag om appèl teen ʼn vorige borgtoguitspraak aan te teken nie.
Terblanche is tans steeds saam met sy medebeskuldigdes, wat vroeër hul borgtogaansoeke laat vaar het, in aanhouding.
Terblanche word saam met Reinhardt Leach, Vicki se kêrel ten tyde van haar dood, en Dylan Cullis, ’n vriend van Leach, van haar moord aangekla.
Daar word beweer dat hulle saamgesweer het om haar te vermoor.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Mag hy verewig in die tronk sit.
Wat was die motief dat die vervreemde man saam met haar kêrel saamgesweer het om haar te vermoor? Hoe kan mense soveel haat in hul omdra?
Wie het nou eintlik die moord uitgevoer en hoekom wou hulle haar dood hê.Sy is ‘n pragtige vrou en verdien om beskerm te word nie vermoor te word nie.Hy is ‘n vlug risiko en die erns van die misdryf regverdig nie borg nie.
Hy en sy prokureurs knoei … hy hoort agter tralies vir die res van sy misrabele lewe!
Ek verstaan nie, wat sou hulle motief wees? Hulle moet lank sit asb.