Vicki Terblanche se man mik weer na borgtog

Vicki Terblanche. (Foto: Facebook / Lala Fourie)

Arnold Terblanche (53), die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy vervreemde vrou, Vicki, vermoor het, sal op 3 Mei opnuut aansoek om borgtog in die hooggeregshof in Gqeberha doen.

Luxolo Tyali, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag in die Oos-Kaap, sê dié aansoek is volgens Terblanche se regspan glo op “nuwe bewyse” geskoei.

Maroela Media het vroeër berig dat Terblanche nie daarin kon slaag om appèl teen ʼn vorige borgtoguitspraak aan te teken nie.

Terblanche is tans steeds saam met sy medebeskuldigdes, wat vroeër hul borgtogaansoeke laat vaar het, in aanhouding.

Terblanche word saam met Reinhardt Leach, Vicki se kêrel ten tyde van haar dood, en Dylan Cullis, ’n vriend van Leach, van haar moord aangekla.

Daar word beweer dat hulle saamgesweer het om haar te vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ossie ·

Ek bid die doodstraf word teruggebring want regstellende aksie kan nie gedoen word sonder die staat namens die vermoorde ‘n gelyke syraf toepas nie. .

Althes ·

Wat was die motief dat die vervreemde man saam met haar kêrel saamgesweer het om haar te vermoor? Hoe kan mense soveel haat in hul omdra?

Christine ·

Sal ook graag wil weet hoelom die eks man en huidige kêrel die mooie meisie wou doodmaak. Hoekom is dit nie bekend gemaak nie?

Casper ·

Wie het nou eintlik die moord uitgevoer en hoekom wou hulle haar dood hê.Sy is ‘n pragtige vrou en verdien om beskerm te word nie vermoor te word nie.Hy is ‘n vlug risiko en die erns van die misdryf regverdig nie borg nie.

Lillian ·

Hy en sy prokureurs knoei … hy hoort agter tralies vir die res van sy misrabele lewe!

Gary ·

Ek verstaan nie, wat sou hulle motief wees? Hulle moet lank sit asb.

Swerwer ·

Geen borgtog vir moordernaars nie, dit is een wet wat vinnig ingestel moet word. Hierdie samelewing het ‘n siek magspel geword.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.