Vicky Terblanche-moordverdagte met dwelms betrap

Vicki Terblanche (Foto: Facebook / Lala Fourie)

Een van Vicky Terblanche (42) se vermeende moordenaars is Vrydag in die landdroshof in Gqeberha (Port Elizabeth) glo met die dwelm metamfetamien, beter bekend as tik, betrap.

Arnold Terblanche (53), Vicki se vervreemde man, Reinhardt Leach (33), haar kêrel ten tyde van haar dood, en Dylan Cullis (24), ʼn vriend van Leach, het Vrydag in die hof verskyn. Die staat voer aan die drie het saamgesweer om Terblanche te vermoor.

Arnold se borgtogaansoek is tydens hierdie hofverskyning van die hand gewys.

Volgens kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, is die dwelms glo tydens ʼn roetinedeursoeking, kort voor die beskuldigdes in die hof moes verskyn, by een van die beskuldigdes gevind.

Die polisie het nie gesê watter een van die drie beskuldigdes dit was nie.

“ʼn Saak van die besit van dwelms is by die Mount Road-polisiestasie aanhangig gemaak,” sê Janse van Rensburg.

Maroela Media het vroeër berig Leach en Cullis is in hegtenis geneem kort nadat Vicki se liggaam op 23 Oktober in ʼn vlak graf in ʼn oop veld in Greenbushes gevind is. Terblanche is meer as drie weke later by sy huis in Mill Park, Gqeberha, in hegtenis geneem.

Leach was ten tyde van die moord in ʼn verhouding met Vicki en het saam met haar gewoon.

Daar word beweer dat Vicki op 18 Oktober met ʼn skedule 6-medikasie bedwelm is voordat sy met ʼn kussing versmoor is. Sy is ook van verskeie items, waaronder bankkaarte, juweliersware en ʼn selfoon, beroof.

Daar is toe glo dwelms en ander verdowingsmiddels by haar huis in Newton Park “geplant” waar al die beweerde misdade plaasgevind het. Daar word beweer dat die dwelms doelbewus daar geplaas is om ʼn indruk te wek dat Vicki ʼn oordosis dwelms geneem het.

Die drie mans sal na verwagting weer op 28 Maart in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marius

Vir diesulkes is daar geen hoop nie. Hulle hoort in die tronk.

JohanR

Die ou is dom verby. Moet ‘n 25% wees, of ‘n ANC/EFF lid!

Shakespeare

Ag shame. Nog ‘n kader eienaar mentaliteit.

Toy

Sy word vermoor en hulle gaan aan met hulle lewe.

Maggies

Klink na skuim van die aarde waarsonder ons land beslis kan klaarkom. Hoop hulle vonnisse is groot en baie lank.