Video: 11-jarige SA’ner neem deel aan ‘Britain’s Got Talent’

Asanda Jezile

Suid-Afrikaners het boodskappe van ondersteuning aan ʼn 11-jarige meisie gestuur wat aan die finaal van die televisieprogram, Britain’s Got Talent, gaan deelneem, het die Dispatch Online Dinsdag berig.

Haar ouers, Luyanda en Prudence Jezile, van Oos-Londen in die Oos-Kaap, bly al die afgelope 10 jaar in die Verenigde Koninkryk. Die 11-jarige Asanda Jezile is een van 12 sangers wat die finaal van Simon Cowell se program gehaal het en Saterdag met R3.8 miljoen in prysgeld kan wegstap.

Die Dispatch Online sê plaaslike inwoners het boodskappe van ondersteuning op Facebook publiseer.

“Haai Luyanda, ek het Asanda op YouTube gesien. Ek is so trots op haar en wens haar alle sterkte toe. Dit is jammer dat ons nie in Suid-Afrika kan stem nie. Aan al die Suid-Afrikaners in Brittanje, ondersteun asseblief vir Asanda deur vir haar te stem,” het Sibongile Ngobese geskryf.

“En trots Suid-Afrikaans bly ek. Asanda, wys hulle waarvan ons gemaak is,” het Margie Hoole geskryf.

“Jy maak ons baie trots in Suid-Afrika. Jy is ʼn meisie van Afrika-grond!” het Buti Chuma geskryf.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.