Video: 12 Dae van Kersfees deur gesin van Kaapstad geskryf

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn eg Suid-Afrikaanse weergawe van die liedjie, 12 Days of Christmas, is deur ʼn gesin van Kaapstad geskryf.

Chris Horn, assistent-pastoor by die Holy Trinity Church in Tuine in Kaapstad, se vrou Nikki het die lirieke saamgestel. “My vrou is nou siek en sat daarvoor om oor sneeu en sneeumanne en winter en selfs Chestnuts Roasting on Open Fire te sing,” het Chris aan Maroela Media gesê. “Ons is Suid-Afrikaans en ons Kersfees moet Suid-Afrika verteenwoordig!”

Chris sê Nikki het sommer so paar tong-in-die-kies-liedere wat hulle in ʼn Suid-Afrikaanse konteks sing. “Hierdie lied is al ons tweede een en dit raak nou ʼn regte Horn-familietradisie!” het hy geskerts. Klik hier om die gesin se eerste liedjie te sien.

Maroela Media het Maandag berig die YouTube-skakel van die liedjie word wyd op sosiale media versprei en vind veral aanklank by Suid-Afrikaners in die buiteland. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Madelein ·

Dankie. Die liedjie het ‘n smile op my gesig gesit en het ek ook sommer saam gesing!

Leeutjie ·

Ek het dit nie geniet nie! Dit voel so asof ons altyd die oorspronklike musiek moet na-aap! Hou maar van BoneyM se weergawe. Skiet my hieroor maar dis hoe ek voel!

Christine Ludik ·

Die liedtjie is vol pret en tong-in-die-kies. Almal glimlag . Dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.