Video: 12 sekondes tydens Alberton-ongeluk

alberton-ongeluk-n12

‘n Foto van die toneel. Die video volg onderaan die berig. Foto: Ridz @ridz801/Twitter

ʼn Twaalf sekonde lange video van Dinsdag se noodlottige kettingbotsing op die N12 in Alberton, Johannesburg, word wyd op sosiale media versprei.

Die video is deur die aanboordkamera van ʼn petroltenker geneem, wat deel was van die nagenoeg 50 voertuie wat in die botsing betrokke was nadat ʼn swaarvoertuig in spitsverkeer in hulle ingeploeg het. Vier mense is dood en 16 mense is beseer.

Daar is kort ná die voorval berig dat die bestuurder van die petroltenker glo die ongeluk veroorsaak het, maar nadat meer inligting bekom is, is die bestuurder van ʼn swaarvoertuig van Benuci Cargo Carriers, Woensdag in Potchefstroom in hegtenis geneem.

Die vragmotorbestuurder, Isaac Wade Maruding (44), het Donderdag in die Palm Ridge-landdroshof verskyn op vier aanklagte van strafbare manslag en ʼn aanklag van roekelose of nalatige bestuur.

Maruding is glo al voorheen aan strafbare manslag sowel as roekelose of nalatige bestuur skuldig bevind. Hy word deur die polisie aangehou totdat hy weer op 22 Oktober in die hof moet verskyn om vir borgtog aansoek te doen. Lees alles oor die Alberton-ongeluk hier.

[wpvideo pfZuMxDV]

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

christa ·

Nie net die drywer moet aan gekla word nie maar die eienaar van die trok ook my man besit n trok en daar word 3 keer per week gekyk en als word na gegaan ja dit vat baie tyd ma liewer dit as wat jy dooie mense op die pad het hoev mense sit met dood op hul hande en motors af geskruif omdat hy nalatig is en was en die eienaar van die trok ook ek hoop hy slaap lekke in die aand

Chrisjolus ·

As die vragmotorbestuurder al voorheen aagekla is vir nalatige & roekelose bestuur , hoe is dit moontlik dat hy nog steeds met n ekstra swaar voertuig lisensie in sy sak vragmotors bestuur .?
Die eienaar van die vragmotor as sulks , moet ook aanspreeklik gehou word vir die ongeluk .

Nico Strydom ·

Dagsê Cari. Die video is op die webtuiste self gelaai so indien jy dit nie kan sien is dit moontlik weens die internetspoed of die webtuiste wat vir ‘n wyle tegniese probleme ervaar het. Probeer gerus weer. Vriendelike groete

Bernard Jacobs ·

Nou my maggies, as hy reeds voorheen skuldig bevind is aan strafbare manslag sowel as roekelose of nalatige bestuur, wat soek hy wéér agter die stuur van ‘n potensiële moordwapen.
Hoop hy word nooit weer op enige openbare pad toegelaat nie.

Bobby Huysen ·

Die eienaar van die voertuig kan nie verantwoordelik gehou word nie. Dit is nie hy wat lesensies uitreik aan die drywers nie. Dan moet die staat mos verantwoording doen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.