Video: 15 in arres ná chaos buite FNB-stadion

Beeldmateriaal van kringtelevisiekameras by die motorhawe het intussen opgeduik waarop gesien kan word hoe mense beroof en aangerand word.

Die polisie het 15 mense in hegtenis geneem in verband met verskeie misdade wat in en om die FNB-stadion in Soweto gepleeg is vóór, tydens en ná die naweek se sterbelaaide Global Citizen-fees in Gauteng, sê die minister van polisie, Bheki Cele.

Die minister het die media tydens ʼn perskonferensie toegespreek nadat mense woedend in die sosiale media gereageer het op die tientalle konsertgangers wat aangeval en beroof is by ʼn vulstasie terwyl hulle op saamrygeleenthede gewag het.

Cele het gesê tot dusver is 50 klagte by die polisie aanhangig gemaak. Van diegene wat in hegtenis geneem is, word ses aangekla van aanranding en diefstal in verband met die voorvalle by die Sasol-motorhawe.

Hoewel ʼn omvattende polisiëringsplan in werking gestel is, het Cele gesê, was daar “onvoorsiene omstandighede”, onder meer “die ineenstorting van die verkeersbestuur” en die feit dat druk verkeer op mobiele netwerke en ʼn gebrek aan selfoonsein mense na die vulstasie toe gedwing het om duim te gooi.

Hy het later erken die polisie kon meer gedoen het om die mense teen kriminele elemente buite die stadion te beskerm. “[Polisiebeskerming] was ontoereikend en ons kon beter gereageer het,” het hy gesê.

Die minister het egter bewerings in die sosiale media ontken dat daar geen teken van die polisie was nie. Hy beweer polisie van die Booysens-polisiestasie het die omgewing om die stadion gepatrolleer.

Cele sê die polisie is op die spoor van verdagtes wat van die rooftogte verdink word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jack Daniel ·

Dan hardloop n beg CR vir Global hulp n investers.
A land of ou wat in die land invest is van sy kop af.
Hulle invest vir die benefit v d government en die bende, rowers Ens.

Willehond ·

Ag minister of wat ook al jou titel is, julle het n groot probleem en julle het nie n idee hoe om dit op te los nie! Wat van nog n tien punt plannetjie!

Showahed ·

15 “mense” in hegtenis geneem…. dis definitief nie “mense’ nie…. mense in die ware sin van die word doen nie sulke dinge nie

Johan ·

Lekker Cowboy Cele,het onder Kom. DE Witt en van Der Merwe gewerk.Saam het hulle by die 90 Jaar diens gehad.Die volgende Kommesarisse Na Fivaz was 1 poliesman,nou die dag gefire Vir bedrog en weet nie wat nie.Die res se Cvs was om van te huil!!Almal siviele persone met….wait for it….0 jaar diens in die polisie!Weereens een van daai slegs in SA oomblikke!

John ·

Die too good to be true nasie met ‘n te-te fees op ‘n Sondag om ‘n gewone ou sondaar eerder te prys. Dit word ‘n gevaarlike siek speletjie om geld uit mense te kry… en shine te vang sonder polish… Binnkort vol voorvader-aanbidding… gruwelik…

WIEBO ·

Ja, ons mense wat na n stadion in Soweto toe gaan soek vir moeilikheid en hulle moenie kla as iets daar gebeur met hulle nie. BLY WEG!!! Dis maklik!!!

JG ·

Dit is wat jy kry as die polisie “monitor”…hou op “monitor” en doen julle werk waarvoor ons julle betaal…useless verby.

Gemaskerde Sopbeen ·

Wat van “voorkom” in plaas van agterna video’s te kyk en te probeer “arresteer”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.